Multimedia-poësieprojekArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Kos en Wyn /
Food and Wine
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

LitNet loods Vonkverse, 'n unieke multimedia-poësieprojek!

Chris Brunette

Vonkverse gereed om te vertoon

  • nuut (02/08/06) Klik hier om Peter Snyders se "Tighten you belt" in multimedia te sien.
  • (26/07/06) Klik hier om Antjie Krog se "Tafelberg-rondeau in vier dele" in multimedia te sien.
  • (12/07/06) Klik hier om Ingrid de Kok se "Reparation" in multimedia te sien.
  • (12/07/06) Klik hier om Jasper van Zyl se "op die boggelrûe van hul mak kamele" in multimedia te sien.
  • (21/05/06) Die Vonkverse-DVD is gereed! Klik hier om Rustum Kozain se "Kingdom of Rain" in multimedia te sien.
  • (30/03/06) Die Vonkverse-DVD is gereed! Klik hier om Gerrit Brand van Die Burger se resensie te lees.

    *

    Só het die projek in November 2005 begin ...

    LitNet werk tans saam met die bekende dramaturg en skrywer Charles J Fourie aan 'n opwindende en unieke multimedia-poësieprojek getiteld Vonkverse. Die projek word in April 2006 by die Absa KKNK bekendgestel met die werk van ses Kaapse digters, waarna dit op nasionale vlak voortgesit word en digters van regoor die land betrek word. Die loodsprojek is reeds onderweg en die Kaapse digters wat deelneem, is Antjie Krog, Jasper van Zyl, Rustum Kozain, Peter Snyders, Ingrid de Kok en Chris Brunette. Lees meer oor die digters, asook hul gedigte wat vir Vonkverse voorgelê is, hier.

    Vonkverse wil ons plaaslike digkuns vir almal toeganklik maak. Dit behels 'n oudio-visuele vertoning op 'n groot skerm van die poësie van verskeie digters wat hul werk voorlees, gekombineer met klank, musiek en grafiese animasie.

    Die loodsprojek word as deel van die visuele kunste, onder kuratorskap van Theo Kleynhans, by die Absa KKNK vertoon as 'n aaneenlopende, oudio-visuele aanbieding.

    Die digters

    Geblikte digters of ingelegde verse - die klem van hierdie nuwe projek is op ons digters en hul woordkuns. Digitaal verpak, in woord, stem, beeld en klank. Ons hoop dat Vonkverse 'n volgehoue projek sal word en dat deelnemende digters so wyd en verteenwoordigend moontlik sal wees: gepubliseerd en ongepubliseerd, jonk en oud, gevestig en ongevestig, 'n versameling van sterk stemme van verskillende rasse en tale. Mans en vroue van die platteland, dorpe en stede.

    Die digters wat aan die loodsprojek deelneem en in April vanjaar by die Absa KKNK te sien sal wees, is Antjie Krog, Jasper van Zyl, Rustum Kozain, Peter Snyders, Ingrid de Kok en Chris Brunette. Lees hul gedigte, wat tans opgeneem en grafies verwerk word, hier.

    Die regisseurs

    Ná die bekendstelling by die Absa KKNK word digters op nasionale vlak uitgenooi om deel te neem. Hulle sal toegewys word aan regisseurs, wat met hulle sal meewerk aan 'n multimedia-aanbieding van hul verse. Finale redigering is in die hande van Charles J Fourie, wat die reeks sal voorberei vir aanbieding op LitNet en die finale verpakking van 'n Vonkverse-DVD sal behartig. Ons hoop dat die uitreiking van Vonkverse op DVD 'n jaarlikse instelling sal word.

    Ons hoop almal geniet hierdie nuwe projek saam met ons!

    Vonkverse se vervaardiging vir die Absa KKNK is moontlik gemaak deur die geesdriftige samewerking van:

    Genugtig Uitgewers







    LitNet is deel van die Media24-groep


    Om die video te kan sien sal jy Flash, 'n sagtewarepakket wat gratis op die Web verkrygbaar is, benodig. Ons program sal dit egter outomaties vir jou aflaai as jy dit nie het nie. Gee dus toestemming vir jou rekenaar om die sagteware af te laai indien jy daarna gevra word. Dis veilig en vinnig - enkele minute op standaard-PC's.

    Indien die video nie wil speel nie, of rukkerig vertoon, het jy waarskynlik 'n ou rekenaar of 'n stadige internetkonneksie. Die video is egter wyd getoets en werk soomloos op standaard-toerusting.

    LitNet: 29 November 2005

    terug    /     boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.