Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Langs die pad (Deel II)

Deserthorse

Klik hier en lees Deel I

Die kuier

"O!, hier lê jy!" het Karlien glimlaggend uitgeroep en onder die lapa ingekom. "Ek soek jou die hele huis rond!"

"Hier is dit die koelste."

Sy het afgebuk om my te soen en ek het my hand onder haar ligte somersrok ingedruk en oor haar binneboude gevryf. Sy het my een nippeltjie gelek en dit gesoen.

"O Poeksie, dis so lekker," het sy gemompel en my weer gesoen.

Sy het op die lounger gaan sit terwyl ek in die hangmat omgedraai het om haar beter te kan sien.

"En, hoe was die shopping?"

"Ag, heel lekker, ek …"

"Wag!, ek kry gou vir ons iets om te drink," het ek aangebied en myself uit die hangmat uitgedop; "bly net hier."

Ek het met twee yskoue Cokes teruggekom.

"Dankie."

Ek het myself weer in die hangmat ingevou. Karlien se blikkie het oopgeknars en sy het dit in stilte amper leeggemaak.

"Dit was nou lekker, ek was blerrie dors!"

Die koelte van die menige bome en die grasdak van die lapa was verkwikkend. Henk het die agterplaas se tuin in 'n oase omskep. Rankende ivy op die grensmure het vir absolute privaatheid gesorg. Karlien het haar rok se knope halfpad losgemaak en oor haar borste gevryf.

"Sjoe dis warm," het sy gesê en weer 'n slukkie Coke geneem.

"Jy waag baie! As Amanda of Ruaan nou hier aankom?"

"Hou jy van wat jy sien?" het sy romanties vir my gevra en haar lippe vir my getuit.

Ek kon voel hoe my voël in my kortbroek roer.

"Jy weet ek is mal oor jou," het ek vir haar geglimlag.

"Hulle werk en ek sal hulle in elk geval eerste hoor," het sy nonchalant geglimlag en haar rok verder uitgetrek en oor die toue van die hangmat gegooi.

Haar pragtige liggaam het so volmaak by die natuur gepas en het my weer eens betower. Sy het haar bene oor die rand van die lounger laat hang en agteroor gelê. Deur die dun materiaal van haar panty kon ek die sagte lyne van haar labia sien en die roering in my broek het effens hoër gerys.

Ons was al 'n week op Bridgeville en Amanda-hulle se gasvryheid het geen perke geken nie. Ons is alles in die distrik gewys. Van die huisies waar die eerste setlaars gewoon het, tot by die dorp se moderne teater. Omtrent elke aand het iemand anders saam met hulle kom braai en dan was daar gekuier tot laat in die aand, of moet ek sê tot vroeg in die oggend. Ek het stadig oor my ereksie gevryf.

"Wat dink jy van Faiza?" het sy half versigtig gevra.

Faiza was die dogter van Amanda-hulle se beste vriende wat ons met die eerste braai hier ontmoet het. Sy en Karlien het dadelik gekliek en hulle twee het vanoggend saam gaan shopping doen. Sy was 'n tweedejaar mediese student by Ikeys.

"Bedoelende?" het ek gevra en my leë blikkie plat gedruk.

"Hmmm, dink jy sy is sexy?"

Faiza was klein en fyn met pragtige raafswart hare. Haar pragtige groot oë en vriendelike glimlag het my dadelik opgeval die aand toe hulle hier kom braai het. Haar pragtige borste was volmaak gevorm en ek moes myself dié aand dwing om nie te staar nie.

"Ja, ek dink sy's sexy."

"Ek ook," het Karlien ewe geheimsinnig bygevoeg.

Alhoewel Faiza en haar ouers Moslems was, het sy baie modern aangetrek. Haar denimlangbroek wat sy die aand gedra het, het perfek gepas en haar wit bloes was aan haar liggaam gegiet.

"Weet jy wat ek weet?" het Karlien uitdagend met 'n verleidelike glimlag op haar gesig die stilte verbreek.

"En hoe sal ek nou weet?" het ek geskerts en haar in die oë gekyk. Haar gesigsuitdrukking het haar opgewondenheid verraai. Die glimlag het om haar mond bly hang.

"Toe! Vertel maar," het ek haar aangepor.

"Hmmm, ek dink nog eers of ek vir jou wil sê," het sy kamma uitdagend gesê en haar tong vir my uitgesteek.

Ek het my arms onder my kop gevou en my oë toegemaak.

"Faiza is ook bi."

Dit was nuus wat dadelik my aandag gevang het.

"Genuine, en hoe weet jy?" wou ek nuuskierig weet.

Sy het dadelik my aandag gehad. Nadat ek en Karlien ernstig begin date het, het sy een aand vir my vertel dat sy ook bi-neigings het, maar dat dit meer sluimerend was. Sy het ook by geleentheid al gesê dat sy fantaseer om nog 'n vrou as deel van ons liefdespel te betrek.

"In die aantrekhokkie by die boetiek het ek gesien sy staar na my nippels …"

"En toe?" wou ek opgewonde weet.

"Toe ons later gaan koffie drink het, het ons gesels en so in die gesprek het sy gepraat van haar vriendin en so aan. Ek het een en een bymekaar getel en haar direk gevra."

"Was sy nie kwaad nie?"

"Nee, glad nie! Daarna het ons éérs lekker gesels!"

"Later in die ander boetiek het sy weer iets aangepas en ek het na haar borste gekyk."

"En, hoe lyk dit?" het my nuuskierigheid die oorhand gekry.

"Haar borste is pragtig. Dis baie sexy vir my."

"Ek het so gesien, ja," het ek geantwoord en my ereksie was al klaar op volle sterkte.

"Poeksie!" het sy saggies gesê en opgestaan.

Sy het langs my kom staan. Ek kon haar nabyheid ruik en dit het my hart vinniger laat klop.

"Hmmm."

"As sy wil, kan ons 'n threesome hê?" het sy saggies gesê-vra en haar hand oor my ereksie gevryf. "O, dit voel lekker," het sy saggies gesê voordat ek kon antwoord en haar hand in my broek ingedruk.

Ek het my hand by haar panty ingedruk en oor haar kaal boude gevryf terwyl haar tong diep in my mond was.

"Toe, wat sê jy?" het sy by my gesig geglimlag.

"Dis ok met my. Het jy vir haar al iets gesê?"

"Nee, nog nie, maar sy het gesê dat dit ook een van haar fantasieë is."

Ek het haar panty van haar naakte lyf afgestroop en sy het so gedraai dat ek my vingers diep in haar sagte warmte kon bêre.

"O, Poeksie …"

So tussendeur het ek besef dat die hangmat se toue nie ons altwee gaan hou nie. Ek het opgestaan en my kortbroek uitgetrek terwyl sy haar panty uitgeskop het. Ek het op die lounger gaan lê en sy het wydsbeen op my ereksie kom sit.

"En sê nou sy wil nie?"

"Ek sal haar eers vra, maar is jy game as sy is?"

Ek was op volle sterkte en het my kop bevestigend geknik. Karlien het haar onderlyf teen my geskuur.

"Dankie, o dankie, Poeksie," het sy gesê en my aanhoudend op die mond gesoen.

My ereksie het haar vroulike sagtheid gevul en sy het stadig op en af beweeg terwyl ek oor haar bene gevryf het.

"O! Poeksie!"

*

"Hier kom sy nou!" het Karlien opgewonde aangekondig en opgestaan.

Gistermiddag in die na-gloed van haar ekstase het sy alles in detail beplan. Nadat Faiza ingestem het, het sy haar opgewondenheid baie moeilik verberg, veral voor Amanda-hulle. Sy het my in die verbygaan gesoen, en toe die voordeurklokkie lui, was sy daar.

"Haai Faiza," het ek vriendelik gegroet en opgestaan.

"Haai Karlien."

Faiza was in 'n lang somersrok geklee, met klein knopies van bo tot onder. Haar pragtige swart hare was netjies in 'n ponytail vasgebind.

"Haai Arno," het sy geglimlag en haar sak sommer op die bank langs my neergesit.

"Haai Faiza."

"Ek was bang dat jy nie meer sal kom nie," het Karlien aanmekaar gebabbel.

"Ek moes eers gou vir my ma winkel toe neem."

"Toemaar, ons het nog genoeg tyd!" het ek ewe laggend gesê en die horlosie se kort wyser met die oog gevang. Kwart voor nege is nou nie juis laat nie.

"Het jy weer gesluit?"

Karlien het bevestigend geknik en vir Faiza nader getrek. Faiza het saggies vir haar geglimlag. Sonder enige seremonie het hulle arms om mekaar se nekke gegly en het hulle lippe sag en warm ontmoet. Terwyl Karlien haar gesoen het, het sy oor Faiza se rug gevryf. Ek kon sien dat sy nie 'n bra aangehad het nie en kon nie wag om haar sonder klere te sien nie. My ereksie het vinniger as normaal begin styg! Ek het my t-shirt uitgetrek en van agter af my hande om Faiza se middel gevou en die knopies van haar rok een vir een losgemaak. Ek het oor haar harde nippels gevryf en die gevoel in my broek was soos 'n elektriese skok. So tussen die soenery deur het sy haar arms uit haar rok gewikkel en het dit op haar voete beland. Ek het toe agter Karlien gaan staan en haar bloes ook losgeknoop en uitgetrek. Faiza het 'n gilletjie van plesier gegee toe hulle naakte lywe teen mekaar skuur.

Faiza se borste was baie groter en beide die nippels was kliphard en stokstyf. Ek het Karlien se kortbroek en panty uitgetrek en daarna het ek vir Faiza ook van die laaste materiaalbeperking verlos. Ek het my hand oor haar sagtheid geskuur en gevoel dat sy ook skoon geskeer was. Met die twee naakte soenende meisies hier voor my het ek my kakiebroek uitgetrek en my warm ereksie tussen hulle probeer indruk. Karlien het geril van die lekkerte. Hulle het hulle koppe effens gedraai en ons al drie se lippe en tonge het teen mekaar geskuur. Faiza se soet lip gloss het my mond binnegesypel en my ereksie het onwillekeurig op en af beweeg. Ek het al twee my hande gebruik om hulle gelyktydig te plesier en so het ons kreunend teen mekaar gestaan.

"Kom ons gaan TV-kamer toe," het Karlien genooi; "dit raak te lekker en my bene raak lam."

Hulle het voor my die gang afgestap en hulle kaal boude was so eroties om te sien. Ek het al twee liggies met die plathand gepiets.

"Ek bring vir ons iets om te drink," het ek voorgestel terwyl my reuse-ereksie voor my die pad gewys het.

Met drie glase lemoensap in my hand het ek hulle in die TV-kamer opgespoor. Faiza en Karlien het op die mat gelê met Karlien wat wydsbeen op haar knieë bo-oor Faiza buk. Sy was besig om aan Faiza se harde nippels te suig. Ek het die lemoensap op die tafeltjie neergesit en my ereksie stadig in Karlien ingedruk. Sy was sopnat en vuurwarm. Haar erotiese kreune het my aangespoor en stadig het ek in en uit beweeg.

Hygend het sy haar kop opgelig.

"Kom ons ruil om," het sy vir Faiza gesê.

Faiza het haar posisie ingeneem en vir die eerste keer in my lewe het ek my ereksie in 'n Moslem-meisie ingedruk. Die gevoel was asemrowend lekker! Sy het so anders as Karlien gevoel! Ek het aan haar heupe vasgehou en sy het met elke beweging effens teruggedruk sodat sy my halfpad ontmoet het. Die tyd wat dit geduur het, het soos 'n ewigheid gevoel en ek wou nie hê dit moes eindig nie. Karlien het weer geroer en ek het stadig uitgetrek.

"Lê jy nou weer, Poeksie."

Ek het op my rug gaan lê en Karlien het op my ereksie afgesak. Faiza het omgedraai en op my gesig kom sit. Haar aroma was baie anders as dié van Karlien en met haar nattigheid teen my wange het my tong in haar sagte warmte verdwyn. Sy het haar bobene om my kop geklem en saggies gekreun. Karlien het stadig op en af beweeg terwyl hulle mekaar gesoen het. Dit was ongelooflik lekker en gou-gou het Faiza se onderlyf saamgetrek en sy het vinnig heen en weer beweeg. Die klimaks het haar lyf getref en ek kon dit op my tong proe.

Later het hulle weer omgeruil en Karlien se bekende smaak en aroma het my weer eens betower totdat hulle uitgeput langs mekaar gelê het. Met hulle natgeswete lywe op die mat langs mekaar het hulle net soos die swart en wit klawers van 'n klavier gelyk. Ek het my warmte op hulle deinende borste leeggemaak en langs Faiza gaan lê. Hulle tonge het oral op my lyf gebrand.

*

Faiza het eerste geroer en met my ereksie begin speel. Ek het haar gesoen en wydsbeen op die mat vasgedruk. Stadig het ek haar gevul totdat sy haar oë toegemaak en haar onderlip vasgebyt het. Karlien het nader gekruip en terwyl sy oor Faiza se gesig haar posisie ingeneem het, het haar warm tong in my mond gespeel. Met Faiza se tong as maatstaf het sy haar kreune in my mond oorgedra totdat sy saam met my in een spasma saamgetrek het. Ons asems het gejaag en ons lywe was natgesweet.

Karlien het haar mond gebruik om my weer op sterkte te kry en ek het stadig maar diep in haar ingegly. Faiza het die sittende posisie ingeneem en ek het my tong diep in haar mond gebêre. Sy kon soen! Dit was asof sy ekstra suigkrag gehad het. Karlien se klimaks het ons heen en weer geruk en alhoewel my derde keer nie so sterk was nie, het sy dit tog gevoel. Ons het langs mekaar op die mat bly lê totdat ons weer ons asems terug gekry het.

"Waar's daai lemoensap?" het Karlien later gekreun en haarself opgelig.

Ons almal het daarvan vergeet. Ek het Faiza se glas aangegee en in stilte het ons die koel drankies wat al amper warm geword het, geniet. Terwyl hulle twee op die mat gelê het, het ek 'n paar foto's geneem. Karlien het ook van ons twee foto's geneem.

Sy en Faiza het gaan stort en nadat Faiza gery het, het sy by my op die bank kom sit en wou sy weet of ek dit geniet het.

"Natuurlik het ek dit geniet! Wie sal dan nou nie!"

"Jy is nie kwaad vir my nie?"

"Nooit! Hoekom sal ek wees?"

Sy het haar hand om my opkomende ereksie gevou en my diep en innig gesoen.

"Baie dankie, dit was baie lekker," het sy gesê en my lippe met haar warm tong gelek.


  • Klik hier vir deel III: "Die pad terug …"




    LitNet: 06 April 2005

    Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
    Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.