Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Langs die pad

Deserthorse

"Daar voor is bome. Ons kan sommer daar eet ook," het Karlien opgewonde met haar vinger gewys, "dis al amper middag."

"Ok."

Ek het die hefboom van die Beetle se flikkers opgedruk en my voet van die versneller afgehaal.

"Dis darem 'n stil pad dié," het sy opgemerk.

"Ja, ons het nou al omtrent twintig minute gery sonder om een voertuig op die pad te sien," het ek geantwoord terwyl ek vir "Sugarmoon" netjies onder die bome intrek.

Ek het uitgeklim en 'n verwaarloosde sementtafel en stoele het ons stil-stil begroet. Die koelte van die bome het in dié barre landskap darem 'n welkome lafenis gebied.

"Hmmm, hier is darem 'n tafel ook," het sy opgemerk en ook uitgeklim.

"Sjoe, dit was nou 'n lang sit," het sy gesê terwyl sy haar kortbroek regtrek. "Ons is al ses ure op die pad!"

"Waarvan jy natuurlik die eerste twee geslaap het."

"Hmmm, ja, maar ek moes regop sit! Dit het mos nie sitplekke wat kan platslaan nie."

"Dit" was 'n '76 Beetle wat ek by my pa gekry het. Nadat ons haar 'n tweede lewe gegee het, was sy onlosmaaklik deel van my lewe. Pa het haar Sugarmoon gedoop.

"Nee, dit sal ek jou eendag vertel," was pa se woorde aan my toe ek hom na die naam uitgevra het.

"En! … ek is vaak, want ek is nie gewoond om vyfuur op te staan nie!" het sy pittig geantwoord en glimlaggend haar tong vir my uitgesteek.

Sedert ons ontmoeting die begin van die jaar was Sugarmoon ons enigste vervoer tussen die kampus en die huis.

"Jiggie! Dis 'n bietjie vuil," het sy neusoptrekkerig vervolg toe sy op een van die sementstoeltjies wou gaan sit. Menige voëls wat op die afval van die mens geteer het, het hulle merke daar gelaat.

"Wag, ek kry vir ons 'n kombers."

Agter in Sugarmoon se "dogbox" was altyd 'n donkerkleurige dubbelbedkombers. Pa het my altyd vertel dat 'n mens beskerming vir jou klere moes hê as jy skielik iets onder die kar moes regmaak. Ek het die kombers onder in die koelte op die harde gruisgrond oopgesprei.

"Is jy ook lus vir 'n Coke?" wou ek weet terwyl ek my hemp se knope een vir een losmaak en dit uittrek.

"Ja dankie, maar kom ons deel liewer 'n blikkie."

"Ok."

Karlien het op die kombers gaan sit terwyl ek die cooler bag uithaal. "Ek hoop my ma het alles ingepak," het sy van haar laat hoor. "Vanoggend vyfuur was ek ook nog deur die slaap."

Ek het die blikkie oopgeknars en vir haar gegee om eerste te drink.

"Dankie."

Met my rug teen die boom het ek myself op die kombers gerieflik gemaak.

"Hier het nog nie eers 'n kar of 'n lorrie verbygekom nie," het ek opgemerk en 'n lastige muggie weggevee.

"Dis maar 'n stil pad, so lyk dit vir my."

"Hmmm ja."

Sy het die blikkie vir my aangegee. Die koel Coke het helend in my warm keel afgegly. Terwyl ek so gesit het, het sy opgestaan en die kamera uitgehaal en 'n foto van my geneem.

"Ons eerste stop."

Ek het vir haar gesig getrek en sy het geneem.

"Moet jy altyd 'n mooi foto spoil?" het sy glimlaggend gespot.

"Dankie dat jy dink ek is mooi," het ek spottend gevlei.

"En cute, en sexy en manlik," het sy bygevoeg. Die aand toe ons op die kampus ontmoet het, het sy ook vir my gesê dat ek cute is. Die sweet het stadig in my nek gevorm en op my bors afgeloop.

Ek het opgestaan en die blikkie in die hangende vullisdrom laat val.

"Dit was nou heerlik."

Met die kamera in my hand het ek 'n ent van Sugarmoon af gaan staan om 'n foto van haar te neem waar sy gesit het.

"Hoe moet ek vir jou pose?" wou se ewe uitdagend weet.

"Wys vir my jou been," het ek haar geterg.

Karlien het haar kortbroek hoog opgetrek en haar bobeen vir my reguit gemaak. "Dankie!"

Terwyl ek so deur die lens na haar gekyk het, het ek weer eens besef hoe sexy sy regtig is. Met haar skouerlengte swart hare en pragtige blou oë was sy elke man se droommeisie.

"Dis so rustig hier," het ek gesê en die kamera op die kombers neergesit.

"Ek kry net so warm," het Karlien met waaiende arms aangekondig.

Sy het wydsbeen op die kombers gesit met haar rug teen Sugarmoon se runner-board.

"Trek jou bloes uit! Ons sal mos 'n kar van ver af kan hoor! En ons is mos in elke geval agter die kar op die grond. Hier gaan niemand jou sien nie, behalwe die muggies!"

Stadig het sy haar bloes se eerste knope een vir een losgemaak. Ek het haar so deur skrefiesoë dopgehou.

"Geniet jy die show?" wou sy glimlaggend weet terwyl haar bloes oor haar skouers laat gly.

"Hmmm ja, en ek verwonder my weer eens aan jou perfekte liggaam," het ek haar gevlei en my lippe vir haar getuit terwyl ek die bekende roering in my broek gevoel het.

Sy het haar bra losgeknip en haar skouers effens vorentoe gedraai om dit makliker te laat afgly.

"O, dit voel beter," het sy gesug en met haar hand oor haar geswete borste gevee.

Haar pragtig-gevormde borste het hulle verskyning gemaak en ek kon sien hoe haar nippels verstyf terwyl die roering in my broek 'n werklikheid word. Haar borste was amper regop peervormig en elkeen het in 'n verhewe areola met 'n groot nippel geëindig. Dít was haar tweede mees sensitiewe deel van haar liggaam. In die afgelope jaar saam met Karlien het haar liggaam my telkens betower as ons in die privaatheid van my eenmanswoonstel op Stellenbosch een in vlees geword het.

"Jy maak my heeltemal week," het ek vervolg en weer teen die boom se stam teruggesak.

"En jý, jy … maak mý vergeet van my inhibisies," het sy verleidelik geantwoord terwyl sy my diep in die oë gekyk het.

Ek het oor die knop in my broek gevryf.

"Kom lê hier langs my," het ek haar genooi.

Terwyl sy haar kop heen en weer skud, het sy geheimsinnig vir my deur lang wimpers geglimlag en stadig haar nippel tussen haar duim en voorvinger begin rol.

Die stilte van die hittige somersmiddag het om ons gevou en skielik was dit asof ons alleen op die wêreld was. Met een hand op haar harde nippel het sy die ander hand voor by haar kortbroek ingesteek. Ek kon haar kneukels deur die materiaal sien beweeg en stadig het my hand by my broek se rek ingegly. 'n Sagte gilletjie het uit haar mond ontsnap. Sy het haar hand uitgehaal en haar vingers afgelek. My hand het stadig teen my stywe skag op en af beweeg. Haar oë het die bewegings in my broek gevolg. Sy het oor haar droë lippe gelek.

"Kom, ek help jou," het sy saggies voorgestel en nader gekruip.

Soos sy na my toe beweeg het, het haar kortbroek om haar knieë beland. Haar ligblou pantie het skeef aan haar lyf gesit terwyl sy my broek stadig afgetrek het.

"Hmmm, dit lyk lekker."

Behalwe vir die sonbesies was dit doodstil. Behendig het sy my laaste materiaalbedekkings van my liggaam afgestroop. Haar warm hande het om my skag gevou. Karlien se hande het nog altyd 'n magiese invloed op my liggaam gehad en sy kon altyd daarin slaag om my tot groot hoogtes aan te vuur.

"O! Karlien …"

Sy het vooroor gebuk en my op die mond gesoen. Haar lippe was warm en honger en haar tong was soos 'n gloeiende kool. My hande het om haar sagte borste gevou en ek het saggies haar nippel tussen my duim en voorvinger gerol. Met haar warm tong het sy stadig 'n pad gelek tot by my maag en ek het haar warm lippe op my ereksie gevoel. Instinktief het ek my onderlyf opgelig.

"O, Karlien! Jy …"

'n Skielike gedreun het opgeklink en ons het al twee verdwaas opgespring. Terwyl Karlien haar kortbroek haastig optrek en haar bloes nader sleep, het ek my broek opgetel en dit sommer net so aangetrek. Die dreuning het al hoe harder geword en 'n skaaplorrie het haastig verbygedreun. Die bestuurder het nie eens links of regs gekyk nie. Ek het vir Karlien gekyk en begin lag.

"Hy het ons nie eers gesien nie!"

"Dammit!" was al kommentaar wat sy gegee het.

Ek het langs haar gestaan en haar bloes weer van haar skouers af gestroop. Met my halwe ereksie het my lippe op haar kaal skouers gebrand terwyl ek haar kortbroek weer losgemaak het. Ek kon haar hande op my heupe voel soos sy my broek afgedruk het. Binne enkele oomblikke was ons altwee sonder klere en het ons op die kombers gaan lê. Karlien het omgedraai en wydsbeen oor my gesig kom sit. Haar aroma was verlammend en my tong het haar skoongeskeerde lippe gelek en verder af in haar sagte warmte verdwyn. Haar lippe het oor my ereksie gestreel terwyl sy haar onderlyf teen my gesig gegrind het. My tong het in haar sagte nat voue rondgevryf totdat sy so vinnig beweeg het dat dit onmoontlik was om verder te gaan.

"O, jirre Poekels, ek gaan kom!" het sy dit amper uitgegil en haar pas versnel.

Sy het my kop met haar bene vasgeklem terwyl die erotiese prikkel deur haar lyf gewoed het. Nadat die prikkels haar liggaam verlaat het, het sy uitgeput afgerol en wydsbeen op haar rug langs my kom lê. Sy het haar oopgesperde nattigheid gestreel.

"O Poekels, dis net jy wat dit so lekker kan doen."

Ek het tussen haar bene ingeskuif en het geen moeite ondervind om tot diep binne in haar tot haar hele wese van vrouwees te ruste te kom nie. Ek het die stywe wande van haar sagtheid gevoel en sy het haar bene oor my rug gevou.

"Met jou binne-in my voel ek so volmaak."

Stadig het ek my rug krom gemaak en sy het saam met my ritme in pas gekom. Haar tong het my gesig gestreel terwyl sy my styf vasgehou het. "Ek gaan kom," het sy by my oor geprewel.

Sy het haar pas onder my versnel en dit het gevoel asof duisende vure oral op my lyf aangesteek word.

"Nog! Nog!" het sy met 'n hortende asem geprewel.

Sy het die laaste van alles uit my gewurg en met 'n asem wat oor haar lippe fluit het sy haar bene oor my rug verslap. Ek het haar lank en innig gesoen.

"Ek is mal oor jou," het ek in haar oor gefluister en haar in my arms geneem.

"En ek oor jou."

Met haar kop op my bors het sy die nagloed van haar klimaks geniet.

"Wanneer gaan ons weer ry?" het ek later gevra. "Jou suster sal seker bekommerd raak as ons nie opdaag nie."

Sy het my liggies in die nek gesoen.

"Wie't nou lus vir verder ry?"

Haar hand het na my sagte manlikheid toe gegaan

"Arno …"

"Hmmm …?"

"Maak die warmte jou ook lus?"

"Ja."

Haar hand was weer die instrument wat dit lewe gegee het. Sy het wydsbeen oor my gaan sit en stadig het my ereksie haar diep warmte binnegedring.

"O! dis so heerlik," het sy geprewel.

Ek het by haar ritmiese bewegings ingeval. Haar stywe borsies het ewe gedwee by die pas ingeval.

"Poeksie …!" het sy amper gillend uitgeroep.

Haar klimaks was kort voor myne en sy het my onderlyf met haar knieë vasgeklem. Haar asem het gejaag en hortend het sy op my bors kom lê. Met ons natgeswete lywe het ons gelê om ons asem terug te kry. "Jy is wonderlik," het sy gesê en my gesoen.

Ek het met toe oë gelê en haar nippels gevryf.

"Jy moenie nou slaap nie!"

"Wie kan nou slaap met so 'n view!" het ek haar gevlei.

Sy het by haarself geglimlag en terwyl ek myself op my elmboë gestut het, het ek die kamera nader getrek.

"Jy maak darem maar 'n mooi foto."

Terwyl sy nog so sit met my ereksie diep in haar gebêre, het ek 'n foto geneem.

"Nog 'n foto vir jou versameling."

"Unieke versameling!" het ek haar reggehelp.

Later het sy die cooler bag nader gesleep en gou-gou het ons heerlik aan haar ma se padkos gesmul. Dit het my laat terugdink aan een wintersaand op Stellenbosch wat ons ook kaal op die mat gesit en pizzas eet het. Ma se ou asbes-verwarmer moes ons maar teen die koue beserm.

Nadat ons klaar geëet het, het ek plat op my rug gaan lê met my kop teen die boom se stam.

"Wie's nou lus om verder te ry?" het ek lui-lui aangekondig.

"Beslis nie ek nie," het sy saamgestem en haarself gemaklik op die kombers gemaak.

Die sonbesies het nog steeds aanmekaar geraas toe sy uiteindelik opstaan.

"Ek wil nog eers 'n draai loop."

Met haar ferm bene na my gewys het sy by Sugarmoon se deur gebuk om vir 'n tissue in haar handsak te soek. Ek het weer die bekende roering in my onderlyf gevoel en voordat my erotiese denke met my op loop gegaan het, het ek 'n perfekte foto van haar geneem. Voordat sy haar handsak kon bêre, was my tong op haar sagte warmte.

"O, Poeksie, wat doen jy?" het sy saggies geprewel en haarself teen my warm honger tong vasgedruk. Haar klimaks was vinnig en gou verby en haar aroma het aan my gesig bly kleef. Haar soene na die tyd was nat en honger. My ereksie het teen haar ferm maag gedruk. Sonder om haar klere aan te trek het sy agter die boom gaan sit. Met my ereksie wat soos 'n omgebuigde telefoonpaal voor my uitgestaan het, het ek my sandale aangetrek en ewe braaf teerpad toe geloop.

"Jy waag baie!"

"Kom," het ek genooi, "trek net jou plakkies aan!"

Sonder enige inhibisies het sy saam met my op die wit streep gestaan.

"Sien of hoor jy iets?"

"Niks nie," het ek geantwoord.

Ek het haar in my arms geneem en opgetel. Stadig het ek haar op my ereksie neergesit. "O, dit so lekker!"

Terwyl die son op ons naakte lywe gebrand het, het ons mekaar innig gesoen en sy het ritmies saam met my beweeg. Haar klimaks was duidelik deur die veld hoorbaar. Hand om die lyf het ons teruggestap.

"Nou sal 'n Coke darem lekker smaak."

"Ja-nee," het sy beaam.

"Geen sein nie," het sy gesê en haar selfoon in die lug gehou. "Amanda het gesê daar is plekke wat nie sein het nie," het sy vervolg en haar selfoon weer gebêre.

Die Coke was heerlik koel en verfrissend. Nadat ons tydsaam onsself weer respektabel gemaak het, het ons weer in die pad geval.

"Poeksie?" het sy smeulend gevra toe ek na vierde rat oorskakel.

"Ja-a?"

"Wanneer is ons volgende stop?" vra sy terwyl haar hand sirkels teen my binnebeen trek.


  • Klik hier vir deel II: "Die kuier"


    LitNet: 15 December 2004

    Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
    Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie aan hygstories.

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.