Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Liefdesbrief 3

Stem vir jou gunsteling liefdesbrief! Klik hier en lees die ander briewe en stuur jou keuse aan sharon@litnet.co.za.

My Johnny bravo ...

Jy't gisteraand in 'n dronk oomblik erken dat jy nie van liefdesbriewe hou nie. Want dit klink gewoonlik te "corny". Ek verskil van jou – dit hoef nie corny te wees nie. Daarom, my geliefde engel, mag ek van die geleentheid gebruik maak om jou persepsie in die verband bietjie uit te daag?

As jy glo dat ek 'n heining om my hart het, kan jy my net sowel Alcatraz noem. Want die hart is al te veel kere op getrap, getrek, geskeur en in duisend en een stukkies verpletter. Ek het stelselmatig die sekuriteit versterk, backup ingeroep en tevrede agteroor gesit, verseker van die feit dat niemand my personal space sonder al die nodige identifikasie en outoriteit sal binnedring nie.

Maar jy, my engel, het soos 'n hoëveldse donderbui oor my gedagtes kom breek en liefde vir my kom herdefinieer. Dis asof jou teenwoordigheid al my slegte herinneringe van vorige flaters uitgewis het en my sintuie ekstrasensories kom instel het. Ek het altyd geglo dat dit net op MNet is waar die magic nooit ophou nie. Maar om elke oggend met jou deur-die-slaap-glimlag wakker te word en daardie eerste soen, daardie eerste teer aanraking en jou asem in myne … wanneer ek my hand tussen jou bene insteek en die ontvangs is warm, klam en verwelkomend … dit is onophoudelike magic. Ek besef dat liefde geen waarborge het nie, maar is bereid om die kans te waag, saam met jou. Jý laat my drome weer vlerke kry, al is dit ook net in die vorm van 'n verbeeldingsvlug.

Ek het nooit in die frase “liefde met die eerste oogopslag” geglo nie. Gedink dat dit verseker net bemarking is vir 'n Meg Ryan movie. Maar daardie eerste keer toe jy met jou pinstripe-baadjie om my lessenaar gezoep het, het jy my asem weggeslaan. Met moeite het ek gekonsentreer op my asemhaling en verward rondgetas na my asmapompie as jy in my onmiddellike omgewing jou verskyning gemaak het. Die elektrisiteit tussen ons was onvermydelik. En dit was nie lank nie of die vonke het gespat. In my kar, in jou kar, in Magaliesburg, deur Rosendal, op my bed, in my bad, jou ouers se huis en ook in Koffiebaai, langs die see met haar magiese bekoring. Elke maal wat jy vir my sê "Ek het jou lief", glo ek dit. En elke keer wat ek dieselfde vir jou sê, kom dit uit die presidensiële suite van my hart, daar waar jy 'n VIP-lid is. 'n Vlugtige aanraking het my wêreld omver kom gooi en my 'n ligte vorm van hoendervleis verskaf. Die memories wat ons saam geskep het, is blywend, sal altyd wees.

My engel, om te belowe dat ek altyd saam met jou gaan wees, is onmoontlik. En ek is skrikkerig vir beloftes, want dit word te maklik gemaak. Maar dat ek nou lief is vir jou, dat jy nou die een is saam met wie ek elke dag wil wakker word en wie ek wil hê my gedagtes moet binnedring elke sekonde van die dag, die een vir wie ek als in die lewe sal opoffer, die een wie ek elke minuut gelukkig wil sien, die een wie ek wil sien hoe drome verwesenlik word en al daai beautiful potensiaal tot sy volle reg geskied, is nie altemit nie. Mag daar nog baie stomende dog teer oomblikke saam met jou wees. Moet nooit jou geloof in ons liefde verloor nie.

Jou geliefde engel
e




LitNet: 28 Februarie 2006

Stem vir jou gunsteling liefdesbrief! Klik hier en lees die ander briewe en stuur jou keuse aan sharon@litnet.co.za.

Wil jy reageer op hierdie liefdesbrief? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.