Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Liefdesbrief 2

Stem vir jou gunsteling liefdesbrief! Klik hier en lees die ander briewe en stuur jou keuse aan sharon@litnet.co.za.

Liewe Skenker ('n ware verhaal)

Dis eintlik eenvoudig. Doodfokkengodeenvoudig sonder die pretensieuse moontlikheid van liefdesblindheid.

Jy sal die enigste man ooit wees (en dit kan ek reeds op die brose ouderdom van twee en dertig voorspel) wat my libido kon intimideer. Wat my sin vir lewe kon uitput. Wat my kon penetreer terwyl ek handeviervoet myself deur die verstrengelde boomwortels van 'n oerwoud vleg om (soms) op te kom vir asem; terwyl ek in my slaap in frenetiese oogbewegings verval; terwyl ek myself in delta-doolhowe verkneukel.

Jy kon my syn en skyn terselfdertyd vuisfok.

My bloeddorstige viering van lewe staan die meeste van jou spesie nie aan nie. My toemondelikse predatoriese gromme is onbetaamlik afstootlik. Ons kantelende kopulasies was soos honde. Ons het haar siel met 'n besetenheid nader gelok tot ons aan mekaar begin vassit het.

Liewe Skenker, God se gunsteling, ek het nodig gehad dat iemand my wil tot oorlewing bevestig, toets, uitdaag.

Jy het geen keuse gehad nie. Jy het geruik en gejag. Jy wou deur my gebore wees, was jou profetiese woorde by ons eerste ontmoeting. My God, jou woorde sal vir ewig in my kop bly spook.

Ek moes vlak-asemhalend my pyn in jou mond inkreun voor jy mag ophou. Ek wou eers gillend (oor)leef voor jy mag ophou. Jy het my aanmekaar, chronies, sonder ophou, lank en bloedig aanhoudend begin penetreer. Sonder voorspel sonder naspel sonder doekies omdraai en sweet nothings in my dowe ore.

Vir drie maande was jou asem roggelend in my kop en die sweet van jou aanskyn het gelyk of dit uit mý uit sypel. Ons lywe het soos strokieskarakters met hul vingers in muurproppe begin klop.

Natuurlik is ek lief vir jou .

Ek is lief vir die smerige jagsheid wat onder jou voorvel ontkiem. Ek was lief vir hoe jou lyf soos 'n blokkieshemp-houtkapper geweier het om op te gee. Ek is lief vir die Asiatiese trek oor jou oë wat ek in my eie herken. Joune is meer Mongools, myne is meer Thai. Jy is pienk, ek is geel, en ons baba het die kleur van god. Sy is godgroen, godnuut, godmooi.

Natuurlik is ek lief vir jou, want in 'n oopgespalkte spleet van 'n sekonde het ek en jy in mekaar se monde asemgehaal, ek het jou uit jou eie kop probeer drink, háár uit jou uitgelok en in my in laat sypel. 'n Geboogde pyl het in my baarmoederwand vasgeskiet, die ekosisteem daar goedgekeur en besluit om te bly. Opgewonde het ek om myself begin drom, die deure gesluit, en soos 'n kind gefassineerd toegekyk hoedat my boontjie in my eie watte ontkiem.

Jy het haar aan my geskenk en van my 'n Pan gemaak – 'n Militaristiese Bosbefokte Wildbewaarder. My omniviriele demoon, natuurlik is ek lief vir jou. Natuurlik is ek lief vir haar – liewer as vir gedagtes aan sekuriteit en die moontlikheid van lewe na die dood. Ek waardeer jou bybelse chauvinisme, jou onbeteuelbare geweld, jou gewilligheid om deur my gekruisig te word, jou varksige onverfyndheid, jou engelagtige onskuld en jou oë: blou, moeg en rou soos die aarde na die Skepping.

Ek is lief vir die feit dat jy masturbeer oor die groen en blou are op die borste van swanger en menstruerende vrouens. En ek sal lief vir jou bly tot ons kind se vel gaterig en grys van haar skelet losskeur en sy teruggaan na van waar sy gekom het.

Haar bloed pêrel groen op my voorkop in die sweet van my enkel-ouer-aanskyn.

Ek is lief vir jou ek wil nie wees nie.

Jou Lilith




LitNet: 28 Februarie 2006

Stem vir jou gunsteling liefdesbrief! Klik hier en lees die ander briewe en stuur jou keuse aan sharon@litnet.co.za.

Wil jy reageer op hierdie liefdesbrief? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.