Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Liefdesbrief 1: Brief van liefde

Stem vir jou gunsteling liefdesbrief! Klik hier en lees die ander briewe en stuur jou keuse aan sharon@litnet.co.za.

Lank terug toe ek nog klein was, het ek bewus geraak van jou.
Maar jy het my bly ontwyk, jaar in jaar uit.
sonder dat ek tyd of rigting weet
grou ek blind en onverpoos
in klein dimensies
'n donker tonnel
met die hoop
om eendag
in jou mesomorfe arms
die lig te breek

Ek het net soms depressief geraak.
hier op die randjie
van dit wat is
sit ek
lewenslank vasgevang
agter glas
en kyk
hoe mense lag
oor niks
raak dit soms net bitter donker
en alleen

Het soms verlang.
grensloos tuimel ek
op en af
langs die rooi angelier
se frommelblaar
ek wil ontkiem
in die dieptes
my anker laat groei
in die blommegeur

Het getwyfel oor jou bestaan.
vóór jou het elke tree
deur dag en maand en jaar
'n seer spoor getrap
in die woestyn
van dors en twyfel en sug
net 'n sandkorrel glo
in die duine van verlang
wat eindeloos rimpel
oor die horison van tyd

Was soms eensaam.
die verlange wat ek troetel
in die broeikas van my droom
word al dowwer in die glasige druppels
wat insig versper
ek kwyn in die kokon
van my eensaamheid
maar my siel wil nie
sy hartstog vervuil

Het gedwaal in my etensuur.
dis nou tussen een en twee
deel van die ewigheid
wat die horlosie moet vermoor

In die nag wakker gelê.
alleenheid is bleker
donker meer duister
as embrio wees
die tik van die wekker
is nie haar hart
wat verseker
dat bloed
deur ons saamwees vloei

Soms het ek jou psige aangevoel asof jy wil sê. "Ek is maar hier."
dankie dat jy
elke môre vroeg
voordat roes en moes begin
'n duif
met balsem in sy bekkie bring
om onvermoeid
vir my
'n hou-moed-liedjie
in die oggendlug te sing

Ek wou nie, maar uiteindelik het die samelewing my gedwing om te konformeer. Dit beteken om te maak soos wat almal maak en uiteindelik jou diepste self te verloën.

Ek het jou beeld begrawe.
sedert altyd
deur duisend oomblik
en in baie stippels tyd
het ek
metronoom gesoek na jou
maar met die
trae tog van tyd
het ek
lafaard
nie lank genoeg nie
aangehou

Tot die één dag, ek op pád na grys, jy reeds grys.
Ons lewens het vir 'n heilige oomblik in die daelikse gang aan mekaar geraak.
Jy het my díe aand gebel.
"Hallo. Eintlik soek ek jare al na jou."
jou kontoer
êrens besig
is onuitwisbaar deel
van my versteekte mens

En die één gesteelde oomblik.
êrens
in die stil Karoo
tussen kilometers vasgevang
het jy
vir my
'n stukkie geel gepluk
met in jou oë dankie
dat van hierdie wêreld
ons twee ook 'n
deeltjie is

onthou jy nog
toe jy vra
kan die hemel
dan beter
as om mens te wees?

Miskien is die grootste liefde van alle liefdes tog onvervulde liefde?
Lekker slapies.
Taki.




LitNet: 14 Februarie 2006

Stem vir jou gunsteling liefdesbrief! Klik hier en lees die ander briewe en stuur jou keuse aan sharon@litnet.co.za.

Wil jy reageer op hierdie brief van liefde? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.