Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


In
samewerking
met
ABSA
Montblanc
Pen & Art
André P Brink is op 29 Mei 1935 op Vrede in die Vrystaat gebore. Hy is een van die mees veelsydige figure in die Suid-Afrikaanse literêre bedryf: romanskrywer, dramaturg, reisverhaalskrywer, vertaler, letterkundige, kritikus, mentor, professor en polemikus. Sy romans is in meer as 30 tale vertaal, insluitend Serbo-Kroaties, Japannees, isiXhosa en Viëtnamees. Hy word as een van die belangrikste skrywers in die Sestiger-beweging beskou. Toe Kennis van die aand in 1974 verbied is, het hy ook ’n leidende rol in die pasgestigte Afrikaanse Skrywersgilde gespeel.

As romanskrywer het André Brink verskeie internasionale eerbewyse ontvang. Hy is reeds twee keer vir die Booker-prys in Brittanje genomineer en was ook reeds verskeie kere sedert 1979 op die kortlys vir die Nobel-prys. Hy het die Martin Luther King Memorial Prize ontvang en in 1980 het Frankryk hom vereer met die hoogste toekenning vir internasionale literatuur, die Prix Médicis Étranger. Hy is in 1982 benoem tot ridder van die Franse Légion d’honneur, en in 1987 tot offisier van die Franse Orde van Kuns en Lettere, met ’n verhoging in rang in 1995 tot Kommandeur. In 1992 ontvang hy die Monismanien-prys vir Menseregte van die Universiteit van Uppsala. In Suid-Afrika het hy die CNA-prys drie keer ontvang, nl vir Olé (1965), Rumours of rain (1978) en A chain of voices (1982). In 1997 het hy die Mondello Vyf Kontinente Prys vir Wêreldletterkunde ontvang vir Imaginings of sand. In 1999 is sy roman Duiwelskloof met die WA Hofmeyr-prys bekroon. Hy het ook reeds twee keer die Hertzog-prys ontvang: in 2000 vir Drama (vir Die jogger) en in 2001 vir Prosa (vir sy roman Donkermaan). Brink se vyftiende roman, The other side of silence, is met twee pryse bekroon: The Commonwealth Prize for Literature (Africa Region) en die Sunday Times Fiction prize.

Hy is tans ‘n hoogleraar aan die Universiteit van Kaapstad.

R100 per afdruk - slegs 15 eksklusiewe afdrukke per skrywe


André P Brink: Uit 'n Droë Wit Seisoen

Klik hier om te bestel

> volgende in die reeks >

Elsa Joubert - Die Swerfjare van Poppie Nongena

Elsa Joubert uit Die Swerfjare van Poppie Nongena
Dolf van Niekerk - Die Son struikel

Dolf van Niekerk uit Die Son stuikel

 

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.