Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


In
samewerking
met
ABSA
Montblanc
Pen  & Art
Dolf van NiekerkRudolf Johannes van Niekerk (Dolf) is op 22 Februarie 1929 op Edenburg in die Vrystaat gebore. Hy behaal ‘n BA aan die destydse Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat en later ‘n Hons BA in Wysbegeerte aan Unisa. In 1950 sluit hy hom by die SAUK aan as omroeper/regisseur en debuteer drie jaar later in Standpunte met enkele gedigte.

Hy begin om prosa te skryf, benewens ’n verskeidenheid radiowerke wat hoorspele, hoorbeelde en vervolgverhale insluit.

Met die totstandkoming van die Departement van Landbou se radiodiens in 1957 word hy radiobeampte by dié Departement en later hoof van die radiodiens. Na ‘n uitgebreide loopbaan word hy in 1978 direkteur van die Direktoraat Landbou-inligting – ’n pos wat hy tot met sy aftrede in 1994 beklee.

Ondertussen begin hy weer studeer en behaal in 1967 die MA-graad in Wysbegeerte met lof aan die Universiteit van Pretoria.

Die Eugène Marais-prys van die SA Akademie is in 1963 aan hom toegeken vir die bundel novelles Skepsels. Die SAUK se Akademieprys vir hoorbeelde word in 1965 aan hom toegeken vir die radioreeks Land van ons Vaders. In 1971 ontvang hy die SAUK se Akademieprys vir hoorspele vir sy hoorspel Kamer 99 en in 1977 die ARTES-toekenning vir die beste radioteks. In 1984 ontvang hy die Ruiterbeeld-toekenning van die Federasie van Rapportryerskorpse vir die hoorspel Niemand se dag nie en ander werke. In 1986 word die Nasionale Pers se MER-prys asook die SA Akademie se Scheepersprys aan hom toegeken vir die jeugverhaal Die Haasvanger.

R100 per afdruk - slegs 15 eksklusiewe afdrukke per skrywe


Dolf van Niekerk: Uit Die Son struikel

Klik hier om te bestel

> volgende in die reeks>

Elsa Joubert - Die Swerfjare van Poppie Nongena

Elsa Joubert uit Die Swerfjare van Poppie Nongena
Dolf van Niekerk - Die Son struikel

Dolf van Niekerk uit Die Son stuikel

 

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.