GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Tersaaklike speelse verse

Chris Lombard

Volwasse speelgoed

Destyds is van 'n baie bekende kroonprins
tot selfs kort voor sy huwelik gesê
dat hy nog snags sy beertjie moes hê.

Dit het psigoloë van skrik laat verbleek
gesien die harigheid van dié klein besie
en wetende hoe taktiele fiksasies bly steek.

Later sou 'n béértjie minder pla as 'n kriek
na van die paleispersoneel se onthullings
oor groter hariges se laatnagatletiek.




*


Veelsydige applikant

Christchurch-munisipaliteit plaas onlangs
'n ellelange advertensie in 'n Kiwi-koerant.
Daar word gesoek na iemand met energie,
dryfkrag, kreatiwiteit en veral empatie.
Die pos vra vir een leergierig en flink,
'n man wat stres kan hanteer as werkladings
en krisisgevalle meer insette van hom vra.
Aanvoeling vir kultuurverskille word vereis,
'n slag met die hantering van robuuste vente,
asook begrip vir die behoeftes van kliënte.
Dié lang aanloop toon die bestuur verlang
'n man met 'n besondere talent en gestaal
want eers dan word die aard van die pos gestel
- hoofbeampte by o.a. meer as een stadsurinaal.



*


Testosteroonmelk

Ene meneer Wijeratse van Walapone
is as enkelouer met twee bábas gelaat.
Toe die enetjie nie die bottel wou hê,
was sy impuls om die outjie te wiks,
maar bied toe sy bors en - onverwags -
drink die kleintjie hom byna kaduks.

Nou sê 'n slimme daar in Sri Lanka
as jy die prolaktiese geen stimuleer,
kan énige man moedersmelk produseer.
Vir SA lyk die risiko's egter enorm:
sou ons manne ook bábas begin soog,
ys 'n mens vir die rugbybors se vorm.



*


Te na aan eie haard?

Onlangs toe 'n gay paar in die polisiediens
besluit op 'n huwelik met alles volgens styl,
reageer hul kantoorkollegas onverwags liberaal
en begin dadelik verneem na die soort onthaal.

Om hulle beeld te red moes party egter wel
'n grens êrens stel. Die troue sal hulle bywoon,
is aan die pers gesê, maar o gaats nee
nooit as te nimmer die kitchen tea!



Lees ook "Ses speelse gedigte" deur Chris Lombard


LitNet: 05 November 2004

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.