GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Ses speelse verse

Chris Lombard

Oscar, Rudolph en David






DIEREBESKERMING

Tydens en na die Oscar Wilde-gekamp
het sprake van dié seksoriëntasie
mense se woorde op hulle lippe
van voorgegewe skok laat verdamp.

Mans het histeries ontken en gefladder;
selfs oudskoliere van Harrow en Eton
het sonder om te blik of te bloos getuig
hulle wis nie onder die adel van so 'n adder.

Mev. Patrick Campbell was ongeïnhibeer.
"My dear, I don't care what people do
as long as they don't do it in the street
and frighten the horses," kon sy konstateer.


*

GENDER-LUGTIG

In die jaar 1981 in Engeland
is afgekom op 'n bewaarde Romein
ryklik met vrouejuwele versier.
Alles is tot nou toe laat rus,
want niemand wis waarom 'n man
hom in vroueswier sou laat kis.

Die verbysterende saak is nie
die tydloos opgetooide Romein,
maar wat met die argeoloë kon skeel
dat dit hulle twee dekades sou neem
om iets so vertroud en volkseie
soos 'n jong fopdosser te eien.


*

ONTSTEKENDE VERSPREKING

Die media berig nou 'n politieke swaai
na die nuwe Gay en Lesbiese Alliansie -
of kortweg GLA - alles sonder bohaai.

Daar is één gevaar: die tong kan dalk net
in 'n hittige debat van GLA na GRA, d.w.s.
Genootskap van Regte Afrikaners, glip.

En dít gaan sekerlik ontstoke Vér-Regses,
asook ondergrondses reeds in die knyp,
opgerui na hulle wapens laat gryp!



*

NEGATIEF HOMOFOBIES

Hy het met 'n goudblinkende gebaar
die jag op hulle almal oop verklaar
- hy hoef niemand se verlof te vra:
hý is die groot man van Afrika!

Hy wil geen eksentriekes daar hê
- so het hy aan sy taakmag gesê -
hul gedrag is te erg om te verdra
en vreemd aan prekoloniale Afrika.

Oor dié tirade kan 'n mens net gis:
Wel, ná mnr. Banana, vriend en noordelike sus,
onlangs in flagrante delicto betrap is,
slaap die man van Afrika dalk minder gerus.



*

HE-MEN

Dié Valentino, eintlik soepel en sag,
maar in filmbeeld met 'n sater-allure,
het vrouens van Rome tot Groblersdal
as droomminnaar in floutes laat val.

Idool Rudolph - dit het later geblyk -
se potensie was maar 'n rolprentgekul.
Skeel niks, sê vrouens, ons is tog al
erger geflous deur die macho en die bul!


*

ON THE BALL

David Beckham, sokkerster van faam,
gee aan die sport 'n nuwe chic cachet
met in die linkeroor 'n kroonjuweel
en haute couture net waar hy speel.

Toe hy onlangs in die Wes-Kaap was
met ons verwoestende wind en mis,
ontbied hy subiet sy Britse haarstilis
om die Samoa-kapsel weer op te fris.

Ook maar goed dat hy sokker moes kies;
'n ruwer spel kon dalk sy lewe vergal:
sou iets van sy fraai behangsels bly
op byvoorbeeld Loftus in 'n geskrum om die bal?


*

Oor die digter:

Chris Lombard woon op Heidelberg in die Suid-Kaap. By Human & Rousseau het hy reeds twee digbundels gepubliseer, nl Tussen die malgasse op die kaai (1991) en Millennium (1994), asook 'n bundel sketse Vanuit 'n ou dorpshuis (1996). Sy nuwe digbundel, Driemaster, word eersdaags deur Protea Boekhuis uitgegee.


LitNet: 19 Augustus 2004

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.