NetFiksie - nuwe fiksieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW Hiemstra Trust



Izak de Vries
is tans voltyds verbonde aan LitNet. In 1993 wen hy die M-Net-Beurs vir Skeppende Skryfwerk en debuteer in 1998 met ’n bundel kortverhale, Kom slag ’n bees. In 1999 behaal hy sy MA met lof aan die Universiteit van Kaapstad. Hy het vier jaar lank doseer aan die Universiteit van Venda.
  Izak de Vries

Nog kortverhale deur Izak de Vries:

  • Ondergoed
  • Sonja se nighty

    Hierdie verhaal is spesiaal geskryf vir Punt Geselsradio se Boekepunt. Dit is op 24 Desember 2000 uitgesaai ter viering van die samewerking tussen LitNet en Boekepunt. Susan Booyens was dié aand die aanbieder en Rhonette Fick die regisseur.

    Kabelnuus

    (Sommer vir almal wat die aand van 24 Desember 2000 aan diens is.)

    Daar is nog net ’n paar minute oor voor sewe-uur. Hy is moedeloos en draai die radio harder. Susan se gesprek is minstens opgewek.
         Drie-uur se hoofberig sit steeds daar. “Kersjolyt eindig in bloedbad,” gloei die kop op die skerm. Uit die databank het Jan ’n foto van ’n opgefrommelde wrak gaan haal.
         Vanaand wou hy dit met iets anders vervang.
         Hy hét ’n paar grappige items gelig uit die buiteland, en in Sandton wou ’n dogtertjie glo Kersvader se baard afpluk omdat dié nie vir haar ’n Barbie kon gee nie. Maar hy kort ’n hoofberig. Of liewer, hy kort ’n goeienuusberig wat goed genoeg is om die huidige hoofberig te verplaas.
         Louis sou nou weer vir hom gelag het.
         Dit was ’n helse jaar.
         Susan Booyens maak klaar met nog ’n gas op BoekePunt. Iewers, in vele kantore wat hy nie kan sien nie, sit mense soos hy agter rekenaars, skuil hulle agter mikrofone en probeer die alleenlopers troos op ’n aand soos vanaand.
         Sondae geniet hy gewoonlik die werk, want dan is dit stil. Behalwe vir vroeë ekonomiese nuus uit die Ooste, is die brokkies meestal lig en eenvoudig. Toe Boekepunt skuif na Sondagaande, het hy geweet Louis sit en luister by die huis. Sewe-uur, wanneer die vars berigte gelaai word, sou Louis die radio afsit en Jan se handewerk lees.
         Susan begin weer praat. Dis haar laaste gas en hy het steeds niks om die hoofstorie mee te vervang nie.
         Vir oulaas refresh hy die skerms op die klompie rekenaars om hom, kliek onnodig op die e-pos se inbox — niks.
         Louis se dood is as hoofberig op die sewe-uur bulletin aangekondig. “Geestelike werker in plakkerskamp vermoor,” het die kop gelui. Dit was ’n Donderdagaand.
         Vanaand is anders.
         Op Oukersaand het hy gehoop om goeie nuus te deel met diégene wat nie by familie en vriende kan wees nie, maar dis nou te laat. Susan begin al afsluit. Hy moet laai.
         Die foon lui. Dis Nikki. “Jan, Jan! Ek het ’n hot storie. Luister, hy’s klaar getik en als, ek het selfs ’n foto geneem. Ek het dit deurgewap. Check jou mail ... Jissis, dis ’n great storie. Check maar self. Check net vir foute. Jissie, dis ’n great foto. Ek en Thom is mos hier by die berg, en daar’s toe nogal ’n moerse tou en toe ...”
         Die e-pos-alarmpie beep twee maal in die agtergrond en Nikki hoor dit: “Check gou, dis dalk dit. Maak net jou radio sagter, man, ek kan jou nie hoor nie dink nie. Toe check gou!”
         “Dit is van jou.”
         “O, great. Dis ’n moerse storie. Sit hom gou op, toe, dis amper sewe-uur. Check jou! En moenie stout wees nie! Ciao!”
         Dis te laat, Nikki, dink hy. Susan sê al tot siens. Dis sewe-uur. Ek moet replicate.
         Haar kop lui: “Baba in die hemel gebore”.
         Nikki het flair. Sy kán skryf. Sonder haar wapfoon en digitale kamera gaan sy nêrens nie, al is sy af:

      Verbaasde vakansiegangers het ’n heel onverwagte blik op die lewe gekry toe ’n jong Oos-Kaapse ma vanaand geboorte geskenk het aan ’n dogtertjie — in een van Tafelberg se sweefspoorskarretjies.
           Die vrou, wat net bekend is as Grace, het ernstige geboortepyne ontwikkel op die berg. Twee dokters, wat nie hulle name wou bekendmaak nie, het onmiddellik hulp verleen en ’n ambulans is ontbied.
           Grace en die twee dokters het op die volgende karretjie geklim, waarna alles glo baie vinnig gebeur het. Drie jong spierpaleise het hulle T-hemde aangebied om die baba mee af te vee. ’n Duitse toeris het ’n baie duur wolbaadjie geskenk om haar in toe te draai.
           By die onderste stasie het die passasiers die karretjie verlaat, waarna ma en dogter gestabiliseer is.
           NuusDotZA was daar en kon hierdie eksklusiewe berig aan Suid-Afrika bring. Ons het met die drie kaalborsmanne gesels wat met opgehoue asems gewag het om te hoor hoe dit gaan met ma en kind. Volgens Hendrik Botha was dit ’n “ongelooflike ervaring.” Theuns Gerber was “totally verbaas” toe die kind voor sy voete gebore word. Karel du Toit gee nie om dat hy sy T-hemp verloor het nie: “Dis mos vir ’n goeie cause,” het hy gesê.
           Toe ma en dogter baie vlugtig aan die publiek vertoon is, het almal se kameras geflits. Hulle is daarna in ’n ambulans afgevoer.
           Die skare wou weet wat die nuweling se naam is. “Thandi,” het Grace skaam geantwoord. “Because you loved me too much.”
           Dit is volgens die dokters haar derde kind.

    BoekePunt se kenwysie het al klaar gespeel, maar Jan het nog nie “webrep” gedruk nie. Vanaand se hoofbulletin gaan effens laat wees.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.