NetFiksie - nuwe fiksieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW Hiemstra Trust



Izak de Vries
is tans voltyds verbonde aan LitNet. In 1993 wen hy die M-Net-Beurs vir Skeppende Skryfwerk en debuteer in 1998 met ’n bundel kortverhale, Kom slag ’n bees. In 1999 behaal hy sy MA met lof aan die Universiteit van Kaapstad. Hy het vier jaar lank doseer aan die Universiteit van Venda.
  Izak de Vries

Nog kortverhale deur Izak de Vries:

  • Sonja se nighty
  • Kabelnuus

    Ondergoed

    My vrou wou eenmaal Maleierlap gaan koop. Ek en sy is toe op daar tussen die helderkleurige huisies en smal straatjies in waar mense ons na ’n sekere meneer Rasool se winkel verwys het.
        Soos jy stap, ruik jy vis en speserye. Klein dogtertjies met stywe strikkies waai en koes dan vinnig agter hulle handjies weg. Ou vroue met doekies oor hulle koppe beduie met helder stemme na die winkel wanneer ons telkens stop en rigting vra.
        Wanneer ons uiteindelik daar kom, is dit ’n wonderwêreld van geure en kleure. Dit is heelwat donkerder binne as buite, maar as jou oë eers aangepas het, lyk dit soos ’n prentjie.
        My vrou raak vreeslik opgewonde in sulke winkeltjies en haar harde uitroep van blydskap laat ’n heel paar dankbare helpers aangedraf kom.
        Sy raak met hulle aan die gesels, ek begin deur die winkel dwaal met ’n belofte om netnou uit die lappe op haar kortlys te kom help kies.
        Die handgereedskap en skoene interesseer my nie veel nie. Die klere-afdeling is klein en ontsettend vol. Daar is die mooiste hemde en bont, wonderlike dasse.
        Toe sien ek haar.

    In die Kaap is daar min fundamentalistiese moslems. Die meeste is diep gelowige en baie vriendelike mense wat kuis, maar indrukwekkend aantrek. Een van hulle, totaal in swart gehul en daarom van onbekende ouderdom, is besig om tussen die fyn, frillerige ondergoedjies rond te snuffel. Agter haar staan ’n ander vrou, ook geheel in swart. Van haar postuur en die ietwat groter lyf kan ek aflei dat sy waarskynlik ouer is.
        Ek koes agter ’n rak vol dasse in.
        Die voorste vrou tel ’n broekie op, laat dit weer val. Sy neem ’n deursigtige bra en speel daarmee om haar vinger wat in ’n swart handskoen gehul is.
        Die skynbaar ouer dame beduie aan een van die helpers om nader te kom, maar vra dan dat dié vir ou mevrou Rasool sal gaan haal.
        Die jong helper draf weg en sommer gou-gou verskyn mevrou Rasool. Sy is ’n groot vrou in ’n los geblomde rok met ’n fyn geblomde sykopdoek wat glad nie poog om haar grys hare weg te steek nie.
        “Kan ek help?” vra Mevrou Rasool.
        Die voorste vrou knik. “Ek trou volgende week,” kom dit vanuit die swart doek. “Ek soek iets moois en baie seksie wat ek kan aantrek, sodat Rasheed sal hou waarvan hy sien as ek al hierdie ander klere uittrek.”

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.