Christine van der Merwe
Maandag 21 Junie was die 30ste herdenking van die
grootste gratis fees in die Britse geskiedenis. Wat
begin het as 'n klein samekoms van hippies om die
langste dag van die somer te vier, is nou die
hoogtepunt van die Britse aweregse kultuurkalender.
Sondagaand het ongeveer 21 000 druids, pagans,
gypsies, toeriste, nuuskieriges en polisiebeamptes by
die 5 000 jaar oue Stonehenge bymekaargekom. Dit was
'n ysige nag, met 'n ongelooflike atmosfeer - veral
kort voor sonsopkoms. Die son het aanvanklik gesukkel
om uit te kom, maar toe dit uiteindelik asemrowend
gebeur, is dit met beuels, fakkels, impromptu danse en 'n
geweldige gejuig begroet. Vir 'n paar uur daarna het
duisende mense steeds letterlik en figuurlik in die
binnesirkel van die stene saamgedrom. Die res het
iewers gaan uitpass..
|
|

|