Archive
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Philip de Vos se verse word foto's

Erns Grundling

Philip de VosDie bekende skrywer en fotograaf Philip de Vos bied 'n foto-uitstalling by die Welgemeend-opstal in die Van Riebeeck-gronde gedurende Hoërskool Jan van Riebeeck se Jannewales-fees in Kaapstad. Dit open op 1 September om 17h00 en duur tot 5 September. Toegang is gratis.

Christo Wiese sal die opening behartig. Dit maak deel uit van die kunsuitstalling Lente, deur Philip de Vos en SA Kunstenaars. Die samesteller is Elana Brundyn.

Philip stal 14 digitale foto's uit. Hy het besluit om 'n kombinasie te maak van twee van sy belangstellings: versies en fotografie.

Elke digitale gemanipuleerde foto word voorafgegaan deur 'n versie.

Konsternasie,
hoenderpiep!
Die see lê blou
en vreeslik diep.
Die diep blou see
moet ek môre oor,
maar die kaart daarvoor
het ek klaar verloor.


Foto: Philip de Vos

Bokmakierie, kokkewiet,
tarentaal met sy verdriet.
Kwikkie, mossie, hadida
kwetter, kwinkeleer
en kla.
Janfiskaal, jantatarat.
Elkeen
wil 'n deuntjie vat.
Elke kwêvoël, elke sysie,
elke loerie met sy wysie.
Koerkoerduif en pierewiet.
Elkeen sing sy eie lied.


Foto: Philip de Vos

Meer oor Philip de Vos:

Philip de Vos is een van ons veelsydigste kunstenaars. Nie net vertolk hy niks minder as sestig karakterrolle in opera en musiekblyspele nie, maar hy verwerf ook landwyd bekendheid vir sy prettige limirieke, gedigte en stories, wat in 1989 met die Eugène Marais-prys en in 1991 met die ATKV-prys bekroon word.

Hy wen in 1983 en 1984 The Cape Times se fotografie-kompetisie en sy skilderye word tydens Jannewales-op-Kloof uitgestal.



LitNet: 31 Augustus 2004

back    /     to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.