Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Toorberg in die Kunstekaap Teater

Artscape Teater
11–24 Mei 2005 (publieke vertonings op 14 en 21 Mei)

‘n Rebel, ‘n digter, ‘n regter, ‘n wyse Kaatjie, ‘n boer, ‘n bevrydingsprediker, ‘n ma, ‘n magistraat, ‘n “Slams” met ‘n derde oog wat verborge waarhede sien en glo kan toor, ‘n waterwyser, ‘n kêns dogter op daggatee, ‘n denker, ‘n “Koevert”, ‘n posmeester en nog ‘n paar hande vol geeste... dis ‘n misdaadverhaal, dis ‘n suspens drama en ‘n plaasroman – alles in een!

Regie: Juanita Swanepoel
Teksverwerking: Malan Steyn (na die roman van Etienne van Heerden)
Produksieontwerp: Marthinus Basson
Beligtingsontwerp: Albert Snyman
Met o.a June van Merch, Morné Visser, Marko vd Collf, Johann Nel en Farouk Valley-Omar

Etienne van Heerden se roman Toorberg is wyd bekroon en word wêreldwyd gelees. Dit is ‘n boek wat die geskiedenis van die Afrikaner vasvat in ‘n alternatiewe plaasroman. Maar, op die plaas Toorberg, “loop waarheid en verdigsel, geskiedenis en toekoms, en lewe en dood deurmekaar.”

Magistraat Abraham van der Ligt kom na die plaas Toorberg om ondersoek in te stel na die dood van die kind Noag (“Druppeltjie”) du Pisani, wat in ’n boorgat geval en gesterf het. Reeds ’n paar jaar vroeër was daar ’n geregtelike ondersoek, en is daar bevind dat dit ’n ongeluk was en dat niemand skuld het aan sy dood nie. Van der Ligt moet nou vasstel of hierdie bevinding korrek was.

Tydens sy besoek kom die magistraat agter hoe nóú verbonde die hede en die verlede is; dat hy nie die hede kan begryp sonder om die verlede in ag te neem nie.

Op die misterieuse plaas Toorberg is die gestorwenes nie dood nie, maar leef hulle voort en tree hulle op as getuies voor die magistraat. Met behulp van die getuienis wat hy inwin, slaag Van der Ligt geleidelik daarin om die geskiedenis van die Moolmans bloot te lê.

Die roman is ’n variasie op die misdaadverhaal, waarin die dood van ’n seun wat in ’n boorgat geval het en doodgeskiet is, ondersoek word. Maar dit is meer as ’n misdaadverhaal. In die ondersoek word die “misdade” van ’n hele geskiedenis ontbloot, en saam daarmee die rigting vir die versoening met die verlede aangedui. Die droogte van Toorberg is die “droogte” van die Afrikaner, maar uiteindelik van elke nasie en van elke mens, en die “reën” is die uitkoms wat ons almal nodig het.

Daar is 11 akteurs in die produksie te sien waaaronder June van Merch (van Fishy Feshins-faam), Morné Visser (van SOS-faam) en Johann Nel, ‘n Fleur du Cap-genomineerde. Die regie word behartig deur Juanita Swanepoel wie se produksie Jan en Jorie tans speel in die Kunstekaap Arena, die verhoogteks is geskryf deur die veelbekroonde Malan Steyn en Marthinus Basson, dié teater regisseur/ontwerper in die land, is verantwoordelik vir die produksieontwerp.

Daar is twee publieke opvoerings van Toorberg op Saterdag 14 Mei en Saterdag 21 Mei, albei vertonings is om 11:00 in die oggend. Die optredes op weeksdae is om 10:00 die oggend vir skoliere. Vir besprekings vir die publieke opvoerings skakel Kunstekaap Bel-‘n-Sitplek by 021 421 7695 of vir Computicket. Vir enige navrae of besprekings vir die weeksdae opvoerings vir Francois Toerien by 082 4977 933 of per epos: francois_toerien@absamail.co.za

Wen kaartjies na 14 en 21 Mei se vertonings. Stuur 'n e-pos na zani@litnet.co.za en staan die kans om 'n dubbelkaartjie na hierdie vertonings te wen.


LitNet: 03 Mei 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.