Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Koggelmanderman op Philippolis bevrug*

Jens Friis (JF), medekurator van die Kunstenaarshuis op Philippolis, het gesels met Pieter Fourie (PF), wie se wortels sterk gegrond is in die Suidwes-Vrystaat. Dit was tydens ’n onlangse skoolreünie van Hoërskool MT Steyn op Philippolis, waar Fourie gematrikuleer het. Tydens dié reünie het Fourie in die Kunstenaarshuis tuisgegaan en is sy trefferdrama Gert Garries ook opgevoer.

Die bevrugting vir die sir Laurens van der Post-Kunstenaarshuis op Philippolis se eerste kalfie en die finale afronding daarvan was toe sommer ’n kampioenbul. Pieter Fourie se drama Koggelmanderman het onlangs die Nagtegaalprys van R20 000 ingepalm.

Pieter FourieFourie vertel: “Die bevrugting vir Koggelmanderman was tydens my besoek toe ek ’n gasspreker was met die opening van die Skrywershuis. Ek het vir minute in sir Laurens se stoel by sy lessenaar gesit en opnuut besef daar is een verskriklike waarheid: die węreld van pole. En daarmee saam die Kalahari’s van onbegrip daartussen. Toe spat die vonk. En onthou: ’n vuur kan jy aanblaas of blus, maar nooit ’n vonk nie.

“En ek weet die stuk sal afspeel in die Kalahari en alles sal sentreer rondom en binne-in die mitiese węreld van die Boesman. Later die middag het ek om nostalgiese redes uitgery na die Pisrantjies en ’n bloukopkoggelmander sien sit op ’n blouysterklip en onthou wat ou Jan Bagu, ’n Griekwa van Luckhoff, my vertel het toe ons terloops gepraat het van die jaloesie en besitlikheid se gifspoor in die fyntuin van die liefde. Jan Bagu het my vertel van ’n Boesmanlegende wat hy al van kindsbeen af geken het: waar die bloukopkoggelmander sit, daar lę die vrou tevrede … Die vonke spat voort.”

Koggelmanderman sal einde vandeesmaand by die KKNK sy premičre hę.

JF: Sou jy saamstem met Hennie Aucamp wat eens gesę het: “Om mense te bereik, moet jy bereid wees om sélf mens te wees, moet jy dikwels ja gesę het vir die lewe, en net so dikwels seergekry het. En voortgegaan het.”

PF: Ja, ten volle. En ek sou wou byvoeg: selfs al moet jy eers ’n treetjie of twee terug, want onthou, ’n motor is op sy sterkste in trurat.

JF: Jy’t destyds na Philippolis teruggekom vir jou laaste skooljare. Was dit moeilik?

PF: Nooit! Dit was lekker. Ek was 21 in matriek en daar was baie proefonderwyseresse.

JF: Dikwels wonder mens: waar begin iets, enigiets? Is daar ’n prikkel waarop jy jou vinger sou kon lę waarom jy aan ‘t skryf geraak het?

PF: Al my werk is gebore uit voldoening of frustrasie, en in albei gevalle begin ek skryf as iets binne-in my lę en skree om neergepen te word. Ek kan nie lank vooruit weet wat uit my pen gaan kom nie. Dis net so onvoorspelbaar soos die koop van ’n waatlemoen.

JF: Waarom het jy bly skryf?

PF: Die frustrasie kry nooit einde nie, en die vreugde gelukkig ook nie.

JF: Ek haal Antjie Krog aan: “Sodra ’n mens begin skryf, sluip ’n onherroeplike verandering jou leeswyse in: nie lees as leser nie, maar jy begin lees as skrywer.” Vind jy dit soms moeilik om bloot te lees vir plesier?

PF: Nee, want my lus om te lees word aangevuur deur nuuskierigheid, en nie deur ’n begeerte om ander mense se werk te ontleed nie.

JF: In skryfskole is die leuse dikwels: “Skryf waarvan jy weet.” Hoe voel jy daaroor?

PF: Baie sterk. Uit die duim gesuigde en breinbedinkte stories en mense werk eenvoudig nie en bly tweedimensioneel. My stukke wat volksbesit geword het, soos Faan se Trein, Faan se Stasie, Mooi Maria en Die Proponentjie, kom lewensgetrou uit my heimat: Philippolis, Luckhoff en die Suidwes-Vrystaat.

JF: Tot watter mate het jy karakters uit Philippolis en omgewing in jou werke gebruik?

PF: Die meeste van my karakters — Faan, Maria, die Proponentjie, die ou senator, die LV en die LPR uit Die Plaasvervangers — kom net so uit my kinderwęreld, maar dit is veral eksentrieke, deerniswekkende individue wat my as kind aangegryp en laat besef het dat die volronde mens uit alle strata van die samelewing kom. Philippolis-karakters wat my tot hierdie oortuiging gebring het, is mense soos die legendariese oom Jan Lötter, juffrou Van der Spuy, en oom Jurg, die skoolopsigter. Die politieke vuurvreters soos oom Daantjie Donnerpadda, oom Rooihel Snyman en kolonel Japie van Rensburg kon ’n politieke vergadering in die laat veertiger- en vroeë vyftigerjare in ’n ware show omskep wat vandag se TV-Gladiators na ’n Sondagskoolpiekniek laat lyk. Sulke karakters smeek om op papier verewig te word, want in ’n węreld wat almal in ’n grys tegnologiese massa wil saamvoeg, het die individu, wat eintlik ’n juweel moet wees, ’n steen des aanstoots geword.

JF: Jy’t twaalf jaar gespeel met Etienne Leroux se karakters Gert Garries en Le Grange voordat hulle uiteindelik op die verhoog verskyn het. Waarom die oponthoud? Het jy bloot ’n paar maande gelede eers so ver gekom om dit “klaar” (wanneer is dit?) te skryf?

PF: Ek het die twaalf jaar nodig gehad om te besin hoe ’n mens die węrelde van ’n volkskrywer (ekself) en ’n intellektuele reus (Leroux) kon laat saamsmelt tot ’n sinvolle geheel. Maar toe ek besef dat Merino-, Dorper- en Persiese skaap mekaar in die Suidwes-Vrystaat kan vind, het ek intuďtief geweet dat Fourie en Leroux hulle dit sou kon nadoen.

JF: Met Gert Garries, soos soveel keer tevore, skryf resensente van formaat in die oortreffende trap van Pieter Fourie. Is dit ’n aansporing of laat dit jou des te meer twyfel aan dit waarmee jy daarna besig is — ’n geval van “Voorspoed! Dis nie altyd maklik om sukses te verduur nie.”

PF: Mens kan nie vrek van beskeidenheid nie, want jy bly mens. Ja, dis lekker, veral komende van mense wie se opinies jy hoog aanslaan. Maar ja, dit maak die uitdagings vorentoe des te meer intens.

JF: Wat beplan jy vir die komende jaar of twee?

PF: Ek het lanklaas so lekker geskryf soos die laaste twee jaar. Ná twee dekades van hewige polities betrokke werke kan ek nou ’n terugblik werp op my wortelwęreld en die ryk stof wat dit bied, verder ontgin met die rypheid wat die jare en ’n genormaliseerde samelewing bring.

JF: Is daar iets te leer uit al die (meestal Afrikaanse) kunsfeeste wat so gedy?

PF: Ek kan nie verstaan dat mense nog kan vra “Wat van die toekoms van Afrikaans nie?” Afrikaans lę nie net op ’n tong nie. Hy gaan ook by ’n oor in en word deur ’n brein verstaan. Afrikaans het meer sprekers, en word deur meer Suid-Afrikaners verstaan as enige ander amptelike landstaal, Engels inkluis. Afrikaans word nou vir die eerste keer in konteks geplaas vandat die bydraes van ander taalgemeenskappe erken word. Los hom en laat hy sy ding doen. Dan gedy Afrikaans in al sy skakerings, soos ons by die kunstefeeste en op ander plekke sien. Die taalstryders sal die taal nog doodveg. Die volkstong sal hom lewend praat en die skeppende geeste sal dit vier in al sy vorme.

JF: Wat beteken “Afrikanerskap” vir jou?

PF: In seker my mees omstrede werk, Die Joiner, het ek probeer om dit uit te pluis. My slotsom was: “Staan eers jou man as mens, en dan as Afrikaner.” Eers as ’n mens seker is van jou eie identiteit, kan jy jou kollektiewe identiteit, of dan Afrikaner-identiteit, begin ondersoek. Vir my is daardie identiteit gesetel in twee sekerhede: Ek is Afrika-ner, met ander woorde, ek staan met my voete stewig in Afrika, en tweedens is my tongval Afrikaans.

Vir interessantheid:

So skryf Pieter in die 1959 Zebra-skoolkoerant van Philippolis:

Die Swartskaap (pp 6 en 7):

Die Afrikanermeisie

... Nadat jy daarin geslaag het om die afspraak te maak gaan julle iewers eet. Jy probeer oor ’n goeie onderwerp gesels.

“Hoe hou jy van Lizt?” vra jy.

“O, die nuwe item op die spyskaart? Ek het dit nog nooit probeer nie.”

Jy verander jou onderwerp van musiek na letterkunde en vra: “Wat dink jy van Jan Rabie se laaste werk?”

“Hy het mos laaste vir ’n sakeman gewerk? Nee, ek sal regtig nie kan sę nie. Ons het mekaar nooit so goed geken dat ek bewus was van die moontlikhede wat sy laaste werk gehad het nie,” antwoord sy vinnig.

Jy wil lag, maar probeer nogmaals. Nou wend jy jou sarkasme aan.

“Jy weet, ons sal sommer lekker oor die weg kom met mekaar,” spot jy beskaafd.

“Ek dink ook so. Ons ken albei vir ou Jan Rabie en volgende keer nooi ons hom om saam met ons ’n Lizt te kom geniet,” antwoord sy opgeruimd.

Ja, dit is so. Dit gebeur daagliks. Ek verkies my vryheid as oujongkęrel bo die Afrikanermeisie wat so is. Die atoomeeu het voldoende fasiliteite tot die man se beskikking gestel om vir homself te sorg.

(Meisies, hierdie Pieter Fourie het sleg op julle tone getrap. Vir die beste terugkapskoot deur ’n meisie wat in die volgende uitgawe van Die Swartskaap gepubliseer word, wag daar ’n hele ghienie — ja, jy het reg gelees ’n hele ghienie — een en twintig sjielings! — Red.)

* Dié artikel het oorspronklik in die Philippolis Pos(t) verskyn. Vir meer inligting oor Philippolis en die sir Laurens van der Post-Skrywershuis, gooi ’n oog by www.philippolis.org.za/post.htm. As jy hierin geďnteresseerd is, behoort jy ook sin te hę in Jens Friis se webblad, ReisInAfrikaans, by http://home.intekom.com/reisinafrikaans.)


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.