Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Desnieteenstaande: ’n Uur se puik vermaak

Braam van der Vyver

Desnieteenstaande is ’n satiriese verhoogstuk uit die pen van Jeanne Goosen, en is pas opgevoer tydens die KKNK. Om na Jeanne as ’n deurwinterde skryfster te verwys is ’n understatement. Haar jarelange ondervinding het sy opgedoen in elke sosiale sfeer: van die hoogste tot die minder gegoedes. Sy kén mense.

Hierdie nuwe verhoogstuk van haar is juis gebore uit haar diepgaande mensekennis. Henrietta Gryffenberg speel die rol van die eksvrou van advokaat Japie Combrink. Die mevroutjie het al voor die egskeiding die bicycle se handles gelos en haar oorgegee aan alle vorme van lyflike plesier. Volgens die advokaat het sy ’n seksuele voorkeur vir loodgieters en ander bloukraagwerkers ontwikkel, maar dis nie al nie. Hierdie drange word verder gestimuleer deur haar oordadige drinkgewoontes.

Om haar in haar kwaad te sterk is daar haar Engelse vriendin, gespeel deur Liz Meiring. Dié vriendin, wat glo dat die wêreld om kontakte draai, kyk self graag besonder diep in die bottel. Meiring, wat soos ’n handskoen in die rol pas, lewer skitterende spel.

Om sake verder te kompliseer is daar nog die Combrinks se wash-out van ’n seun. Justin Strydom, wat die rol van beide advokaat Combrink en die seun speel, is behoorlik op sy stukke.

Wanneer advokaat Strydom in ’n geskilletjie met sy eks omkom, word die twee suipende vroue gedwing om hulle grysstof te gebruik.

Die storie is so oud soos die berge, maar dit keer nie vir Goosen om dit in ’n sprankelende satire te omskep nie.

Voeg drie van ons land se voorste komiese akteurs op die verhoog by ’n teks uit die pen van die oudste jakkals en siedaar: ’n uur se puik vermaak vir die gehoor.



LitNet: 15 April 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.