Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Druk in Supertwaalf verskuif skielik na afrigters

Blou Bul Braampie

Na die swart naweek wat die Suid-Afrikaanse spanne in die Supertwaalf beleef het, het die druk skielik na die afrigters verskuif. Soos wat een van die gereelde briefskrywers op LitNet, die Gemaskerde Sopbeen, uitgewys het, kan 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler of afrigter se geluk in 'n oogwink draai.

Kevin Putt se kop is volgens die media al klaar in die spreekwoordelike mandjie nadat sy span skandes gemaak het, terwyl die genadelose Bulls-ondersteuners ook al sterk aan die brom is. Meyer moet self in sy pasoppens bly. Noudat dit 'n uitgemaakte saak is dat Pretoria sy naam kwyt is, is die gees in die hoofstad op 'n laagtepunt. Meyer mag dalk net in die kruisvuur getref word as die moerige Pretorianers na sondebokke begin soek.

Vir Puttie voel ek baie jammer. Terwyl hy bars om sy ondergemiddelde spannetjie in 'n eenheid saam te snoer, moet hy in die koerante lees dat daar met Alan Solomons onderhandel word om by hom oor te neem Die onindrukwekkende pak voorspelers waarmee SA Rugby vir Putt oorlog toe gestuur het, het moeilikheid voorspel. Dit hoef nie so te gewees het nie. By al die ander franchises sit daar talentvolle spelers en koud kry terwyl die Sharks met 'n klompie sukkelaars moet regkom. Die gewillige pak voorspelers wat lewe en liggaam vir die Natallers op die spel plaas, het ongelukkig nie die krag en vaart om met die grotes in dié moordende reeks saam te gesels nie. Ek herhaal wat ek voorheen gesê het: dit het tyd geword dat John Smit sy vinger uit sy vleispastei trek en wys wat in hom steek. Om alles te kroon word Brent Russell toe nog vir die nasionale sewes-span vir die Hong Kong-sewes getrek, wat beteken dat hy die Sharks se tuiswedstryd teen die Highlanders gaan misloop.

Die Bulls kon so maklik gewen het. Swak afronding, die onwilligheid om strafskoppe pale toe te neem en die gedwonge insluiting van spelers wat nie regtig gereed is vir hierdie tipe rugby nie, het die Bulls geknou. Trompie Notshinga het goed gelyk op die aanval. Op die verdediging was hy egter 'n passasier wat staan-staan derdeklas gery het. Die besering van JP Nel dwing nou skynbaar vir Meyer om vir Bryan Habana en Ettienne Botha langs mekaar te speel. Die vraag is, hoekom het dit nie al teen die Brumbies gebeur nie? Dit is sinneloos om Habana se godgegewe talente op die vleuel te vermors. My laaste vraag is hoekom lojale Blou Bulle soos Johan Wasserman en John Mametsa by die huis sit. Mametsa het al in twee Curriebekerfinale gewys dat hy 'n yster is, terwyl 'n fikse Wassies die manne daar in die vreemde 'n les in balbeheer sou gegee het.

Gert Smal loop met rede hierdie week breëbors rond. Sy eksperiment met die jong Andries Bekker en JD Moller was 'n volslae sukses. Soos wat Smal voorspel het, het die youngsters vinniger van die lang reis herstel. Hulle was op hulle stukke en het die geleentheid aangegryp om te bewys dat hulle nie meer met buskaartjies skeer nie. Dit wil vir my lyk of Gert se paadjie na 'n semifinaal deeglik uitgewerk is. Kom ons hoop die Stormers bly op koers.

Laaste maar nie die minste nie, die arme Cats. Dit was 'n geval van hoogmoed wat tot 'n val gekom het soos net die Cats dit kan doen. Hulle lamsakkige verdediging teen 'n Huricanes-spannetjie sonder Umaga wou hulle ondersteuners laat slange vang. Ashwin Willemse neem glad nie aan enige verdediging deel nie, terwyl Jorrie Muller hulpeloos lyk teen enige opponent wat kan aftrap. Ek kon nie glo hoe broos die Katte se verdediging was nie. Kan dit wees dat die vorige week se bomenslike vertoning teen die Bulls hulle wilskrag getap het?

Dié naweek kan net so swart wees soos die vorige een. Die Stormers lyk na die span met die beste wenkans. Die Bulls sal strate beter moet skrum aangesien die volle All Black-voorry weer vir die Highlanders op diens sal wees. Alle oë sal ook op die jeugdige Pierre Spies wees wat sy debuut in 'n nat, koue Nieu-Seeland moet maak. Sukkel die Bulls in die skrums, kan dit broekskeur gaan. Dit sal die Bulls loon om 'n blaadjie uit die Stormers se boekie te neem en die opponente se lynstane aan te val. Die Bulls moet tog net nie weer met hulle onbeholpe dryfwerk by die lynstane begin nie. Sorg dat die goeie balle wat Matfield en kie wen, vinnig agterlyn toe gaan. Die Highlanders het broos gelyk teen hoëspoed-agterlynaanvalle.

Ons tuisspanne sal moet wen om seggenskap in die res van die reeks te bevestig. Vir Putt is dit 'n geval van oorlewing en vir Chester en sy trawante die uitdaging om die omgekrapte Waratahs in toom te hou. Loop dinge verkeerd, is die Suid-Afrikaanse spanne maar weer vroeg-vroeg in die onderste gedeelte van die puntetabel vasgekeer.



LitNet: 09 Maart 2005

Wil jy reageer op hierdie inligting? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.