Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Reis /
Travel
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
isiXhosa
isiZulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Kos en Wyn /
Food and Wine
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Huldeblyke /
Tributes
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Sad songs en die letsels van die liefde

Clinton V du Plessis

Dit is weer Februarie - en met apologie aan die digter en te oordeel aan die magdom advertensies vir Valentynsvlugte en -vaarte na eksotiese eilande en betowerende bosbestemmings, reklame-rooi roosstalletjies, hartlike koesterkaartjies, troetelteerteddies, dekadent-delikate flankeerfyn snoessatyn - sekerlik die liefste, liefste maand.

Gepas, dus, om oor die liefde te skryf, en ek begin my soektog na 'n gepaste invalshoek op die aangewese plek - daardie nuwe globale informasiemoer … die internet.

Die Yahoo-soekenjin gorrel vir 0,13 sekondes die woord love deur sy ingewande en kots 'n obsene aantal skakels uit - 188 000 000! (En net vir die rekord: death roep binne 0,10 sekondes ongeveer 83 000 000 skakels op.) Ek sidder om te dink wat sou gebeur as ek sex in moes tik … maar jy kan tog oor die liefde skryf sonder om noodwendig seks te betrek?

Net … wat bly daar nog van die liefde oor wat nie alreeds geskryf, besing of geskilder is nie? Dit moet een van die mees misbruikte woorde of konsepte op aarde wees.

Op een van die eerste tien skakels van die 83 miljoen death-skakels waarna ek hier bo verwys, word die volgende stukkie wysheid aan 'n onbekende skrywer toegeskryf: "The only way to take the sorrow out of death, is to take love out of life." [members.aol.com/Jeri10/Death.html]. Maak nogal sin, al klink dit so effe asof dit uit een van Oprah Winfrey se programme kon kom.

Altyd vir my snaaks as ek lees van paartjies wie se saamlooppaaie ná jare net in aparte rigtings begin vurk - hoe die liefde op 'n dag eenvoudig oortollige bagasie begin raak het - 'n onnodige kruk - hoe dit iewers tussen kinders grootmaak, verband- en motorpaaiemente bybring, die beplanning vir aftrede en die duurder wordende mediesefondsbydraes en verwelkte libido's verlore geraak het. "Ons het net niks meer oorgehad om vir mekaar te sê nie, het verby mekaar geleef," is die standaard-wat-kan-ek-daaraan-doen-respons wat jy altyd kry as jy wil weet wat verkeerdgeloop het. Die liefde van 1 Korinthiërs 13 is in die huidige samelewingsopset so uitgedien soos Kersvader en drome.

Jy moet leer om die lyf en liefde van mekaar weg te hou. Gelukkig het ek vroeg die onderskeid kon maak. Met gretige en sweterige hande het ek DH Lawrence se Lady Chatterley's Lover saans onder die matras uitgehaal en stukkie vir stukkie ingepalm. Ironies genoeg is dit nie die sensuele gedeeltes en die pragtige passasies Hooglied-agtige beswyminge wat my bygebly het nie, maar eerder die meedoënlose gewaarwordinge van die manlike karakter net nadat hy die vroulike karakter beken het: "Yes, this was love, this ridiculous bouncing of the buttocks, and wilting of the poor, insignificant, moist little penis. This was the divine love!" (p 179).

In daardie twee en 'n half reëls word die mens uitgebeeld vir dit wat hy werklik is - die patetiese aap in God se skepping.

Hier na die einde van verlede jaar toe het Leonard Cohen (seker die briljantste eksponent van die sad song - of soos Beeld se Plus-bylae dit so gepas vertolk as "seer-sang" - sewentig jaar oud geword en Kobus Burger het 'n paar weke gelede 'n korterige artikel oor sy oeuvre en oor sy jongste vrystelling geskryf.

Self is ek sinies oor die liefde - weet nie of ek dit finaal moet afskryf nie - maar Cohen sing my so nou en dan met sy goue stem in 'n hoek vol vertwyfeling vas:

I loved you for a long long time.
I know this love is real.
It don't matter how it all went wrong.
That don't change the way I feel.
And I can't believe that time's gonna heal this wound that I'm speaking of.
There ain't no cure for love.

I'm aching for you, baby.
I can't pretend I'm not.
I need to see you naked in your body and your thought.
I've got you like a habit and I'll never get enough.
There ain't no cure for love.

There ain't no cure for love.
There ain't no cure for love.
All the rocket ships are climbing through the sky,
the holy books are open wide, the doctors working day and night, but they'll never ever find that cure for love.
There ain't no drink, no drug,
there's nothing pure enough to be a cure for love.

I see you in the subway and I see you on the bus.
I see you lying down with me. I see you waking up.
I see your hand, I see your hair,
your bracelets and your brush.
And I call to you, I call to you,
but I don't call soft enough.
There ain't no cure for love.

I walked into this empty church.
I had no place else to go.
When the sweetest voice I ever heard, whispered to my soul.
I don't need to be forgiven for loving you so much.
It's written in the scriptures.
It's written there in blood.
I even heard the angels declare it from above.
There ain't no cure for love.

Die ware liefde is dié wat nooit gevind word nie, die liefde wat die groot verlange bly, die leegte wat nooit gevul sal word nie, die hunkering wat gegroei het ver verby net die lus van die lyf.

Loop ons nie almal met die letsels van die liefde in ons siel nie, met die kiem van verlies geplant in ons gene nie?

Ek het nie die antwoorde nie … miskien moet ek maar weer hierdie jaar vir iemand rose stuur … miskien moet ek weer probeer glo.

Verwysings

  • Die Yahoo-soekresultate is verkry soos op 31 Januarie 2005 ongeveer 17h25.
  • DH Lawrence, Lady Chatterley's Lover, Penguin Books, p 179.
  • Lirieke van "Ain't no cure for love" van Leonard Cohen se CD I'm your man.




LitNet: 10 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie rubriek? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.