SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskoolArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Wat is SkryfNet
SkryfNet I SkryfNet II SkryfNet III

Henning PieterseTerugvoer deur Henning Pieterse

Tweede verslag

Drie lewens te koop deur Ilse van Wyk
Fontein Marchelle van Zyl
(.) in f8 deur Pierre du Toit
Skaapkop deur Hannes Lotter
Die val van oom Willem deur Madelein Smit

Al vyf die verhale is vir my nou meer afgerond, meer vaartbelynd en die meeste stilistiese slordighede is verwyder. Soos met die eerste ronde, verskaf ek telkens algemene kommentaar en dan spesifieke voorstelle.

Drie lewens te koop deur Ilse van Wyk

Ek hou van die uitbreiding op die slot; dit maak ’n paar nuwe betekenisvlakke oop.

Voorstelle

Behou dalk die oorspronklike titel - “Drie lewens”. Die vaagheid werk vir my beter.

Al hou ek van die nuwe slot, voel ek dat die Griek (en sy milieu) dan bietjie meer “diepte” moet kry - hy is immers nou die fokuspunt. Dalk kan die kafee as ’n tipe “grot” omskryf word aan die begin - om die “uitsigloosheid” van die Griek se lewe te versterk?

***

Fontein deur Marchelle van Zyl

Die gebruik van ’n alomteenwoordige vertelperspektief werk vir my goed. Daar word wel effe ingeboet t.o.v. die onmiddellikheid van ’n ek-verteller in die eerste weergawe, maar die wins is geloofwaardiger spronge tussen die snitte.

Voorstelle

Die taalgebruik van die middelste snit teenoor die twee “buitenste” snitte hinder my steeds. Die eerste en derde snit bevat dramatiese, formele en liriese effekte, teenoor die sleng van die middelste snit. My voorstel sou steeds wees om die styl deurgaans dieselfde te hou - na die een of die ander kant toe.

Tydsgebruik: “Sy sê niks. Stap nader ...” Verlede tyd?

***

Vasgevang in f8 deur Pierre du Toit

Die skets is vir my nou nog sterker en beter as wat dit was. Ek het eers bedenkinge gehad oor die gebruik van paragrawe (teenoor die eerste weergawe se aaneenlopendheid), maar die tipografie sluit aan by die “gevange” effek. Die slotfokus op die fotograaf as ’n byna “bonatuurlike manipuleerder” werk ook vir my goed.

***

Skaapkop deur Hannes Lotter

Die tweede weergawe is goed “skoongemaak” en lees vir my baie beter as die eerste. Die dramatiese effek is oor die algemeen beter a.g.v. effektiewer en kragtiger sinne. Die slottoneel is ook meer outentiek.

Voorstelle

“Gholfs”?/Golfs?

Tydsaanduiding: “Selfs die parkering by die St James Hotel was anoniem”?

“Ek offer my sigarette in hul rigting.” ’n Mens bring ’n offer; jy bied sigarette aan.

Tydens die vorige ronde het ek ’n bonnet ter sprake gebring. Nadat ek weer al die Afrikaanse motor-terme (“vastrapewenaar, palwissel-transmissie”, ens.) gelees het, wonder ek of daar nie maar van “enjinkap” gepraat moet word in die laaste sin nie?

***

Die val van oom Willem deur Madelein Smit

Die verhaal lees minder rukkerig, verduidelikend en prekerig as wat die geval was in die eerste ronde.

Voorstelle

Ek het meer gehou van die oorspronklike titel. “Die val van oom Willem” is wel meer dramaties (met die konnotasie van ’n politikus of maghebber), maar m.i. te “finaal”; in die verhaal self word die indruk nie geskep dat dit oom Willem se laaste val is nie. My voorkeur sou iets wees soos: “Vrugte vir oom Willem” of “’n Skottel vrugte vir oom Willem”. Die skrywer moet self hieroor besluit.

“Indeguikte” wang.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.