SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

’n Kalahari.net resensie

Die mense wat so rou is
Koop nou
Zenobia Kock se Die mense wat so rou is het waarskynlik heelparty tannies in hulle tee laat stik met haar op-die-man-af-beskrywing van die lewe op ’n klein Karoo-dorpie. Boonop is dit ’n spanningstorie wat mens nie kan neersit nie.

Ons is almal nog rou

Elmari Rautenbach

Titel: Die mense wat so rou is
Outeur: Zenobia Kock
Uitgewer: Human & Rousseau

Predikantsvrou op Colesberg, grootgeword op Wesselsbron, “sluiper” gewees op universiteit, maar die lewe leer ken in Hillbrow. Dit, in ’n neutedop, is Zenobia Kock se lewe.

Boonop wou sy met haar debuutroman, Die mense wat so rou is, “’n John Grisham-styl whodunnit skryf, so ’n lekker ingewikkelde speurstorie”.

Wat sy wel reggekry het, is om die ongewone agtergrond van vier NG-pastorieŽ te gebruik vir ’n speurverhaal, of eerder ’n wat-het-geword-van?.

Kortliks is die storie diť van die raaiselagtige verdwyning van ’n enigmatiese plaasvrou Anna Brown, een wat saam met haar man as politiek baie konserwatief beskou is, maar tog alles in hulle vermoŽ gedoen het om die leef-omstandighede van hulle swart arbeiders te verbeter.

Die geneuk kom in wanneer die speurders sommer reg aan die begin van die verhaal besef: nie minder nie as vier predikante is by die verdwyning betrokke — oftewel soos dit in die boek se voorwoord staan: “Hulle het bloedmerke op die een predikant se motor gekry, en haar spore in die ander predikant se tuin. Sy het een van haar geslagte hoenders by die bruin predikant afgegee, en die swart predikant het haar die laaste lewend gesien.”

En net daar “is die hel los”.

Voeg nou by diť resep ’n vrydenkende, nuuskierige pastoriemoeder as snuffelende hoofkarakter en jy’t sukses — soos reeds bewys in die boek se verskyning op die toptien-verkooplyste.

Vreemd genoeg keer Zenobia dadelik toe ek haar laat een Saterdagmiddag bel en wou weet of dit ’n geval is van stille waters, diepe grond? Nee, sy wou glad nie ’n “dieper” boodskap van verskeurdheid binne kerk-geledere stuur nie Ö Nog minder die indruk skep dat haar en die boek se ruimte ooreenstem en Colesberg daarom konserwatief en vol draadwerk is.

“Colesberg is van die meer liberale dorpe op die platteland. Waarskynlik te danke aan die voortdurende blootstelling aan stedelinge. Toe daar laas getel is, was hier tussen 2 000 en 3 000 beddens op Colesberg.”

Sy’t ’n effens nasale stem en praat tydsaam, soos iemand wat gewoond is aan dink voor sy praat.

Haar grootworddorp, Wesselsbron in die Noordwes-Vrystaat, was “diep platteland. G’n Engels nie.” Haar ouerhuis was baie konserwatief, wat nie gekeer het dat sy in haar tienerdae as ’n volbloed-rebel ontpop het nie.

“Ek het op hoŽr skool tot bekering gekom en kon nie aanvaar dat daar wette is wat swartmense ons kerk verbied nie. Ek wou weet waar staan dit in die Bybel? Wie sÍ dis ’n wet om te gehoorsaam? Ek en my pa het heftige gevegte gehad, maar tot sy ewige eer moet ek sÍ hy was nie die soort pa wat sou sÍ ‘sjarrap’ nie.

“My ouers was anders as my maats s’n. Hulle was al oud toe ons gebore is en ek was die oudste van drie dogters. Ek onthou nog hoe my pa toe ek klein was my gehelp aantrek het om betyds te wees vir skool. Daar was niks van ’n outokraat in hom nie. Hy kon vreeslik kwaad word, ja, maar het nie ’n onderdrukkende persoonlikheid gehad nie. Hy en my ma is sewe jaar gelede, ’n jaar nŠ mekaar, dood.”

NŠ skool is Zenobia na die Burgerlike Beskermingskollege op George vir ’n jaar.

“Patriotisme was ’n prioriteit in ons huis en daarom was dit altyd net aanvaar dat ek sou gaan. Miskien goed ook, want daar het ek te doene gekry met ’n kolonel Hilda Botha, wat beslis nie jou tipiese onderdrukkende Weermag-persoonlikheid was nie. Sy was my eerste ervaring van ’n meerdere wat my aangemoedig het om onafhanklik te dink boonop binne die Weermag-kultuur.”

Op universiteit in Bloemfontein “was ek maar ’n redelike sluiper. Joernalistiek gaan doen, maar gou besef ek’s altyd laaste om van kyse te hoor. Ek sal nooit ’n joernalis kan wees nie, en toe maar marknavorsing gaan doen in Johannesburg,

“DŪt was ’n ervaring. Jy moet onthou, ek kom van ’n plek af waar ek my hele lewe lank te doene gehad met geen swart mense nie, behalwe eenvoudige, ongeletterde plaasarbeiders. En hoewel ek geweet het die landswette strook nie met wat ek glo die Bybel ons wil leer nie, was dit vir my moeilik om my in te dink in ’n situasie waar swart mense kan stem en landsbesluite neem. Ek het geen verweer gehad wanneer mense op my dorp daardie argumente na my gegooi het nie, want ek het self nie sulke mense geken nie.

“Maar in Johannesburg het ’n swart vrou my geleer op om op die rekenaar te werk. Dit was vir die wonderlik snaaksste ding. Ek wou swart en bruin mense op sosiale vlak leer ken. Ek het doelbewus uitgereik, en waar ek gebly het, was dit maklik.

“In Berea het almal daardie tyd deurmekaar gewoon. Dit was nog ’n opvoeding: die mense wat so ongetroud saamwoon. Ek het so iets glad nie geken nie. Hillbrow en Berea was daardie tyd eintlik soos ’n klein dorpie waar al die jongmense van die plase af kom woon het as hulle Johannesburg toe kom. Ek het kerk toe gegaan in Hillbrow en het nou nog kontak met mense wat ek daardie jare leer ken het.”

Maar in ’n stadium het sy gedink sy moet maar ’n paar polisse koop en haar huis in orde kry, dalk teruggaan, want ’n man sal sy nooit kry nie. En toe loop sy haar man raak, ’n hulpleraar by die AasvoŽlkop-gemeente en vandag woon hulle saam met hulle dogtertjie van tien op Colesberg as predikantspaar van die Verenigde Gereformeerde Kerk.

Een kenmerk van Die mense wat so rou is is die warmte en empatie waarmee die verskillende karakters op so ’n tipiese Karoo-dorpie uitgebeeld word. Daar is “die plaaslike ateÔs”, die Moedergemeente se predikantsvrou wat as “’n effens onnet hamster” beskryf word, die igqirha met ’n sin vir humor, die bedonnerde tienerseun, die koppige bruin dogtertjie, Fyfie, wat net twee woorde ken: “nee” en “self”. En almal word saamgebind deur jare se misverstande en stereotipe aannames wat pynlik reggestel moet word.

Daar is die aparte teekoppies in die wit huis vir nie-wit besoekers — darem volledig — en die botheid van die swart predikant teenoor die bruine. Daar is die ma en pa wat glo hulle kan hulle kind beskerm teen die gevolge van ’n verskriklike ongeluk, maar sake dan net onkeerbaar vererger.

As Zenobia moes sÍ daar is een tema wat sy met Die mense wat so rou is wou uitdra, sÍ sy is dit dat “blankes nie verstaan hoe swartes voel nie”. Sy verwys na die debat tussen Christina Landman en Nico Smit, en prof Strauss, die Moderator van die Vrystaatse Sinode.

“Die NG Kerk verstaan nie wat ons aan die mense gedoen het nie — wit en swart. Maar dit klink nou of die boek diep polities is. Dis nie. Ek wou bloot skryf wat ek om my sien en hoor. Wat mense seer maak, wat mense laat lag.

“Die grootste sonde, dink ek, waaraan ons wit mense skuldig is, is die afstand wat ons tussen ons en ander mense ingebring het. Die werklikheid van ons land is dat dit baie, baie jare sal vat om daardie afstand te oorbrug. Ons is nog rou as dit kom by kennis van mekaar.”

Net voor ek aflui, praat ons oor kinders en die boeke wat hulle lees. Zenobia wil weet wat dink ek van Harry Potter. Op my geesdriftige antwoord bly sy ’n rukkie stil en sÍ dan: “Ek het al almal gelees, maar is nou eers besig om navorsing te doen oor die betekenis van die simbole. ’n Mens moet niks net op sigwaarde aanvaar nie.”

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.