SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Kleinboer se debuutroman laat die lus deur jou lyf loop

Yvonne Beyers

Klik op boekomslag om by kalahari.net te bestel! 20%-afslag tot 9 Februarie!

Bestel nou by kalahari.net!
Kontrei, deur Kleinboer. Praag, 2003.
(Slapband, 240 bladsye, ISBN: 0958463549. R 130 (R 104 tot 9 Februarie!)

’n Mens kan nie anders as om met spulse, sweterige vingers oor die reinwitte voorblad van Kontrei te vee wanneer jy dié boek laatnag vir die eerste keer onder die komberse beetkry nie. Al die vooraf geskinder en gewonder oor die gereelde SêNet-briefskrywer Kleinboer se debuutroman laat die lus deur jou lyf loop soos wanneer jy wag vir die middernagtelike spoft porn movies op e-tv. Ek het laas soveel perverse opgewondenheid en koorsige skuldgevoelens ervaar toe ek op laerskool Blue Lagoon skelm uitgeneem het en gewag het vir my ouers om by die bure te gaan braai voordat ek dit met groot oë en geklemde hande in hul bed lê en kyk het.

Kontrei se agterblad beskryf die outobiografiese hoofkarakter as ’n “seksmal hoerloper wat as blanke die geselskap van swart prostitute verkies”.

Die Afrikaanse media het — oudergewoonte — gewaarsku dat dié “omstrede boek” se eksplisiete inhoud konserwatiewe lesers verontwaardig en geskok sal laat stik.

Die Engelse media het — oudergewoonte — geproes oor die sogenaamde herrie wat die boek in Afrikaanse kringe veroorsaak het.

Vermoedelik sal berigte soos dié veroorsaak dat die boek soos Playboys van die winkelrakke opgeraap word en dat Kleinboer ’n best-selling author word nog voordat sy volgende brief op LitNet verskyn.

Hoe dit ook al sy, na die eerste paar bladsye van Kontrei raak jy so verlore in Kleinboer se nostalgiese terugflitse na sy kinderdae en sy gevoelvolle dokumentasie van die alledaagse, dat jy nie eens oplet dat sy seksuele avonture in Johannesburg se middestad nié flikkeringe in jou lendene laat opvlam nie.

Ek lees nou die dag iewers: “Sex is primarily an in joke” — ’n verklaring vir waarom sekspraatjies tussen vriende nooit so interessant is soos dit op Sex in the city klink nie. En vir hoekom dit vervelig raak wanneer couples vertel wat hulle in die donker vir mekaar fluister. So wanneer Kleinboer vertel hoe hy in diverse posisies in Hillbrow se bordele kom, is sy erotiese eskapades meer amuserend as skokkend, meer Huisgenoot as Hustler.

Ná die soveelste stamp, pomp en stoot begin die seks (selfs teen R80 ’n keer) roetine raak en is die dirty talk tussen die boer in beton en sy eksotiese bedmaats net so skadeloos soos die dialoog op 7de Laan.

En tog is Kontrei so vermaaklik en lekker geskryf dat jy dit vir jou vrinne wil voorlees, dit in jou handsak wil ronddra om te lees terwyl jy in Shoprite in die ry staan en wag, en telkens ’n mental note maak om een van die staaltjies op die volgende party te vertel.

Kontrei begin as ’n brief aan Kleinboer se broer, “Sarel Sambok”, en ontwikkel in ’n string sketse en vertellinge oor gewone dinge — eet, drink, vry, stry, tuinmaak, kakpraat, reis, werk toe gaan, winkel toe gaan, sonde met die bure, frustrasies, irritasies, wroegings en woedebuie.

En tussenin lê herinneringe aan Kleinboer se kleintyd, opmerkings oor arbitrêre aktuele sake, aanhalings uit boeke en musiek en Spreuke uit Die Bybel. Dié random gedagtes word so slim ineengevleg dat wat Kleinboer vir middagete sluk, of waar hy die volgende plantjie in sy tuin in die grond druk, net so poignant en/of boeiend raak as die drifte en demone wat in sy kop en lyf woed.

Sy plofbare en interafhanklike verhouding met Lungi, wat “nie sal verstaan as (hy) in Afrikaans sê (sy) babelaas het die afmetings van ’n woestyn nie, nes (hy) nie sal kop as sy in Zoeloe praat oor haar pa se graf op Ixopo nie”, verklap dat die man wat ekstase in vreemdelinge se arms gaan vind, méér is as net nog ’n naaimasjien. “Al het ons nie genoeg gemeen nie, en gesels ons te min, gee dit my ’n warm gevoel om haar (Lungi) agter die stoof te sien,” verduidelik Kleinboer. “My een muse is ’n hoer, die ander een ’n huisvrou.”

Dit bly ’n oop vraag hoekom Kleinboer bykans die ganse salaris wat hy by ’n rekenaarfirma verdien, in vreemde hotelkamers “uitspuit”. Is dit die bliksemstrale wat in sy binnekamer trek? (Ná ’n twis met Lungi dreig hy: “My revenge will be to fuck around and WRITE ABOUT IT.”) Is sy “gerondfok ’n simptoom van diepe selfsugtigheid”? Is dit omdat hy as jong man nie “kon deurbreek na die asters nie”? Of lê die clue in die aanhaling uit ’n William Gibson-kortverhaal wat hy lees: “What else did he have to steer by? He didn’t love money, in and of itself, not enough to follow its lights. He wouldn’t work for power over other people; he hated the responsibility it brings. He had some basic pride in his skill, but that was never enough to keep him pushing. So he made do with women.”?

Of dalk identifiseer hy met die man wat Jim Rose tydens ’n performance beskryf:

“And he pulled himself to the top of the abortion bucket, and he crawled down the hospital corridor, and out on the streets he gave blowjobs to everyone just to get something warm in his stomach.”

Is dit die soeke na liefde en aanvaarding wat sy testosteroonvlakke laat styg, of wys hy bloot “soos die Hillbrow-toring” ’n middelvinger vir die waardestelsel waarmee hy grootgeword het, die samelewing wat tog so hard probeer om netjies en skoon en versigtig en ordentlik te wees?

Kleinboer is die tipe man met wie jy nagte om in ’n kroeg wil kuier: een wat (vreesloos?) woon in Yeoville, waar hy met ’n panga en rewolwer onder die bed slaap, wat erken hy moet sy ereksie soms by die werk agter sy das versteek en wat besef: “Don’t count on anyone to come and rescue you; the rescuers have been ambushed and killed.”

Maar hy is ook die tipe man wat die spelfoute in prostitute se graffiti met ’n rooi pen regmaak en nie omgee om ná ’n sweetsessie tussen die lakens na Days of our lives op die televisie te lê en kyk nie, wat nie veroordeel wanneer sy pa vir hom skryf: “Jy het my aan die kruis vasgespyker” wanneer hy sy ouers laat weet hy het met ’n swart vrou getrou nie. Die tipe man wat als bevraagteken, maar bittermin nie aanvaar en vergewe nie.

Kontrei is ’n great boek. Een wat verdien om gehou en aangehaal te word lánk nadat jy van die Hustlers onder jou bed ontslae geraak het.



6 Februarie 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.