SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

  Raylentia Simmons
is ’n Honneursstudent in Joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy is gebore en getoë in Pearston in die Oos-Kaap, voordat sy besluit het om haar heil in die Wes-Kaap te soek. “Hoewel ek voorheen ’n onderwyser was, weet ek nou dat die enigste ding wat ek wil wees, ’n joernalis is.”

Probeer hard om te vergeet

Raylentia Simmons

“Miskien was ek paranoïes, maar ek het elke woord, elke gebaar van wit vriende met skeptisisme bejeën. Ek kon nie glo dat hulle opreg kon wees nie. Maar mettertyd het ek agtergekom dat hulle nét so onseker soos ek was - miskien nog meer so, omdat alles nou in die ope was.”

As ’n mens hard genoeg probeer, word dit makliker om te vergeet dat Apartheid ooit bestaan het. Jy sit in ’n klas saam met mense wat uit ander kultuurgroepe as jy kom en julle raak so gewoond aan mekaar dat dit nie saak maak watter velkleur die ander mens het nie. Julle wroeg saam oor navorsingsvoorstelle wat Grieks klink, julle voel saam te na gekom oor punte wat vir simpel foute afgetrek word, en oor ’n glasie rooi wyn vergeet julle saam van die volgende deadline.

Dan, ewe skielik, kom iemand soos Sampie Terre’Blanche en ruk jou uit jou stoel van gemaklikheid waaraan jy net begin gewoond raak het en herinner jou aan die ongelykhede waarin mense gedwing is om te lewe. Jy kyk na ’n video wat heet Apartheid did not die en jy word gekonfronteer met die pyn wat mense elke dag moes deurmaak — en steeds deurmaak — en jou hart word so swaar soos ’n klip.

As ’n kind wat in Pearston gebore is en opgegroei het, het ek perfekte kinderjare beleef. Omdat ek omring was deur die liefde en veiligheid van my familie en vriende, kon niks leliks my wêreld binnedring nie en het dit ook nie. Selfs die feit dat ek my pa op sewejarige ouderdom verloor het, kon nie my sekuriteit skaad nie.

Ek kan nog die presiese dag onthou toe ek die eerste keer van Apartheid gehoor het. Dit was die tyd van die halssnoermoorde in die vroeë tagtigs. Ons het na die aand se nuusbulletin oor TV gekyk, en ek het in kinderlike onskuld gevra: “Hoekom maak hulle dan so?” My ouer broer se antwoord was: “Dit is Apartheid.”

Dit was eers later toe ek ál meer gewonder het oor sekere dinge. Soos hoekom ons tuinier, ’n swart man, nie later as ’n sekere tyd by ons kon wees nie. Hoekom wit mense as “baas” en “miesies” aangespreek is. Hoekom hulle die beste van alles gehad het en ons nie. Hoekom ons nie toegelaat is om in ’n sekere deel van die dorp te kom en te woon nie …

Toe ek in die vroeë negentigs op hoërskool was, kon ek nie anders as om deeglik bewus te raak van die ongelykhede in ons land en my eie gevoel van woede en magteloosheid nie. Toe ek in 1994 die eerste keer Stellenbosch toe gegaan het, het ek in my naïwiteit geglo dat dinge in die land ten beste verander het. Die onderliggende babbelas van Apartheid was egter nog daar.

Miskien was ek paranoïes, maar ek het elke woord, elke gebaar van wit vriende, met skeptisisme bejeën. Ek kon nie glo dat hulle opreg kon wees nie. Maar ek het mettertyd agtergekom dat hulle nét so onseker soos ek was — miskien nog meer so, omdat alles nou in die ope was.

Nou, tien jaar later, is ek ouer en hopelik wyser, en by nabetragting kan ek dinge sien soos dit was. Dit beteken nie dat ek alles vergeet het wat gebeur het nie, maar dit beteken ook nie dat ek Apartheid op elke wit gesig sien nie.

Ons land is nog ver van perfek en miskien sal dit ons nog tien jaar neem voordat dinge in die ware sin van die woord verander het. Die tekens van verandering is oral om ons en ons kan daarin moed skep; en eendag, dalk eendag, sal ons kan sê: “Apartheid is dead. May it rest in pieces!”

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.