LitNet: SeminaarKamer
SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die debat oor vryheid van spraak woed die laaste tyd in die kuberruim en in die dagblaaie. 'n Onlangse artikel deur Dan Roodt, getiteld "Adapt and die - SA's new motto", het as e-pos in die kuberruim gesirkuleer en heelwat mense die harnas in gejaag. Op grond daarvan het daar 'n versoek gekom vanuit universiteitsgeledere by die US dat Dan Roodt verbied word om by vanjaar se Woordfees op te tree.

In die lig van bogenoemde polemiek bied LitNet Die waar plak jy die pleister-seminaar. Wanneer bedreig jou vryheid van spraak ander se menseregte? Hoe sensitief is ons in openbare gesprekke binne 'n multikulturele samelewing? Hoe onsensitief mag ons wees? En wat van openbare gesprekke wat in die virtuele ruimte geskied? Wanneer raak vryheid van spraak gevaarlik en hoe behoort mens dan op te tree?

LitNet nooi verskeie meningsvormers om kommentaar te lewer. Stuur 'n e-pos na webvoet@litnet.co.za.

Dorothea van Zyl
"Die beginsels wat hier genoem is, kan almal goed gemotiveer word. Hulle berus op 'n jarelange studie van en liefde vir die letterkunde. In die lig hiervan kon die Woordfees slegs die volgende besluit: Die versoek om deelname aan Dan Roodt te weier, word van die hand gewys. Maar ons hoor graag of ander mense dieselfde dink. Het hierdie soort beginsels ouderwets geraak? Geld ander norme tans?"
Klik hier vir haar bydrae
Klik hier vir haar antwoord aan Max du Preez (25/02)
Jaco Botha
"Ja, ek weet, Dan irriteer ook die blou kak uit my uit, maar indien ons hom nie op 'n openbare forum gaan teenstaan nie, gaan sy opinie gelees word as die opinie van die Afrikaanse gemeenskap - dis sy manier van werk. Dit kan ons nie toelaat nie - daarvoor het ons alreeds 'n te lang pad gekom."
Klik hier vir sy bydrae
Johan Pienaar
"Vryheid van spraak is ‘n absolute reg. Soos die reg op lewe is dit ‘n reg wat net sinvol is indien dit nie afgewater word nie. Dis net so sinloos om die reg op vryheid van spraak te temper met ‘n bietjie sensuur as om die reg op lewe te temper met ‘n bietjie moord."
Klik hier vir sy bydrae
Chris Warnes
"What kind of message does this send out about Stellenbosch University? However adversarial the interview, however unsympathetic the audience, the point remains that granting Roodt an opportunity to talk about language and culture at Woordfees graces his points of view with a legitimacy that they most certainly do not deserve."
Klik hier vir sy bydrae
Anton van Niekerk
"Ek glo in akademiese vryheid en die vryheid van spraak. Dan Roodt is dit beswaarlik werd om daardie belangrike beginsel in die gedrang mee te bring. Om nou sy uitnodiging te kanselleer, sal boonop swak maniere wees, en ja, ek glo 'n mens moet goeie maniere hê, ook teenoor iemand wie se optrede dit nie altyd maklik uitlok nie."
Klik hier vir sy bydrae
Deborah Steinmair
"Die soort waansin wat ons in Suid-Afrika beleef, weerspieël die siekte van die samelewing as ‘n geheel, nie een sektor, ras of geslag nie, Dan. Een en almal is aandadig. Kuikens word groot en kom huis toe om nes te maak. Die goedige oom Verwoerd en die landjie wat rustiger as Switserland was, is ‘n vals wit herinnering."
Klik hier vir haar bydrae
Christo Viljoen
"In hierdie strewe staan debatvoering sentraal: ‘n rasionele, wetenskaplike beoordeling van alle feite wat op die tafel geplaas word – ook dié dogmas en teorieë wat lynreg indruis teen jou eie (aanvanklike en dikwels veranderlike) oortuigings en standpunte. Om beperkings daarop te plaas om dit aan te hoor, sou beteken dat die kampus vergelyk kan word met ‘n bek-en-klouseer kwaratynvrye enklawe. En dít is geen universiteit nie."
Klik hier vir sy bydrae
Dan Roodt
"Nietemin sal niemand en niks my van die Woordfees af weghou nie, al swig prof. Chris Brink nou ook onder die druk om my daar persona non grata te verklaar en ontbied hy die onluspolisie as ek opdaag. Nou onlangs is ek met geweld van die galery in die Pretoriase raadsaal verwyder ..."
Klik hier vir sy bydrae
Martie Meiring
"Dis juis omdat die US so openlik die groot debat rondom Bram Fischer gehanteer het dat respek vir die universiteit gehandhaaf en selfs uitgebou is. Moenie dat, met watter motiewe ook, iets soos ‘n kulturele geleentheid soos die Woordfees besoedel word deur te suggereer dat die universiteit nie die oop debat kan ondersteun nie."
Klik hier vir haar bydrae
Joan Hambidge
"'n Mens sou steeds wou weet: hoe het dit gekom dat die indertydse aweregse, anargistiese Dan Roodt met sy nul-uitsprake beweeg het na die aktivistiese, uitdagende taalaktivis met oeroutydse uitsprake oor die toekoms van Afrikaans en die Afrikaner. Hoe versoen hy hierdie teenstrydighede in sy denke?"
Klik hier vir haar bydrae
Ampie Coetzee
"Ek wil Dorothea van Zyl gelukwens met haar standpunt. So behoort letterkundiges – wat al gelees het van die gruwelikste wandade, maar ook van die hoogtepunte van die mens se denke en handelinge – te reageer op die Groot Verbod. "
Klik hier vir sy bydrae
Clinton V du Plessis
"Ek sou eerder wou sien dat die groep wat Roodt nie by die fees wil hê nie, sy essay krities moet ontleed, wys waar sy statistieke en aannames verkeerd is (indien wel), sonder om net op die gemaklike Roodt-is-‘n-rassis-wa te klim. "
Klik hier vir sy bydrae
Andries "Roof" Bezuidenhout
"‘n Mens kan verstaan hoekom Suid-Afrika ‘n gevaarlike plek is. Dit het die potensiaal om ‘n wonderlike land te wees, maar dit het ook die potensiaal om weer langs Bosnië en Rwanda in die geskiedenisboeke te gaan staan. ‘n Mens moet versigtig wees in só ‘n plek. Ons het baie wonde wat nog moet genees."
Klik hier vir sy bydrae
John Miles
"Daarom is die antwoord van die Woorfees-organiseerders verblydend. Gelukkig het Dorothea van Zyl nie soos Nadine Gordimer destyds in die politieke grys gat getrap nie. Uit haar antwoord moet ook afgelei word dat dit volgende keer nie so maklik sal wees om moontlik “omstrede” te wees nie."
Klik hier vir sy bydrae
Max du Preez
"Ek sou natuurlik verkies dat julle sy uitnodiging terugtrek, maar daaroor het ek geen seggenskap nie. In elk geval, ek sien Roodt sê hy gaan opdaag, al is hy nie genooi nie. Dit sal sekerlik net in 'n tipiese Roodt-sirkus ontaard en hom net meer publisiteit gee. Ek is baie jammer, maar ek onttrek my hiermee aan die Woordfees."
Klik hier vir sy bydrae
Klik hier vir Max se tweede bydrae
Amanda Gouws
"My persoonlike mening oor baie van Dan Roodt se skrywes is dat ons hopeloos te veel aandag daaraan gee. Ignoreer dit eerder met die minagting wat dit verdien. Om Roodt soveel ruimte in die media te gee, wakker myns insiens net sy absurde skrywes verder aan."
Klik hier vir haar bydrae
Johrnè van Huyssteen
"My persoonlike mening oor baie van Dan Roodt se skrywes is dat ons hopeloos te veel aandag daaraan gee. Ignoreer dit eerder met die minagting wat dit verdien. Om Roodt soveel ruimte in die media te gee, wakker myns insiens net sy absurde skrywes verder aan."
Klik hier vir sy bydrae
Jason Lloyd
"As hy rassisties is, laat hom wees. As hy haatspraak uiter, laat dit so wees. Hy is geen faktor nie. Net 'n verveelde man wat die swart regering wil wegwens. Geen Suid-Afrikaner wat werklik getroud is met die nuwe orde, sal toelaat dat Roodt hom of haar van stryk bring nie."
Klik hier vir sy bydrae
Annie Gagiano
"Dorothea van Zyl insists on the “autonomy” and “independence” of the Woordfees and suggests that it foregrounds the interests of “writers” within a society that does not usually (in her view) accord authors a sufficiently “prominent position”. These remarks use expressions in the same unqualified way as the way in which the phrase free speech is being bandied about."
Click here to read her contribution
Yvonne Malan
"This is not a “Ban Dan” campaign, but a question of “Not in My Name”. Roodt, unlike Van Zyl argues, is not known as an author but as a “taalstryder” of the worst kind, spewing hatred against black South Africans and those who don’t agree with his far-fetched take on reality."
Click here to read her contribution
Jan-Jan Joubert
"Daarom doen prof Dorothea van Zyl en haar mense by die Woordfees die regte ding om nie in te gee op die drang om sensuur nie, en maak dit mens bly om te sien die Universiteit van Stellenbosch respekteer die fees se besluit. Kom ons hoop Roodt weet wat sy teenwoordigheid van sy gasheer verg, en stel dieselfde ordentlikheid ten toon."
Klik hier vir sy bydrae
Addisionele bydraes:
  • Skyn sensuur en die Dan Roodt-debat, Pierre de Vos
  • Roodt's hate speech, NS Zulu
  • Korrespondensie tussen Nicol Stassen en Annie Gagiano
  • Max du Preez: Jammer, suster, jou onderrok hang uit!
  • Marlene van Niekerk: Waarom ek onttrek
  • Pieter Duvenage: Is 'n saaklike debat met Dan Roodt moontlik?
  • boontoe / to the top


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.