SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Pia Nänny   Pia Nänny
is op 31 Mei 1981 in Kaapstad gebore, maar het grootgeword in die oostelike voorstede van Pretoria. Ná matriek het sy teruggekeer na die suide, waar sy ’n BA-graad in Internasionale Studie aan die Universiteit van Stellenbosch behaal het. Sy studeer tans vir ’n BPhil in Joernalistiek aan die US.

Sou ek gesien het wat gebeur?

Pia Nänny


“My lewe het ná die verkiesing aangegaan soos voorheen. My grootste grief teen die nuwe regering was dat my verjaarsdag — 31 Mei (Republiekdag) — nie meer ’n vakansiedag was nie.”

In 1994 het my pa, saam met miljoene swart Suid-Afrikaners, die eerste keer gestem. Uit vrees dat hy sy Switserse paspoort sou verbeur, het hy tot toe gewag om aansoek te doen om Suid-Afrikaanse burgerskap.

In David Kramer en Taliep Petersen se musiekblyspel In the Days of District Six sing ’n vrou:

They take a man from another land
They give him a passport, they shake his hand.
But me, I was born here and that’s a fact.
Why bulldoze ME with the Group Areas Act?

Ek was twaalf in 1994 en op die dag van die verkiesing net baie dankbaar dat ek nie skool toe hoef te gegaan het nie. Sonder om te besef dat ek besig was om geskiedenis in wording te aanskou, het ek die grootste deel van die dag op die “lazy boy” voor die televisie deurgebring en gekyk na tonele van kilometer lange rye van mense by stempunte.

My ouers het teruggekom van die stembus met stories van hoe die mense reg rondom ons laerskool — wat as ’n stempunt gedien het — tougestaan het. Anders as baie mense wat vir weke ná die verkiesing blikkieskos moes eet, het my ma en pa nie gevrees dat die land in duie gaan stort nie. My lewe het ná die verkiesing aangegaan soos voorheen en my grootste grief teen die nuwe regering was dat my verjaarsdag — 31 Mei (Republiekdag) — nie meer ’n vakansiedag was nie.

Ek het grootgeword en skoolgegaan in die oostelike voorstede van Pretoria. In ’n hoërskool van oor die 2 000 leerlinge was daar min sogenaamde anderskleuriges. Met die uitsondering van ’n paar lesse en ’n afgerolde inligtingsblaadjie in st 5 oor die ontstaan van die SAKP, ANC en PAC, het ek geen kennis van die Suid-Afrikaanse geskiedenis sedert 1902 — die einde van die Anglo-Boereoorlog — opgedoen nie.

Ek was geskok toe ek uitvind dat die ANC al net so lank soos die Nasionale Party bestaan. Ek was onder die indruk dat hulle ’n klomp terroriste was wat onskuldige mense doodgeskiet het en dat ons nuwe regeringsleiers almal ’n klomp tronkvoëls was.

In st 8 het ek aansoek gedoen om as ’n uitruilstudent na Duitsland te gaan. Een van die vrae op die aansoekvorm was: Het jy al Nelson Mandela se Long walk to freedom gelees? Vasbeslote om nie NEE te moet antwoord nie, het ek deur die boek geworstel. Baie dinge het vir my duidelik begin word, onder meer die redes vir die bevrydingsbewegings se optrede en die feit dat mense soos Nelson Mandela nie as gewone kriminele beskou kon word nie. Begrip en simpatie het begin ontwikkel.

In die politiekewetenskap-klas het my feitelike kennis oor Suid-Afrika, apartheid, die regeringstelsel, die ekonomiese en klassestelsel, die opgang van die blankes en die onderdrukking van al die ander mense vinnig uitgebrei. Die feite het my laat begryp waarom apartheid verkeerd was.

Fiksie het my egter ’n kykie gegee in die harte van die mense wat onder die stelsel gely het. Die eerste keer toe ek die naam Casspirs en Campari gehoor het, het ek gedink dit klink soos Brolloks en Bittergal. Etienne van Heerden se boek het my egter beter insig in die psige van die wit Suid-Afrikaner gegee. Marita van der Vyver se Dinge van ’n kind het my op ’n ontdekkingsreis van vrae-vra-sonder-antwoord-kry geneem. The Days of District Six het die ongeregtigheid van die gedwonge verskuiwings laat blyk.

Foto’s soos die wat in The Bang-Bang Club gepubliseer is, het my oë oopgemaak. Ware verhale, soos die wat deur Antjie Krog in Country of My Skull vertel word, het my ore oopgemaak. Rolprente soos Cry the Beloved Country het die sluise oopgetrek. (Dit is op my toptien-lys van flieks waarin ek die meeste gehuil het.)

Die ongelooflike ongeregtigheid van daardie jare het ’n diep indruk op my gemaak, maar eers in die laaste paar jaar. Totdat ek sestien was, het ek nie besef dat daar ’n nasie in ons land was wat onder heeltemal ander omstandighede as ek geleef het nie. Ek het nooit ’n Whites Only-bordjie op ’n bank of deur of by ’n strand gesien nie. Voor ek begin het om in ’n sosiaal-wetenskaplike rigting te studeer, het ek nie geweet wat die struktuur of omvang van apartheid was nie.

’n Spreker in die parlement het tydens die debat oor die Waarheid-en-Versoeningskommissie se finale verslag gespot dat hy nie kan verstaan hoe apartheid so lank oorleef het nie, aangesien jy vandag niemand kan kry wat erken dat hy of sy dit ondersteun het of dat hulle daarby gebaat het nie.

By nabetragting moet ek erken dat ek heel waarskynlik daarby gebaat het. Ek sal graag wil byvoeg dat, indien ek in die tyd van apartheid geleef het, ek dit nie sou ondersteun het nie.

Dis egter maklik om vandag met ’n “righteous” houding uit te vaar oor die ongeregtigheid en onregverdigheid van daardie dekades. Sou ek die moed gehad het om tóé my stem te verhef? Sou ek gesién het wat besig was om te gebeur, of sou ek soos menige ander blanke Suid-Afrikaner knus, veilig en vooruitstrewend in my “leafy suburb” geleef het, veilig in die wete dat die staat my teen die “swart gevaar” beskerm, sonder om vrae te vra oor hóé hulle dit doen? Sou ek gedink het aan die ouers en kinders in die plakkerskampe, en soos ’n goeie NG Kerk-lidmaat — “Julle moet julle vyand liefhê” — ’n gebedjie opgestuur het vir “die wat nie so bevoorreg is soos ons nie”?

Ek is dankbaar dat my ouderdom my die verskoning bied om nie te hoef te antwoord nie ...

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.