SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

  Maja Bezuidenhout
kom van ’n druiweplaas in die Noord-Kaap en stel belang in omgewingsjoernalistiek.

Deur watter bril kyk jy?

Maja Bezuidenhout


“Ek was letterlik sprakeloos toe my stadsjapie-neef voor Mina vir my vra of die ‘hotnotskinders’ dan saam met ons mag televisie kyk. Dit was vir my die begin van ’n afgryslike openbaring van wat apartheid regtig was en steeds is.”

Ek is 22-jarige, wit blanke meisie wat op ’n plaas in die Noord-Kaap grootgeword het. En ek is nie skaam oor enige van dié feite nie. Ek onthou net vaagweg die verkiesing van ’94 waaroor daar so ’n groot bohaai gemaak is. Ek ek het toe nog nie so mooi verstaan nie.

Op ons, my vriende en oupa-hulle se plaas het ek nooit die woorde “baas”, “kaffer”, “hotnot” of white trash gehoor nie.

Ek het agterop Mina se rug grootgeword en Eveline het my Tswana leer praat. Hulle kinders het saam met ons televisie gekyk en ons het by hulle leer draadkarre bou.

Ek was letterlik sprakeloos toe my stadsjapie-neef voor Mina vir my vra of die “hotnotskinders” dan saam met ons mag televisie kyk. Dit was vir my die begin van ’n afgryslike openbaring van wat apartheid regtig was en steeds is.

Die vernedering en hartseer in Mina se oë het my gedwing om daardie aand met my pa daaroor te praat. Hoekom praat party mense nog só? Hoekom is hulle soveel anders as ons?

Video’s en boeke het my stadig maar seker antwoorde op dinge begin gee waarvan ek nie eintlik wou weet nie. Ek het skuldig gevoel, ek was skaam om deel te wees van die onmenslike Afrikaner, nog erger, ek was ’n BOER se kind.

Soos ek geleidelik uit my onskuldige, naïewe wêreld beweeg het, is die skuldgevoel stadig maar seker deur iets veel ergers vervang — woede. Hoekom moet mense my snaaks aankyk oor iets wat my oer-oupagrootjie gedoen het? Waarom word ek nie gekies vir ’n hokkie-span of gekeur vir ’n kursus waarvoor ek weet ek goed is nie? Wat my die kwaadste gemaak het, is die feit dat die regte slagoffers van apartheid lankal dood is. Nou spring almal wat wil, wat nie eens weet waaroor dit aldag gaan nie op die ek-was-’n-slagoffer-lawaaiwa. En waarom is daar nou iets soos die swart elite; is hulle dan nie maar presies dieselfde as wat ons was nie?

Die feit bly staan egter dat die IS nie in WAS verander het nie. In elk geval nie vir dié vir wie dit regtig moes verander het nie. Ek kan nou in die buiteland sport beoefen, besigheid doen en met ’n glimlag vertel ek is ’n Suid-Afrikaner. En ja, ek was hier tydens die hele transformasieproses.

Dié wat egter gehoop het op water, elektrisiteit, huise en opvoeding is nog presies waar hulle was. Hulle gee nie om om vir jou “baas” of “miesies” te sê nie, want hulle sien hulleself nog as die tuin boy of ousie.

Ek besef elke dag al meer dat ek nie die hele apartheid issue net uit my selfsugtige, bevoorregte, witmenswêreld kan beskou nie. Nee, ek is ’n Suid-Afrikaner. Ek deel hierdie land met mense van verskillende rasse, gelowe, kulture. Ek is trots daarop. Ek het my siening, en so het elkeen met reg hulle eie siening, gevorm deur ervarings, deur opvoeding, deur wat ook al. Wat saak maak, is dat ons begrip moet hê vir mekaar se gevoelens en dit moet respekteer.

Daar is nie meer tyd vir mooipraatjies, roerende gesegdes en geverfde T-hemde nie. Nee, elkeen van ons kan begin om die foute van die verlede te erken, dit werklik te face.

Om apartheidswonde oop te krap, is ook nie baie konstruktief nie en dit help nie om op vrot eiers te sit en broei nie. Kyk vorentoe, onthou wat agter is sodat dieselfde foute nie weer gemaak word nie — en wees dié soort Suid-Afrikaner wat jy wil hê ander moet wees.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.