SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.


  Lance Branquinho
Lance Branquinho is in 1981 in Windhoek, Namibië gebore. Kort daarna het sy familie Kaapstad toe verhuis. “Ek het baie gelukkig by laer- en hoërskole in Table View my gedaantewisselinge langs die see ondergaan. Ek glo dit is eerder die verskil tussen reg en lekker as tussen reg en verkeerd wat die deurslaggewende vraag van die lewe is.”

Dit is nie eens ’n woord nie

Lance Branquinho


Sulke snelle sosiale verandering geskied altyd ten koste van iemand anders. Jy was nie deel daarvan nie, sê jy. Waar het jy skoolgegaan? Watter universiteit het aan jou ’n graad toegeken? Het wit Afrikaners die rakke gepak, die strate gevee? Dit was lekker, en jy het geweet jy het nie gewerk vir al die waarde wat daarin opgesluit was nie.

Apartheid. Dit is nie eens ’n woord nie. Apart, dit is ’n woord. Iets kan apart van iets anders wees, maar dis steeds ’n lelike verafrikaansing van die Engelse “apart“. Hulle moes dit eerder skeiheid genoem het — “om iets te skei van iets anders“. Dit is ’n helderder beelding van wat gebeur het. Dit kom ook lekker naby aan “skynheiligheid“ — taalkunde is nie sonder humor nie. Maar dit is nie Apartheid nie. Apartheid is een van daardie ideologiese niswoorde, iets wat alle leë ideologieë nodig het om hulself te laat klink na iets Latyns, iets geskiedkundig en wetenskaplik.

Maar genoeg van die romantiese semantiek van die woord — kom ons laat die geskiedenis, Vader Tyd, toe om die dade agter die woord te beoordeel.

Apartheid was ’n kak idee. Ek was al in DF Malan se huis op Riebeeck-Wes in die Swartland, ons het die naweek daar gebraai. Ek het op die ou meubels gesit waar dominee DF besluit het God praat met hom en dus moet die kaffers in kampe gejaag word.

Ek bly oorkant Dagbreek-koshuis op Stellenbosch in ’n woonstel. Ek stap elke dag daar verby. Ek dink hoe Hendrik Verwoerd en BJ Vorster op hul dag daar gesit en dink het: “Ek wonder hoe baie ek as president eendag gaan aanjaag.“

Ek dink aan die dag toe iemand vir Colin Legum, sekretaris van die Arbeidersparty, net ná die NP se oorwinning in 1948 gesê het: “Vandag sal ’n kaffer weer ’n kaffer wees.“ Ek dink aan Februarie 1956, toe JG Strijdom begin het om wetgewing te wysig en die Kleurlinge van die algemene kieserslys af te haal. Ek dink aan Eschel Rhoodie en die Inligtingskandaal. Hoe BJ (ai, as die man net meer daarvan gekry het, dan was dinge dalk anders) die myne se surplus verdoesel het en Eschel vir Louis Luyt gekry het om die Citizen op te toor as amptelike Engelse ondersteuning vir die regering. En die verbasing toe die volk daarvan uitvind.

Maar jy moet kyk, nie net dink nie, die sintuiglike rangorde is nooit suiwer apriories nie, kennis is kognitief gerat ná ervaring.

Ek sien baie arm mense. Daar is min van hulle wat wit is, maar stadig dryf daar so ’n dun wit skuim oor die see van swart armoede in Suid-Afrika: die volk is uitverkoop en het geen hoop nie. Ek sien dat al die ryk Afrikaanse families (die Ruperts, Venters, Wieses, Hertzogs, Bassons, Ferreiras) wat groot geld gemaak het in die ou bedeling, nou nog beter daaraan toe is. En hulle het ook nooit van Apartheid gehou nie, nee, nie hulle nie.

Ek sien die ou ooms op Hermanus en Stilbaai wat hul skuldige oë probeer verbloem agter groot, onstylvolle Mafia-sonbrille wanneer hulle Sondag ná kerk die Rapport gaan koop. Ek sien ou politici wat daai glimlag uitdruk wat net ’n skelm Afrikaner kan uitdruk — Dirk Coetzee wat Eugène de Kock se bevelvoerder was en hom die pak slae laat vat het. Ek sien die gepeupel van Nederland, Frankryk en Duitsland wat gedink het hulle is konings op ’n donker kontinent.

Maar as jy net kyk en nie luister nie, hoor jy net helfte van die storie.

Ek hoor die gesanik vir minderheidsregte. Ná amper ’n halfeeu van minderheidsregte en bevoorregting wat geen ander minderheid ooit geniet het nie, sou jy dink hulle het genoeg gehad. Ek luister na laatjies wat Die Stem en ander volksliedjies op feeste speel en jong mense wat saamsing, en ek wonder hoe mense so dom kan wees, so onsensitief vir die verlede.

Ek luister na ou mense wat kla dat alles agteruitgaan, maar nie wil luister wanneer jy vir hulle wys dat inflasie nie naby 20 persent kom soos in die goeie ou dae nie. Ek hoor die stilte van die taal se grootste digter wat nou sy mond gesluit het vir die volk, en wonder hoekom.

Maar as jy net luister en nie probeer verstaan en voel nie, kan jy nie die omvang van die waarheid begryp of peil nie.

Ek verstaan die Protestante het hierheen gekom nadat hulle by La Rochelle amper uitgemoor is. Hulle wou glo net gesinne kweek en gelukkig wees, weg van Europa se feodalisme. Ek verstaan dat hulle die Britse Koninkryk verafsku het, maar ek verstaan nie hoe hulle gedink het hulle die Ryk in ’n oorlogstryd sou verslaan nie. Ek kan nie verstaan hoekom Kruger nie onderhandel het nie, hoekom mynwerkers en Engelse entrepreneurs met goeie bedoelings nie méér soos sakelui eerder as indringers in die Transvaalse Republiek behandel is nie.

Ek voel vir die kinders wat ouers en broers en susters in die konsentrasiekampe verloor het, maar hoe kan die lyding van die dooies die bousteen wees vir ’n nasie wat net soveel, indien nie meer, lyding veroorsaak het nie? Ek verstaan nie hoe jou oupa, wat jy nooit geken het nie en hy vir jou nie, jou die reg gee om ’n bevoorregte deel van Suid-Afrika te besit nie.

Ek voel vir die Afrikaners wat doodarm was tydens die depressie en toe die Iere verbygesteek het as die wêreld se armste blankes, maar jy gaan nie in ’n kwarteeu van die armste na die rykste bevolkingsgroep sonder ’n paar liederlike magsvergrype nie.

So ek dink en kyk en luister en voel, maar verstaan nog niks van Apartheid nie. Ek was ’n noodtoestand-kind, gebore 1981. My mense is van Madeira, en die gatvlakte van Namibië. As Suidwesters het ons die buffer gevorm tussen Kommunistiese magte en die bakermat van veilige Protestantse heiligheid in Suid-Afrika. Ek onthou hoe ma’s met 9 mm-pistole hul babas rondstoot in prams. Ek onthou hoe bomme in al die klein dorpies ontplof het, van terroriste in die noorde naby Tsumeb.

Apartheid was nogal pret vir kinders, moet ek bysê. Jeugkampe, Voortrekker-nagmarse, en elke aand bid jy vir PW Botha om mooi vinger te wys en vir die veiligheid van die “manne op die grens”. En jy dink: daar is so min swart mense, hoe kan hulle so ’n groot gevaar wees? Jy sien net twee of drie op ’n slag, besig om tuin te maak, of goed van vragmotors af te laai.

En jy glo daai dominee, en daai Bybel, en dat jy God se uitsoekvolkie is. En jy glo daai skoolhoof en die onderwysers: dat goed na die swartes omgesien word en dat ons die slagoffers is van gekrenkte Britse eer ná die Anglo-Boereoorlog.

En jy kyk op na die ryk ooms van die omgewing, waar hulle sit en brandewyn suip en vertel hoe lekker die sekretaresse naai terwyl hul vroue in die kombuis vir mekaar hul groteske diamantringe tussen slaaimaaksessies wys.

En jy verstik aan die dieet van provinsiale sport en ’n binnelandse “Springbok-toer”. En die gewelddadige jong ouens wat met wilde oë terugkom van die grens af. Moenie sê jy kon nie voel daar was iets nie pluis nie. Jy het geweet jou mense het te vinnig, binne een geslag, te ryk en bemagtig geword. Sulke snelle sosiale verandering geskied altyd ten koste van iemand anders.

Dit het niks met vandag te doen nie? Jy was nie deel daarvan nie, sê jy?

Waar het jy skoolgegaan? Watter universiteit het aan jou ’n graad toegeken? Het van die beste hospitale ter wêreld nie op die rug van goedkoop swart arbeid in die myne geld verskaf vir jou mediese sorg nie? Het wit Afrikaners die rakke gepak, die strate gevee?

Dit was lekker, en jy het geweet jy het nie gewerk vir al die waarde wat daarin opgesluit was nie. ’n Lekker wat laas net voor die einde van die Romeinse ryk gesien is. En jy weet die Engelse het die enigste spreekwoord wat werk: “Power corrupts, absolute power corrupts absolutely.”

Maar helaas. Wanneer jy klaar gedink, geluister, gevoel en probeer verstaan het, moet jy as opgevoede jong mens die vryheid van die nuwe Suid-Afrika aan jou hart koester en ’n oordeel vel.

Apartheid was verkeerd, baie verkeerd, uit die staanspoor. Versagtende omstandighede? Wel, kolonialisme was nog hoogmode in die 1950’s, en rassegelykheid nie. Maar ná die 1960’s was daar nie meer ’n verskoning vir die versnelling van die Afrikaner se magsvergrype nie. Daar moes toe onderhandel word, in die gees van die tyd. Die ekonomie was een van die wêreld se bestes, geweld was nie naastenby op noodtoestandvlakke nie.

Hoekom het die Afrikaners nie onderhandel nie? Want hulle was nie gebore leiers nie; hulle was guerrilla-diplomate, wat met hul onheilige Broederbond die mag onder Smuts uitgesmokkel het en toe net een doel voor oë gehad het: Afrikaner-verheerliking tot in ewigheid. En die skole het dit aan die jeug verkondig, en in die kerke het hulle daarvan gesing.

En God het afgekyk, en kon nie glo wat hy sien nie: wit wolwe wat sy trop eers van hul land gestroop het en toe uitgeteer en gemartel het, voor hulle opgeëet is.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.