SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Daai aaklige annale

Michael du Plessis uit Los Angeles

LitNet bied vir my as Suid-Afrikaner woonagtig in die buiteland 'n geleentheid om op hoogte te bly van ontwikkelinge in die Suid-Afrikaanse letterkunde en kultuur. Dis dus met groot nuuskierigheid dat ek lees van prof Watson se aantygings teen Antjie Krog en al die onderonsies wat volg.

Wat my veral opval, is professor Watson se titel, “The Annals of South African plagiarism” (my klem) en, in geval mens die tendensie hier mis, prof Watson se gevleuelde frase "the baleful annals of South African plagiarism" (waarin, dink mens, prof Watson boek hou van Suid-Afrikaners se vermeende geesteswetenskaplike gestelery).

Nouja, miskien is dit die melodrama van daardie "baleful annals"-deel in die konteks van Krog se werk oor Waarheid en Versoening en Suid-Afrikaanse geskiedenis wat mens laat wonder. Vir my sal dit inderdaad groot geestesvrede verskaf as prof Watson sou kon bewys dat die mees "baleful", die lelikste, die naarste ding in Suid-Afrika se annale nou juis plagiaat is.

Wie weet? Dalk het Ted Hughes sommer die hele storie oor mite self uitgedink en opgemaak en kan geen toekomstige bespreking van mite en wederstrydigheid sonder Ted Hughes durf voortgaan nie? Dalk het prof Watson alleenreg op die argiewe? Dalk het die destydse apartheidsregering sy beste idees van elders oneerlik ontleen? En in daardie geval is nie geweld teen mense en hul regte nie, maar gevalle van plagiaat, die ware skedelskim in ons land.

Ek stel voor dat in stede van nog 'n lang irrelevante gesprek oor die modernistiese of postmodernistiese neigings (of nie) van aanhaling, herhaling, sitering, mimiek, repliek, eggo, nabootsing, tenakoming, parodie, kopiereg, en al die pappegaai-bonte soorte kierang (ja, ek haal sommer Ingrid Jonker by), prof Watson sy snuffeltalente daarop toespits om “werklik 'n nuwe geskiedenis van Suid-Afrika” uit daai annale te haal. Wie weet: dis dalk die beste fiksie nog. En oorspronklik.




LitNet: 12 April 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.