SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

  Johnn-Grant Munro
is in 1979 tussen die Tygerberg en Bellville, in die Tygerberg Hospitaal, gebore. Hy het, ironies genoeg sę hy, aan die Hoërskool DF Malan gematrikuleer. Daarna het hy sy BA op Stellenbosch behaal en die jaar daarna ’n Diploma in Vertaling. Hy woon steeds in Bellville. Vanjaar studeer hy Joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch.

“Ek rebelleer teen politieke korrektheid.”


Johnn-Grant Munro


“Wat my pla van die nalatenskap van apartheid, is dat ek nou moet boet vir sondes waaraan ek geen deel gehad het nie. Ek sien gereeld hoe regstellende aksies toegepas word …”

Ek was tien jaar oud toe ek die eerste keer bewus geword het van apartheid. Dit was 1989 en Phil Collins se album But Seriously het daardie jaar uitgekom. My oog het die woorde “Phil Collins is totally opposed to apartheid” op die binne-omslag gevang.

Dit was toe dat ek besef het hier gaan iets in die land aan waarvan ander mense glad nie hou nie. Voorheen was ek daarvan bewus dat daar iets soos apartheid was en ek weet my ma en pa was altyd daarteen gekant, maar dit het steeds gevoel soos iets wat ver weg gebeur.

Apartheid was vir my gelyk aan gevaar. In Sub B het een van die juffrouens by die skool aangekom met haar Golf nadat dit met bakstene gegooi is.

Apartheid was ook gelyk aan geweld, soos wanneer my ma vir my gesę het om plat op die kar se vloer te lę wanneer ons op die pad met klippe bestook is.

Ek glo in gelykheid en vryheid vir almal, dus was dit nie vir my snaaks toe apartheid tot ’n val gekom het nie. Ek was nooit ’n rassis nie, maar het ook nooit met mense van ander rasse gemeng nie.

Wat my pla van die nalatenskap van apartheid, is dat ek nou moet boet vir sondes waaraan ek geen deel gehad het nie. Ek sien gereeld hoe regstellende aksies toegepas word, in verskeie vorme, maar ook hoe dit nie slaag nie en hoe mense wat beter is, nie die werk of keuring kry nie.

Almal moet kry wat hulle toekom en wat hulle verdien. ’n Mens moet nie nou bevoordeel word deur jou velkleur of jou velkleur tot jou voordeel gebruik nie. Dit klink dalk na ’n kontradiksie, omdat die ongelykhede van die verlede reggestel moet word deur die bevoordeling van sekere groepe, maar dit is soos om vuur met vuur te beveg.

Apartheid het my nie ’n rassis gemaak nie, dit het my nie beïnvloed nie, maar nou, in hierdie dae van demokrasie en vryheid van keuse, verkies ek om ’n “nasionalis” te wees. Ek hou van my taal, my kultuur, my geskiedenis en my mense. Dit het ’n demokrasie gekos om van my ’n nasionalis te maak, ’n vreedsame een met begrip vir ander en hul verskille. Iemand wat nie bekommerd is oor die “Naturelle-vraagstukke” van die verlede, wat nie glo in “het swarte gevaar” of die wet op ontug nie.

Vir my is dit ’n kwessie van rebelsheid. Ek het gerebelleer teen die outoritęre manier waarop dinge in die verlede gedoen is, nou rebelleer ek teen politieke korrektheid, teen die idee dat ras of kultuur of taal nie ’n faktor is nie. Dit is en was en sal altyd ’n faktor wees.

Wees ’n rassis, wees polities inkorrek, of wees ’n “kafferboetie”, maar in hemelsnaam wees jouself!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.