SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

  Jean de Waal
is 26 en ’n Kapenaar in hart en siel. Ná matriek (Bergvliet High School) het sy aan die Universiteit van Stellenbosch in die regte studeer. Sy hoop om mense nader aan mekaar te bring en bly ’n ywerige student van die lewe (“en al die corny dinge wat daarmee gepaardgaan”).

Kerslig teen die oorlog

Jean de Waal


Net buite ons huis kyk twee ooms vir ons uit hulle kar. My ma sê dit is die regering, want hulle ry altyd in sulke wit karre. Dit is snaaks dat my ma hulle nie innooi vir koffie nie. Ons bly mos in ’n pastorie.

Vanaand staan die kerse weer gepak soos soldaatjies op die mure van die outydse pastoriestoep.

Dis 1985. Ek hoor die grootmense praat die hele tyd van ’n stryd, maar ek weet nie of kerse genoeg is vir ’n oorlog nie. My ma sê die kerse is vir al die mense wat weer vanaand gaan sterf. Dis weer ’n Noodtoestand. Ek verstaan nie mooi wat dit beteken nie, maar ek weet as dit Noodtoestand is, raak al die grootmense vreeslik ernstig en bekommerd.

Ons sou vanaand by die Govenders gaan eet het. Ek en my sussie Liezel het so uitgesien daarna. Nisha en Korgi is ons ouderdom en ons speel al te lekker saam. Ons het amper tot by hulle huis gery, maar daar was orals mense en polisie in die strate en die brandende motorbande het ons pad na die Govenders versper.

Nou sit ons maar by die huis en kyk na die muggies wat om die kersvlamme dans. Net buite ons huis kyk twee ooms weer vir ons. My ma sê dit is die regering, want hulle ry altyd in sulke wit karre. Dit is snaaks dat my ma hulle nie innooi vir koffie nie. Ons bly mos in ’n pastorie.

Slaaptyd kom altyd te vroeg. Alles gebeur ná Klaasvakie sy slaappoeier gestrooi het, maar vanaand werk dit nie, want daar is gróót dinge aan die gebeur.

Ek en Liezel lê op die vloer voor ons kamerdeur en luister waaroor die ooms van die regering nou in die TV-kamer met my Pa-hulle gesels. Is dit nie bietjie laat vir gaste nie?

Hulle praat die hele tyd van iemand met die naam Mandela en hoe hy bevry moet word. Ek hoor al vir jare dié naam en wonder hoekom hy nie net uitstap nie. Môre gaan my pa en al sy vriende hande vashou en na Pollsmoor se tronk toe stap. Maar dit klink nie asof dit ’n lekker uitstappie gaan wees nie. Almal is in ’n ernstige bui. En al verstaan ek nie veel nie, wéét ek ek kan nog nie saamstap nie.

Die volgende oggend. Ons mag nie alleen skool toe stap nie, sê Ma. Die ooms sit nog steeds in die wit kar buite die huis. Die huis is stil vanoggend. Ma en Pa praat nie veel nie. My ma bid net die kar vat, anders gaan ons weer laat wees en die ophys van Die Vlag mis. Die skool is baie streng hieroor. Ons sing elke oggend Die Stem en kyk hoe Die Vlag in die wind wapper.

Meneer Van Wyk, my klasonderwyser, gee nie om dat my pa nie ’n polisieman is nie. Hy is altyd gaaf. Hy behandel my nie anders soos die ander onderwysers nie. Ek het al vir hom gevra wat dit beteken as my ouma ons uit haar testament haal. Is sy dan nog ons ouma?

Net ná pouse word ek na die prinsipaal, meneer De Kock, se kantoor toe geroep. Ek is bietjie bang, want ek kan dit nie verdra as mense kwaad is vir my nie. Meneer De Kock glimlag nooit nie. Ek dink: miskien het sy ma vergeet om hom dít te leer. Hy sê ek en my sussie moet in sy kantoor wag, want my ma kom haal ons binnekort. Ek is bly om vir Liezel te sien. Ten minste sit ek nie alleen in sy kantoor nie. Dit voel asof ure verbygaan, maar gelukkig daag my ma op. Ons is op pad hospitaal toe. My ma lyk ontsteld en ek en Liezel bly maar stil, want ons besef vandag moet ons onsself gedra.

Dit is erg om my pa só te sien lê. Die verbande bedek amper sy hele gesig. Ek wonder eers of dit regtig my pa is. Mandela is glo nie bevry nie en die polisie het my pa so geslaan dat hy nooit weer ordentlik met sy regteroog sal kan sien nie. Ek verstaan nie. Hulle het dan net gestap en hande vasgehou.

Ek wonder of énige iemand weer vir ons na ’n verjaarsdagpartytjie toe gaan nooi.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.