SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Laurie Gaum en die En-Gee Kerk

Marius Crous

Sentraal vir my binne die hele Gaum-diskoers is die vraag: Wat soek Laurie Gaum in die En-Gee (nie jou hart nie, maar jou sente) Kerk? Wat soek enige denkende mens in die Kerk, per se?

Het Laurie Gaum werklik gedink hy kan as denkende gay Christen (ja, dr Peet, gays kan ook Christene wees) ‘n groep mans (ja, mans, want nes die Roomse Kerk is die En-Gee Kerk beslis nie vrouvriendelik nie) onder wie se swart pakke (deesdae seker ligkleurige hip-los Madibahemde; uiterlik nuut, innerlik, helaas) die molm en die skif net meer en meer groei, van sienswyse laat verander? Dan klink Gaum ook nie verniet so baie na Gautama nie.

Die En-Gee Kerk, eens die minnares van die apartheidbestel, het nog altyd na ‘n Antjie Somers gesoek om sy kudde mee bang te maak: die swartes (en toe vat hulle oor en skielik is alle En-Gewers nierassiste), die kommuniste (al kan ek my nie indink dat die Russe en Kubane stywe jeans en popmusiek kon uitdink nie), en o jirre, nou is dit die moffies. Daardie subspesie wat soos vrouens praat (!), soos vroue wil lyk (!), mekaar in die hol doen (Wat? Is dit hoe hulle dit doen? Wat doen twee lesbiane van Moreletapark dan?) (!), kinders molesteer en nes Katoolse priesters (hulle is trouens algar selibaat, Sinode) alle seuns agter die altaar wil verander in moffies(!), nie rugby speel nie, nie karre kan regmaak nie, nie aan sport deelneem nie, nie minnesangers kan wees of bouers of loodgieters of soldate nie (!).

Die diskoers ontlok net al hoe meer vrae: Wat beteken dit om die ander wang te draai? Waar pas die liefdesgebod in? Is die Bergpredikasie met sy verdraagsaamheid eintlik ‘n Zenteks wat ingeglip het in die Bybel?

Na 1994, toe die En-Gee Kerk pennieloos uitgeskop is uit die pied-à-terre (is die imposante Sinodesentrum in Kaapstad dan nie nou deel van die paleontologieversameling nie?) waar haar vele minnaars haar (kom ons bly maar PC) onthaal het, moes sy inderhaas ‘n ander weldoener vind. Haar dienswillige bedienaars wat haar elke dag op die hande moes dra, het almal gevlug. En nou?



LitNet: 25 Augustus 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.