SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Daar is lewe na die NG Kerk

Joan Hambidge

Onderliggend aan die dwááslike besluit om Laurie Gaum te skors, moet ons waarskynlik besef dat die NG Kerk nou nie net sy liefdeloosheid bely nie, maar ook 'n minagting vir menseregte openbaar. Hoewel daar geen bewyse gevind is vir die aantygings teen Gaum nie, gaan die kerk lustig voort met die kritiek op sy monogame verhouding.

Ek dink die oorspronklike aantyging was teen sy vermeende promiskuïteit gewees. Dit is gemaak deur sy eksgeliefde, Douw Wessels, wat in die Kaapse Son hierdie uitsprake gemaak het. Volgens my oorspronklike begrip van die saak het dit nie om Gaum se gay-leefwyse gegaan nie, maar om sy uitspattige gedrag.

Wanneer het die aanklag verander? Ek het 'n teorie om te verkoop. Die Gaum-koppesnellers en die NG Kerk Moreletapark met hul program om ‘n mens te ont-gay (ek dink dit heet H2O) moet as satirici gesien word. Gaywees word as afwykend, sleg en verfoeilik beskou en hierom kan iemand daarvan "genees" word. 'n Orrelis moet ook geskors word, omdat hierdie einste kerk dit verdoem.

Suid-Afrika word dikwels geloof om sy gayregte wat in die grondwet verskans word. Nie alleen word menseregte met hierdie besluite geskend nie, maar boonop verloor die NG Kerk nogmaals grond.

Die kerk se beeld word nie net binne die gaygemeenskap skade berokken nie, soos ds Carl Anthonissen tereg uitwys (Die Burger, 24 deser), maar op alle vlakke, ook wat betref geslagsgelykheid en menseregte.

Dit wil my voorkom asof al die vryhede wat gay mense en vegters vir menseregte voetjie vir voetjie opgebou het, met hierdie dwase uitspraak verwoes word. Marius Crous het gelyk op Sênet: Wat maak Laurie Gaum nog in die NG Kerk? Dit is die punt: ‘n kerk wat menseregte en geslagsdiskoers op só ‘n wyse oortree, moet hul afvra of hulle ‘n kerk genoem wil word.

Die groot digter Peter Blum het ‘n gedig geskryf, “Woordafleiding”, oor die begrip dorp, en ek meen dat dit nou die hoogste tyd is om die woord kerk etimologies oop te breek om saam met Blum te praat:

Hoekom soek jy die oorsprong van die woord
in ‘n woeste en vae voorverlede
se dolende en primitiewe sede
wat nie meer binne hierdie grense hoort?

Maar wag, miskien was ek verkeerd oor die betekenis van die woord kerk. Miskien sal Laurie Gaum besef dat daar ook ‘n ander ruimte van kerklikheid bestaan as hierdie kerk wat hom verban het. Miskien kan hy sy eie kerk stig en diegene wat dit nodig vind om te aanbid, na sy kerk neem.

Die NG-dominee wat my aangeneem het, is later aan die UP verguis oor ‘n vermeende oortreding. Dit het tot sy selfmoord gelei. Hopelik sal Laurie Gaum nie perspektief verloor nie.

Daar is lewe ná die NG Kerk.

Trouens, die meeste mense wonder of hulle nog enigsins ernstig opgeneem kan word.

Want wie wil in elk geval met sulke mense meng?

Meng jou met ‘n Gatjieponner, dan word jy nou-nou gedonner.



Bron
Blum, Peter: Steenbok tot Poolsee. Nasionale Boekhandel Bpk, Kaapstad. 1955.



LitNet: 25 Augustus 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.