SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Is ons gevaarlik?

Danie Botha

Dis my nege-en-dertigste jaar as praktiserende gay.

Ek glo as middeljarige dat niemand sonder seks deur die lewe kan gaan nie. Bygesê: hoe ouer 'n mens, of spesifiek 'n man, raak, hoe minder word die kere dat jy seksuele omgang het of wil of kan hê. Jy's nie meer so eroties gedrewe nie; raak op jou oudag "onskuldig".

Uit my jeug onthou ek lektuur wat gesê het dat gay mans hulle seksuele drange kan sublimeer deur gemeenska ... ekskuus, maatskaplike dienste te lewer, met die jeug te werk (?!), blomme in die kerk te rangskik, die Kerskonsert af te rig. Ek het altyd 'n grynslaggende persoon voor my gesien, iemand wat iets mis in sy lewe.

Wanneer 'n mens grys word, as jy soggens met pyne in jou bene opstaan, as 'n manskliniek jou pes oor 'n opvolgbesoek aan hulle vir erektale hulp – dan is dit tot 'n groot hoogte vir jou maklik om selibaat te lewe. Video’s help. Wonderlik as 'n jong man wel in jou belangstel. Dankie vir genadige besoeke.

Maar as jy jonk is, is dit teennatuurlik om nie seks te soek en te bedryf nie. Dis belaglik om te verwag dat 'n jong gay man hom vir ewig en altyd sal onthou van seksuele omgang.

Want seks is so volkome deel van 'n mens se identiteit en selfbeeld. Uiteraard ook van die gay mens. Nes hetero's kan gay mans gestimuleer word om byvoorbeeld 'n belangrike kultuurbydrae te lewer. Die stimulasie kom voort uit seksuele vervuldheid én onvervuldheid, uit die geluk van kameraadskap, ondersteuning, bedagsaamheid én ook uit frustrasie, eensaamheid, depressie.

Maar nou staan ons gays wat 'n sterk godsdienssin het, wat graag kerklik ingeskakel wil wees, saam met ds Gaum voor 'n Berlynse muur. Die kerk waartoe ons behoort, kom nie so ver om uitspraak te gee oor ons posisie binne die kerk nie. Ons kan op ons eie kommunikeer met God en sy hulp vra en kry. Maar die volgende oomblik wil ons tog die kerklike seën ook kry.

As kerklike en leiersfiguur het ds Gaum 'n hoë profiel. Sy sekslewe staan as 't ware in die verblindende lig van skynwerpers. Duisende van ons met ons minder opvallende lewens en beroepe kén ook verguising, diskriminasie en vervolging in ons beroepe en huislike lewe. Ons lewe met onsekerhede van velerlei aard, veral ook oor die lewe na die dood. Maar baie van ons het dit beslis minder moeilik. Ons word tog aanvaar en ons ken die vreugde en die stryd binne 'n verhouding met 'n ander. Ons probeer om nie meer vrae te vra nie. Ons gedoentes bly redelik privaat.

Jare gelede het ek bedank as ouderling omdat ek gevoel het ek moet my gayheid van die hetero-gemeentelede wegsteek. Ek het my ook afgevra of ek werklik vir hulle raad en leiding kan gee binne hulle lewensomstandighede wat op sekere punte verskil van myne. Ek het nie durf dink daaraan om teenoor hulle uit te kom nie. Tien jaar gelede is ek ook deur gemeentelede gevra om liefs nie meer ná dertig jaar kategese te hanteer nie. Dit was nadat hulle die openbarende artikel in De Kat oor my gaykortverhale gelees het. As ons vorentoe "vryspraak" kry, as God se wil ooit duidelik gaan word, sal ek dan diensbaar kan wees?

Ek wonder hoe ds Gaum werklik voel binne sy amp? Hoe tuis, hoe vervuld

Hoekom word ons soort seks afgekeur? Hoekom is dit onaanvaarbaar? Hoekom word dit as 'n skande beskou as 'n dominee met 'n man seksueel verkeer? Is dit genoeg rede om hom moreel te veroordeel?

Hennie Aucamp haal Margaret Reynolds aan in 'n belangwekkende artikel wat eersdaags op Gay@Litnet gaan verskyn. In haar inleiding tot The Penguin Book of Lesbian Short Stories verduidelik sy waarom daar 'n kleiner lesbiese letterkunde is as dié van gay mans: "The practice of homosexuality between men was considered dangerous and disruptive; so it was outlawed. But lesbianism is about women, and all ideas to do with women include an ideology of difference which is generally an ideology of presumed inferiority. So that if women do not really matter, then lesbians and their ways do not matter much either."

Is ons gevaarlik? Hoe so?

Ek sit maar met vrae en onsekerhede. Maar dat die selibaat vir ds Gaum voorgehou word, is onrealisties en belaglik en moet met die nodige minagting verwerp word.



LitNet: 25 Augustus 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.