SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Andersheid in die seisoen van luister

Anlené Taljaard

Ons, die kerk, is uit die genade van God ingesluit in die liggaam van Christus om juis Sy werk voort te sit: die liefde van Christus, die Lig van God, die lewe-gewende Gees te vergestalt, hier en nou waar ons elke dag leef. Dit plaas ons terselfdertyd binne-in 'n diepe vertroosting dat God ons dra en versorg en voor die uitdaging om met ons menswees hierdie beloftes uit te leef. Daarom weet ons dat Christen-wees tegelyk eenvoudig en geweldig kompleks is. Gewoonlik kompleks wanneer ons met teenspoed of met vrae gekonfronteer word, en gewoonlik eenvoudig wanneer ons net weer diep bewus word van die liefde van God vir ons.

Daarom, as ek begin praat en skryf oor die uitspraak van die Ring van Kaapstad, dan weet ek ten eerste dat gelowiges binne hierdie raamwerk praat en dink en dat alle gelowiges op die ou einde besluite en keuses wil maak waarmee God verheerlik word. In so 'n sensitiewe saak soos die klag teen ds Laurie Gaum moet ek aanneem dat alle betrokke partye na alle kante luister en dat die kommissie tot besluite gekom het juis omdat hulle die heiligheid en geregtigheid van die kerk wil beskerm en bevorder.

Tog bevind ons ons binne die geloofsgemeenskap op verskillende pole. Ons verstaan hierdie saak baie verskillend. Ons skryf selfs vir mekaar oor wat God in hierdie situasie van ons vra en dit is verskillend. Ons lees die Bybel verskillend en interpreteer die tekste verskillend. Dit is hier waar ons dilemma begin. Ons is familie in Christus, mense wat in die verbond aan een Vader verbind is. Mense met vrese, agendas, persoonlike stories en voorliefdes. Hierdie mense kom week na week binne die kerk bymekaar om iets vanuit die Woord te ontvang, sodat ons al hoe meer na Sy beeld gevorm kan word. Daarom moet ons bly praat met mekaar en na mekaar luister en met ander mense praat en na hulle luister. Hieraan is ons onlosmaaklik verbind. Al wil ons hoe graag weet ons kan klaarkom met mekaar, ons kan nie.

Nou het daar iemand anders ons midde betree, 'n gay leraar. Iemand wat ons nie almal persoonlik ken of dalk gaan ken nie. Miskien ken baie van ons nie eers 'n persoon wat seksueel anders georiënteer is nie en daarom was ons nog nooit regtig hiermee gekonfronteer nie. Daarom so moeilik om te verstaan dat hierdie mense God en ons naaste net so passievol kan dien en lief hê soos ek en u graag wil.

Daarom het ek deernis met die besluite van die Ring van Kaapstad, maar wonder ek of hierdie besluite ons 'n kans gun om ten diepste selfondersoek te doen, ons te laat worstel, en of ons net die dinamika in 'n oomblik doodgesmoor het. Ons het dialoog nodig, ons moet mekaar kan beïnvloed, ons moet toelaat dat die gaygemeenskap 'n ander klem op Christen-wees kan plaas. Saam moet ons soek, wonder, worstel. En hier het ons 'n leraar wat bereid is om saam te soek, wonder en worstel. Iemand wat met sy hele hart die evangelie in sy eie lewe wil integreer en dit selfs met ander gelowiges wil deel.

Die sensitiwiteit van hierdie saak is uiters belangrik en dalk moet ons erken dat ons as gelowiges nog nie alles deurtrap het nie. Indien ons nie teen mense diskrimineer omdat hulle seksueel anders georiënteer is nie, dan is dit ook ons verantwoordelikheid om ruimte te maak om hierdie niediskriminasie uit te leef. Anders diskrimineer ons, nie op grond van wie mense is nie, maar op grond van wat hierdie mense kan word en vir die samelewing kan beteken. Ons nooi mense om deel te word van ons lewens, maar op ons voorwaardes, en dit is nie gelykheid nie.

Die NG Kerk het nou 'n kans om te begin leer om diversiteit en kompleksiteit op 'n volwasse manier te hanteer. Ons kan 'n etos vestig van aanhou met mekaar, mekaar beïnvloed en selfs mekaar vermaan en met mekaar verskil, maar om hierdie leraar net eenkant toe te skuif, gaan ons nie dwing om by mekaar te leer nie. Ons sou selfs in nederigheid vir hierdie leraar kon erken dat ons nog nie gereed is om hom te ontvang as 'n gay leraar nie, dat ons te kort skiet, maar ons kan nie maak asof gay leraars en hulle lewensproblematiek, pyn en worsteling nie bestaan nie. Ons kon erken het dat ons nie noodwendig al die dinamika binne sy verhouding en die gevolge daarvan verstaan nie. Dan sou ons oor vertroue, mag en verhoudings sinvol kon praat.

Daarom hoop ek dat die geloofsgemeenskap in die breë eerder op 'n volwasse samewerking kan besluit en dalk eerder 'n interimbesluit moet neem, sodat die sinode saam kan besluit oor die bevoegdheid van die amp van 'n gay leraar. Want ons het iewers deurmekaargeraak, die klag moes los van gay-wees hanteer word. Die aantygings los van sy bevoegdheid as gay leraar. Die kommissie moes dalk erken het dat hulle hulp van die moderatuur en ander kundiges kon aanvra. Daar moes dalk 'n groter verteenwoordiging van gemeentelede van St Stephens op die kommissie gedien het, 'n gemeente wat nou uitgelewer is en op hul eie stoom besluite moet neem. Besluite wat die totale geloofsgemeenskap raak.

En terwyl ek hierdie skryf, is dit vir my ironies dat ek, 'n blanke lidmaat van die VG Kerk, met die NG Kerk praat en sê ons het 'n geleentheid. Miskien betrap ek myself dat ek smeek dat ons - dis nou almal - nie so bevrees moet wees vir diversiteit nie en dat ons mos deur die geskiedenis sien dat ons die Woord misbruik om ons eie agendas te verdedig. Ons, gebroke, onbeholpe mense wat graag God wil dien.

Daarom wil ek vra, kom ons luister weer en kom ons bemagtig die kommissie wat uit net vyf "ek en jy's" bestaan, en ons skep genade-oomblikke waarin ons sag, van albei kante af, ons onbeholpenheid kan bely en kan aanvaar en weer kan begin. Dit is dalk al wat ons het, mekaar en oomblikke om weer voor te begin in afhanklikheid van God.


LitNet: 31 Augustus 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.