SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Besluit oor Laurie Gaum - 'n mening

Carel Anthonissen

Met die aankondiging dat Laurie Gaum gestuit is in sy amp, het daar 'n verskeidenheid van gevoelens en reaksies by my opgekom.

Vir my as 'n vriend van Laurie Gaum wat reeds 'n lang pad met hom kom en wat oa vanweë mense soos hy die afgelope paar jaar nou betrokke was by die pastorale versorging van gay jongmense asook hulle ouers, was die besluit van die kerk 'n groot skok en teleurstelling. Nie alleen omrede so 'n besluit gay mense soos Laurie seermaak en vervreem van die kerk nie, maar erger nog, omdat dit hulle kan laat twyfel aan hulle status as gelowiges en ook aan dit wat hulle ervaar as hulle roeping. Om hulle hieraan te laat twyfel, so het biskop Tutu eenkeer tereg gesê, grens aan godslastering. Dat die kerk hom met sy optrede hieraan kon skuldig maak, is iets wat die NG Kerk, en met name die kommissie, tot diepe nadenke moet stem.

Mens het gehoop teen hoop dat die kommissie meer verbeeldingryk sou optree; dat selfs al het hulle hulle verbind gesien aan 'n beleid wat reeds in 1986 geformuleer is, hulle in dié spesifieke geval die allesbepalende norm van liefde en begrip die laaste woord sou laat spreek. En dis nie dat hulle nie geweet het wat op die spel is nie - heelwat mense het in dié tyd die vrug van Laurie se bediening, die unieke bydrae wat hy vorentoe kan maak, asook sy persoonlike integriteit onder hulle aandag gebring. Nog duideliker is gesê hoeveel skade 'n onbesonne besluit vir die NG Kerk kan meebring.

En tog kom dit voor asof die kommissie hulle nie hieraan gesteur het nie, asof "The few Good men"-sindroom hier geseëvier het - dit is dat 'n paar mense, vas oortuig dat hulle die kerk en die samelewing met hulle optrede dien, verbete en blindweg aan hulle waarheid vasgeklou het - dit terwyl dit vir baie ander glashelder is dat so 'n benadering volledig uitgedien is, in stryd is met ons grondwet en net mense verder kan seermaak en vervreem.

Vir my het hierdie onsensitiewe besluit ook gewys dat die NG Kerk nog baie min verstaan van die unieke leefwêreld van gay mense - hulle worstelinge, pyne en drome. Ook dat daar tans, naas 'n gebrek aan moedige en onverskrokke leierskap, ook 'n ondraaglike diskrepansie bestaan tussen wat die NG Kerk dmv geskrifte, verklarings en selfs boeke bely, nl om 'n kerk vir die noodlydendes en die gebrokenes te wees, en hoe hy in die praktyk optree wanneer hy met die nood van mense soos Laurie Gaum en baie soos hy gekonfronteer word. Hierdie teenstrydigheid, wat ook na vore kom in die debat oor kerkeenheid, tas die geloofwaardigheid van die NG Kerk tans diep aan en laat baie mense vra of die kerk hoegenaamd die evangelie van inklusiwiteit en deernis vir alle mense goed verstaan.

Die herhaaldelike terugkeer van die gay-kwessie na die agenda van die kerk het ook nou gewys dat die NG Kerk die kwessie nie moet probeer trivialiseer of marginaliseer asof dit, soos 'n hinderlike vlieg, 'n lastigheid is wat hulle van die groot en dringender kwessies weghou nie. Dit sou goed wees vir die leiers om te besef dat hierdie kwessie nie net onvermybaar is nie, maar inderdaad met die hart van die evangelie te doen het - dat soos met Jesus se gelykenis, dit die kerk voor die vraag stel wat hy gaan doen met daardie enkele skaap wat, om watter rede dan ook al, verlore of vervreem geraak het van die kudde.

Miskien sal dit goed wees vir die leierskap en almal wat betrokke voel by die saak van gays in die algemeen, en Laurie Gaum s'n in besonder, om nie hierdie "donker uur", die sg drif waardeur die kerk nou gaan, net te sien as 'n nagmerrie wat so gou as moontlik moet eindig nie. Die geskiedenis het geleer dat sulke tye van onsekerheid, worsteling en frustrasie ook die uur is waarin ons genooi word om dieper te gaan, om grondige hersiening van onsself en ons diepste dryfvere, motiewe en vrese te doen. Dis 'n geleentheid om te leer en te groei.

My vermoede is dat, soos so dikwels die geval is met ons persoonlike lewens, die grootste deel van die NG Kerk met 'n onverwerkte verlede sit, 'n wond of wonde wat ons toehou en bedek agter die masker van allerlei irrasionele vrese, vrese van verwerping en seerkry - ook maskers van woede, frustrasie, ongeërgde grandiositeit en arrogansie. Miskien sal ons eers vorder as ons almal veilig genoeg bymekaar voel om hierdie wonde oop te maak en mekaar te sien soos ons werklik is - broos, sondig en menslik. En dit sal besonderse moed en geloof van ons almal vra. Maar is dit nie waarom egte kerkwees gaan nie?


LitNet: 26 Augustus 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.