SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Duskant die einders

Deborah Steinmair

Klik op boekomslag om by kalahari.net te bestel.

Bestel nou by kalahari.net!
Duskant die einders, deur Lina Spies. Human & Rousseau, 2004.
Slapband, ISBN: 0798144068.
R 89.95

Die boekehuis het baie wonings. In die toring van poŽsie woon Charles Bukowski regoor TS Eliot, Arthur Rimbaud onder AG Visser, TT Cloete skuins oor Gert Vlok Nel, Toast Coetzer langs Lina Spies. ’n Papierdun muur skei die kombuise van Sheila Cussons en Sylvia Plath. Hoe verruklik zoem die woordtoring!

Die asem van die poŽsie is verlange, aldus Lina Spies in “Manifes”, die eerste gedig in haar jongste bundel Duskant die Einders.

Ek wil die heimwee behou
na al die Edens van my wÍreld
sodat Goethe se versugting
na die land waar die sitrone bloei
nooit aan my vreemd sal word nie.

Lina Spies is ’n poeŽt, een van ons fynstes. Sy adem verlange, verwondering, ’n ontvanklike oor vir die “heelal se tik”, aanbidding, asook ’n haas pynlike huidloosheid, ’n “aantreklikheid” vir die wisselende stemmings van lig en lug:

Die tintel wat die najaar deur my stuur
is draaglik net vir ťťn seisoen se duur

Die titel, Duskant die Einders, dui op die nabye, die onmiddellike omgewing. Die temas is huislik, soos die pragtige gedig oor Tonya, ’n blougrys katjie en “Dood van die Verkleurmannetjie”. Ver plekke soos Nederland in die herfs is ook ter sprake, maar daar is telkens ’n terugkeer, in gedagte en daad Ö

na die Vermeerblou berge
rondom Stellenbosch.

Daar is heimwee na die landskap van haar kindertyd:

Plekke wat jy eenmaal liefgehad het
tregter jou onweerstaanbaar terug
om wat op eerste sig
naby en helder was te hul
in ’n waas van heimwee en herinnering.

Die digter is ook planeetburger wat die “krimpende aardbol” “slegs minuskuul/ in stukkies en brokkies ken”. Daarom is daar naas heimwee ook van “fernweh” sprake: ’n terugverlang na die vreemde, aangewakker deur Vermeer se skildery “Gezicht op Delft”, waar “’n bo-aardse lig”

sag soos stuifmeel lÍ
langs die Schie wat stil verbyvloei
onder die spel van somerwolke
met die staalblou glans van tin.

Die gedigte in Duskant die Einders is visueel ryk. Met die woord skilder Lina Spies beelde van Nederlandse meesters soos Vermeer, Gerard van Honthorst en Vincent van Gogh. Duskant haar einder word haar onmiddellike leefwÍreld bevolk deur genieŽ van anderkant die einders en tyd, soos Jesus van Nasaret, Laurens van der Post, Albert Camus, Paul van Ostaijen, Robert Frost, Colette en andere.

’n Interessante en baie tersaaklike kategorie is drie gedigte waarin daar dwarsklappe na besigers en voorstanders van Engfrikaans uitgedeel word. In “Die Koms van die Monster o.a. genaamd Raka” haal sy aan uit Albert Camus se dagboek: “Ja, ek het ’n vaderland: die Franse taal” en druk haarself met drif en heimwee in haar moedertaal uit:

Ek het ’n vaderland gehad —
die Afrikaanse taal
ek was daarin tuis
soos die ruising
van die bome in ’n bos
die iris in die sproeireŽn
van ’n brander skuimend
in sy breekslag oor ’n rots.

Sy betreur die geplas van Raka in die eens glasblink poel van Afrikaans, wat gelei het tot “slierte slym/ en sissende skubbe vuil” en wonder:

Is daar uit sulke troebel water
nog ’n distillaat te puur
wat geskink kan word
in glansende kristal?

In “Landsiek” kom sy ook die nuwe geslag sangers en akteurs by wat sonder formele skoling hul ding doen:

Ons wil Afrikaans lekker loslit praat
en sonder stem of skoling
ons beautiful woorde sing
maar de sjimpansee doet niet mee

wat op ’n noot van rouklaag eindig:

Haar land het weggesink
in die diepte van die see
dink die sjimpansee.

“Woede dateer”, het een van ons groot skrywers onlangs gesÍ, maar Lina se hartstog en smart is gemotiveer deur haar liefde vir en bemeestering van die woord. Sy is die engel wat skaars waag om te trap waar gekke met moddervoete instorm, die sjimpansee wat nie meedoen nie, maar ons meeneem na die onbesoedelde vaderland van Elisabeth Eybers se “skoon, skerp woordeskat”.



LitNet: 25 Mei 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.