SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

" ... een van min digters wat 'n bykans perfekte balans tussen filosofie en digkuns kan bereik"

HJ Pieterse resenseer Charl-Pierre Naudť se In die geheim van die dag

In die geheim van die dag
Charl-Pierre Naudť
Protea Boekhuis
133 bladsye
R89.95
Klik op voorblad en koop In die geheim van die dag

Charl-Pierre Naudť debuteer in 1995 met Die nomadiese oomblik, 'n besonder sterk bundel wat met die Ingrid Jonker-prys bekroon word. Bykans tien jaar later verskyn In die geheim van die dag, wat in die loop van 2005 met sowel die MNet-prys vir PoŽsie as die Proteaprys vir PoŽsie bekroon word. Die bundel word positief deur verskeie resensente ontvang (Pieter Duvenhage, Alfred Schaffer, Bernard Odendaal, Danie Marais en Karen de Wet), maar sorg ook vir 'n minibekgeveg op LitNet, waar Joan Hambidge vir Schaffer aanraai om sy uiters hoŽ waardering van die bundel te temper en Johann de Lange ook kritiek op Naudť lewer.

Die tematiese, beeldende en vormlike kiem van In die geheim van die dag word teruggevind in twee afdelings van Die nomadiese oomblik: "Metafisiese sout" en "Die skaduwee van die venster", en meer spesifiek in gedigte soos "Geen", "'n Halwe -.", "''", "Metafoor en waarheid" en "Vlugtelinge". In hierdie gedigte (behalwe "Vlugtelinge") is daar telkens dieselfde basiese filosofies-metafisiese en digterlike procťdť te bespeur as diť wat in In die geheim van die dag teruggevind word: 'n bemoeienis met die dualistiese waarneming van dinge (abstrak of konkreet) en 'n poging (sommiges mag dit as 'n Boeddhistiese "werkswyse" beskou, maar dit word nie as sodanig genoem nie) om deur en verby hierdie dualiteit te beweeg; vergelyk: "Ek dobber gelyktydig aan die twee kante van 'n reusagtige afvoerpyp/ waarvan die water in twee rigtings bruis,/ met sy musikale openings op die niet" ("Die onderbroke reis", p 69) en "Waarheid en leuen/ is twee kante van dieselfde opklapbed/ in 'n ewigdurende kajuit./ Ek smag na die ander kant:/ ek wil my lessenaar beskryf van onder,/ ek wil gesigte sien/ van agter" ("'n Halwe -.", p 73). Die surreŽle, wat in In die geheim van die dag baie sterk figureer, word ook voorafgeskadu in Die nomadiese oomblik . "Vlugtelinge" berei die leser weer voor op die sterk narratiewe inslag van verskeie gedigte in Geheim.

Vormlik staan die gedigte in In die geheim van die dag oŽnskynlik in totale kontras met die eerste twee afdelings van Die nomadiese oomblik , waarin Naudť die sonnetvorm op bykans elke denkbare wyse konstrueer, herkonstrueer en dekonstrueer. Die gedigte in Geheim is "vrye verse" van wisselende lengte (merendeels lang gedigte) waarin die verhalende aspek deurgaans sterk figureer. Dan is daar ook "Klassieke tweespraak" (tussen Horatius en Catullus), 'n dramatiese snit waaroor lesers self moet besluit binne watter "genre" hulle dit wil plaas. Verskeie middele word ingespan om die verse - wat dikwels oor verskeie bladsye strek - te bind: rym, halfrym, en dan veral reekse briljante beelde, dikwels eggo's van mekaar. Die klankvlak en -spel werk fassinerend: dikwels is dit 'n latente laag wat eers met 'n tweede of derde lees werklik na die oppervlak kom.

Wat tematiek betref, kan onder meer jeug- en kinderherinneringe genoem word ("Die towertyd", "Hoe ek my naam gekry het (of: 'n Beknopte relaas van kolonisasie)", besinnings oor verlore liefde en geliefdes ("By die buitelandse persdinee", "Teen die liefde", "Skoonlief en die ondier", "Trane", en dan veral die pragtige "reeks", "Aan 'n kleibeeld, toegedraai in Caroline-papier"). Die prosa-/narratiewe gedigte sluit in "Die grond van die voorvaders", "In een stuk", "Die onbaatsugtige", "Die man wat Livingstone gesien het" en "Die besoeker". Dan is daar die telkens terugkerende besinning oor die paradoks van die "eindelose oomblik" en die versoening van teenstrydige elemente in verskeie gedaantes, oor "[e]lke moment/ [wat] 'n waspop van die daaropvolgende [is], ... elke daaropvolgende die nis/ van 'n gewiekte beeldjie wat nie kan vlieg nie" (p 39). Hierdie spel met en besinning oor die "lyn" wat oŽnskynlik dualisties skei, binne momente, tussen sfere en dimensies, tussen bestaan en niebestaan, word tot 'n hoogtepunt gevoer in "Die aard van verstaan" en ook in "Die ewigheid".

Verskeie filosofiese argumente word in die gedigte betrek, en Naudť bewys hom as een van min digters wat 'n bykans perfekte balans tussen filosofie en digkuns kan bereik, 'n versoening tussen twee velde wat Opperman gewaarsku het nie ligtelik vermeng behoort te word nie.

Aansluitend by die dikwels filosofiese "toonaard" kan die aforistiese aard van verskeie gedigte of strofes vermeld word; vergelyk: "'n mens kan altyd die geslagsdele vertrou/ om 'n asembenemende konstruksie op heilige water te laat dryf" (p 19); "Wanneer konformiste iets proe wat heerlik smaak,/ kan jy seker wees hulle is besig om hulself te eet" (p 21).

Daar is talle beelde wat die leser bybly: "Jy sit nou daar soos 'n klipuiltjie uit 'n tempel/ onder die verpletterde trekklaviere van sat gelag" (met 'n veraf eggo van Neruda) (p 24), "Die geraamtes van die oertiere lÍ weggepak/ in die kalksteen soos virtuele vleuelklaviere" (p 29), en "haar/borskas, daardie bamboeskoutjie sugte/ wat wieg in die bries van 'n eksotiese mark" (p 58), om maar enkeles te noem. In die verhalende verse is daar minder beeldingskrag.

Die surreŽle aspek en die "vreemd-maak" van oŽnskynlik gewone dinge (reeds gesuggereer deur die voorbladfoto) is in verskeie verse teenwoordig. Talle beelde kan ervaar word deur aan werke van De Chirico (vgl p 45), Magritte en Dali te dink; vergelyk die vyfde strofe en slot van "Teen die liefde", "Tasbaar en ontasbaar" en die volgende twee strofes uit "Trane": "Luisterryk glim sy in haar traneskulp,/ 'n topaas in 'n silwer borsspeldoester,/ die dogter van 'n verdrinkte juwelier;// 'n klokduikboot soos die verlore lantern/ van 'n spoorlose prospekteerder,/ op haar deksel getik dat die vonke spat/ deur die barbaarse tromstokke van die strome" (p 95). Hierdie byeenbring van totaal uiteenlopende aspekte (soos dikwels in Breyten se poŽsie aangetref word) sluit weer aan by die poging om 'n dualistiese siening te oorkom; op p 132 lees ons ook: "Selfs die alledaagse word eers merkbaar/ as dit oorgeblaas is met duisternis" en "Die dag het/ self donkerte nodig om lig af te gee".

Nie al die gedigte in hierdie bundel is geslaagd nie. Prosa-/verhalende en uitgesponne gedigte is niks nuuts nie - dink aan die vroeŽ Paz, die vroeŽ Lťopold Senghor, die poŽsie van Raymond Carver en die tweede afdeling van Michel Houellebecq se Le sens du combat, om maar enkele voorbeelde te noem. Ek hou baie van poŽsie wat "gekanoniseerde" genres en grense deurbreek, maar 'n digter moet hier sy of haar passies (in meer as een sin van die woord) ken om die gang, spanning en aandag te kan behou en volhou. Interne spanning ontbreek in 'n paar van die langer gedigte, sodat fokus verloor word. "Hoe ek my naam gekry het" verloop glad tot by die strofe "Ja-nee, dis nooit anders nie./ Dis presies wat gebeur het", maar hier word die gang, ritme en spanning verbreek. Op 'n ideŽvlak werk "In een stuk" vir my, maar die gedig self is te "los"; so ook "Die besetting". "Die besoeker" is 'n boeiende "spookstorie", maar plaas dit langs "Die grond van die voorvaders" om te sien hoe spanning hier te kort skiet. "TweerigtingspieŽl" herinner aan Wisawa Szymborska se spel met moontlikheid en onmoontlikheid, wees en niewees (byvoorbeeld in 'n gedig soos "The railroad station" uit No end of fun, 1967), maar vertoon hier maar valerig. "Attribute" bevat baie wysheid, maar kom vir my uiteindelik stomp oor. "Die rose" is nie op dieselfde vlak as die beste gedigte in die bundel nie en "Die aktivis" kon maar weggelaat gewees het. Die derde strofe van "Die klere van die armes" (p 84) is skitterend in verskeie opsigte; die res van hierdie lang gedig steek totaal af teen diť strofe.

"Klassieke tweespraak" is reeds vermeld. Talle lesers sal dit heel waarskynlik nie as poŽsie ervaar nie, al verwys Horatius na "[d]ie ou wat hierdie gedig skryf" (p 108). (Van die prosagedigte mag ook om dieselfde rede problematies vir poŽsielesers wees.) Hier is die geheim dalk om poŽsie binne die dialoog, binne die "prosa" te gaan soek (soos wat poŽsie binne die prosa van Breyten se Woordwerk gevind word), en daar is wel 'n paar gedeeltes wat as poŽsie in die "klassieke sin" geÔnterpreteer kan word. Hier volg Naudť 'n soortgelyke werkswyse as wat Anne Carson in haar vorige digbundel, Men in the Off Hours (2000) doen, veral in die gedig "TV Men: Thucydides in Conversation with Virginia Woolf on the Set of The Peloponnesian War", 'n dramatiese dialoog. Dalk moet Horatius self hier aangehaal word om "Klassieke tweespraak" in perspektief te stel en te "regverdig": "tempora certa modosque, et quod prius ordine verbum est/ posterius facias, praeponens ultima primis,/ invenias etiam disiecti membra poetae" (Satires, I, V, 58-59 en 62) ("Neem die ritme en die metrum weg, en plaas die eerste woord laaste en die laaste eerste; steeds is die verspreide ledemate diť van 'n digter".)

Die poŽsie in Geheim is nie "maklike" poŽsie nie. Daar is uitstaande, meesterlike gedigte, en dan 'n paar wat ongelyk is of nie op dieselfde vlak staan as die beteres nie. Wat lesers ook al daarvan gaan dink - smaak is immers subjektief - dit is 'n bundel wat die leser gaan dwing om te besin oor die aard en "vorm" van poŽsie en dit is in daardie opsig vernuwend op hierdie stadium van die Afrikaanse poŽsie. Is dit - soos Schaffer in sy resensie aanvoer - van dieselfde statuur as bundels soos onder meer Nuwe Verse (Van Wyk Louw), Enklaves van die lig (Blum), 'yk' (Breytenbach), Van vergetelheid en van glans (StockenstrŲm) en Lady Anne (Krog), en verdien dit die Hertzogprys? Koop die bundel beslis en besluit self. En: laat die tyd leer.



LitNet: 07 Februarie 2006

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.