SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

  Clayton Swart
Hierdie persoonlike storie is geskryf deur Clayton Swart van Tafelsig, Mitchell’s Plain. Hy is ’n 23-jarige joernalistiekstudent aan die Stellenbosse Universiteit. Clayton droom van joernalis wees sedert 1997 toe hy in die GF Jooste-hospitaal in Manenberg op die Kaapse Vlakte beland het nadat hy beroof was voor sy deur en met die mes gesteek was.

Waarom huil ek dan? Apartheid is mos verby!

Clayton Swart


Vandag bevind ek my in die bastion van Afrikanerdom, Stellenbosch. Dad was nou die ander dag hier om my weg te bring. Ek het hulle rondgewys. Maar Dad het stilletjies die plek bekyk en die woorde stadig en baie sag geuiter: “Ander dae kon ons nie hierdie plek betree nie.”

’Is laat marrag na wêk. Die waentjie’s blerrie vol! A-mal sien uit om by die join uit te kom en te relax. Sout Rivier stasie sien my nou wee’ ees môre. Die een bratha priek, prys-sie Here. Die anner bra vekoep lekkes. A-mal se stemme fade, ek is nou bymekaa me’rie research report van UCT oor Elsies River oppie Cape Flats.

Die apartheid govement het Elsies gedesign om plaasjapies ytie Kaap te hou. Hulle het oek vi’ Elsies skole, chreches en anne goed geplan, ma is hettie gematerialise-sie.

Daar’s net swart gesigte innie waentjie. Ahwê! Daars ’n seat vi’ my, nou kan ek mos lekka die report vêrre lies. Die report vertel hoe die apartheid govement nie die skole en goed gebou het nie.

Ek sit innie trein en almal se geraas fade nog verder weg. Die trein skud heen en weer. Soos ek die report vêrre lies begin die trane stadig oor my gesig te rol. Ek kyk stip af innie report, sit my hand voor my tsat, sodat die anne mênse nie kan sien ek begin tjank nie. Ek tjank, want ek lees hoe my mense onderdruk was deur die apartheid regering. Ek lies hoe kinders se ouers nooit na hulle kon omsien nie, want ouers moes vroeg op en laat by die huis kom. ’n Entire generation het grootgeword sonder adult supervision.

Skielik gaan my mind terug na Elsies. Ek gaan kerk daar. Ek het as ’n klein kind in Valhalla Park gebly, vyf minute vanaf Elsies. Alles in Elsies is nog dieselfde. Armoede, alkohol abuse en die gangsters is nog daar. In fact dit is nog op ’n groter skaal as destyds.

Ek lees die report vêrder. Council reports van hoe blanke mense vir ons mense besluit het. Hulle sê self die huise wat hulle gebou het, was te min. Nou bly daar 3 tot 5 families in een huis.

Dit laat my verder terugdink aan ’n councillor wat ek een aand laat ontmoet het by sy huis in Bishop Lavis. Hy was dronk, en het behoorlik rondgeval. Ek het egter voortgegaan en met hom gepraat en uitgevind hy is die councillor verantwoordelik vir Elsies River. Ons begin praat en hy vertel my van hoe families in die jaar 2002 nog steeds almal net op een ouma of oupa se pension wag. Hulle enigste source van income. Hy vertel hoe ’n hele huis vol mense almal TB het omdat 12 mense in ’n huis bly wat vir 6 mense design was.

Die oom val op my soos enige dronk ou oom doen en begin huil omdat hy nie al die mense kan help nie, al probeer hy hoe hard. Hy vertel hoe hy honderde vergaderings bywoon, maar nog steeds nie die mense kan help nie. Die oom se kinders en vrou sê hy moet gaan slaap, want hy stel hulle in die verleentheid. Ek gesels verder met hom, want ek weet die saying is waar, In goes the wine out comes the truth!

Bang! Almal in die trein is stil vir ’n minuut of twee. Ag, dit is kinders langs die treinlyn wat klippe gegooi het. Iets anders het egter vir my getref en ek voel hoe die binneste van my maag begin draai soos ek die realiteit aanskou van die gevolge van die besluite wat die apartheid regering geneem het aangaande die mense van Elsies Rivier.

Vir ’n oomblik loer ek na die mense in die trein, die meeste van hulle ouers wat al hul lewe lank trein vat werk toe. Elke gesig vertel ’n storie, ’n verhaal van hartseer en lewenslank tweede viool speel. Ons leef nog steeds met die gevolge van daai regering wat die beste vir hulle geneem het. Ek kyk weer af na die verslag, want my oë is nog steeds vol trane, en ek voel om soos die dronk councillor op iemand se skouers te huil todat die snot by my neus uitloop.

Soos ek lees, speel tonele af van hoe ek elke naweek in Elsies besoek en saam met die jong mense werk doen. Daar is die flats, Springbok Place, waar die spanne my ouderdom en jonger sit en rook. Hulle bied jou ’n koue bier aan. Dit is al wat hulle kan doen. Geen toekoms. Geen hoop. Geen help. Geen!

Toe ek begin huil het, het ek gewonder waarom huil ek dan. Apartheid is verby, almal is vry. Dit is egter nie so maklik nie. Deel van my werk by Worker’s World Radio Productions vir 2001 en 2002 was om die plattelandse areas te dek, onderhoude te voer en die armste van armes se stemme op radio te plaas. Atlantis, Oudtshoorn, Groot Brak, George, Ceres, Clanwilliam, Kleinmond en baie ander dorpies, is dorpe wat min of meer soos Elsies Rivier afgeskeep was ten voordeel van ’n minderheid mense.

As jy in díe dorpe kom, woon blankes in die hoofstrate waar daar teerpaaie, straatligte, groen gras, behoorlike sement en baksteenhuise met ’n buitekamer en dalk nog ook ’n swembad is. As jy na die Kleurling en swart gedeelte van die dorp stap, is dit ’n heel ander prentjie. Klein huise, stofpaaie, dorre onbewerkte grond, geel gras, byna geen toiletgeriewe en donkerbruin vensters.

Hier kom die trane al weer!

Ek het al onderhoude gevoer met honderde mense. Wat my die meeste bybly, is die mense wat ek in die warme son in Ceres gaan besoek het. Die vrou en haar man het met twee jaar gelede se klere gesit en my baie stadig met nougetrekte oë gegroet. Hulle woon op die vullishoop van Ceres en is seisoenwerkers.

Die vrou vat toe ’n stokkie, lig ’n potjie grondboontjiebotter op en skraap die harde inhoud wat vaskleef aan die potjie sonder deksel bymekaar en sit dit stadig in haar mond.

In Oudtshoorn dwaal die mense in die strate op soek na werk. ’n Boerklong kom verby met sy nuwe motor en loer na my en ’n groep mans met wie ek gesels. Party van hulle staar in die hemele, waar sal hulle hulp vandaan kom? Die ander laat sak hul koppe. Moedelose vaders wat nie eers vir hulle kinders kan sorg nie en hier ry ’n laaitie verby met ’n motor wat ’n huis kos.

Ek is ook ’n jong klong teenoor hierdie mans. Aai, daai klong se pa moet seker suksesvol wees, dit is waarom hy kan rondry en ons skeef aankyk, want ons is net ’n hoop willie-werkers in sy oege. Etter jong, die son is warm hier in Oudsthoorn, maar ons moet maar stap waar ons wil wees terwyl daai laaitie lekker voetjies kan hang.

My trippie neem my na Groot Brak tussen George en Mosselbaai. Jy draai links van die N2, gaan onder deur die brug en ry langs die mond van die rivier, verby Watson Shoes en verby na Happy en sy familie’tjie toe. Groot Brak, of Die Brak soos mense daar rond dit noem, is ’n mooi heuwelagtige plek waar ’n gemeenskap van om en by 10 000 Kleurlinge bly. Hulle enigste bron van werk vir meer as twintig jaar was om Grasshopper-skoene te maak. Wat egter gebeur het in die laaste paar jaar, is dat Watson Shoes al die permanente mense afgedank het en dele van die produksie geprivatiseer het.

My redakteur het een Saterdagaand die nuus op SABC gekyk en die mense van die Brak gesien en hoe hulle sukkel met werk. Die Maandagmiddag gooi ek toe uit die Kaap na Groot Brak om hierdie mense se hartseer verhale op te neem.

Happy se dogter Nicolene en haar vriende werk nou in hul ouers se plek vir kontrakteurs by Watson Shoes sonder enige voordele, terwyl die prys van Grashoppers styg. Dit is Dinsdagaand halfses en almal het van die werk af gekom innie Brak. Die kindertjies gil en rol af in die strate want hulle mammies en pappies is by die huis. Nicolene het so pas van ’n agtuurskof gekom waar hulle die Grashoppers met die hand vasryg. Sy en haar ma klim in hul motor en gaan haal groot swart sakke vol leer. Dit blyk hulle moet verder by die huis werk en skoene vasryg.

Dit, sê Nicolene, neem hulle tot amper twaalfuur in die nag om hierdie ekstra werk te doen sonder enige betaling. Die kontrakteur sê net vir hulle as hulle dit nie wil doen nie, is daar altyd iemand anders. Die ding is dat hierdie ryk bevoorregte base van Watson Shoes kry nou veel meer werk gedoen ten koste van hierdie arme mense. Hulle kry geen voordele soos siekverlof, pensioen, vakbonde of oortyd nie.

Ek werk as joernalis en vir Happy en al die ander ouer mense vannie Brak wat ek geinterview het, is dit baie snaaks om te sien dat ’n Kleurling-persoon so ’n werk kan doen. Toe ek myself voorstel, het hulle geskrik. Ek moes dit herhaal.

Soos ek met my mense praat, vorm daar lang krokodiltrane diep binne-in my hart. Trane van hoe my mense onderdruk was en nog steeds ekonomies onderdruk word. Ek moet ’n vader voor sy gesin persoonlike vrae vra. Dit maak seer, baie seer as ’n pa met ’n droë, hees stem sê hy het kinders op skool, hy moet hulle van kos voorsien en hy het al sy skoene deurgeloop op soek na werk. Hy staar na my met desperaatheid in sy oë. Hier diep binne my maak dit seer, baie seer!

Soos ek terugry Kaap toe begin ek dink aan my familie van heinde en verre. Ek dink terug aan toe ek ’n kind was en hoe ek gevoel het dat iets nie pluis was in ons samelewing nie. Ek was nog te klein daardie tyd om te weet wat presies dit was, maar ek het geweet iemand daar buite hou nie van ons nie.

Ek was op pre-primêre skool en het elke dag die bus geneem van Valhalla Park na Welcome Estate. Die een spesifieke oggend was ek gereed vir skool, maar mammie wou my nie uit die huis laat gaan nie. Ek het toe by die kombuisvenster uitgeloer en niemand in die straat gewaar nie. Ons het in die middel van die straat gewoon en ek het eers links gekyk in die pad en toe regs. Ek sien toe hierdie groot swart mans met lang gewere wat die straat patrolleer. Iemand storm toe by ons in en begin histeries vir my ma vertel hulle het so pas op iemand geskiet wat dit probeer waag het buite hul huis. Ek hoor hoe mammie-hulle sê hierdie soldate is spesiaal opgelei en hulle is nie normale mense nie. Ek kan nie onthou hoe lank ons hele gemeenskap opgehou was nie, maar ek het toe later in die jaar uitgevind dit was tydens die riots gewees wat die army ons kom in orde hou het.

Ons is nog steeds op pad Kaap toe. Ek dink aan my familie in McCgregor naby Worcester. Wanneer ons daar gaan kuier het, het ek dit baie snaaks gevind dat hulle sulke groot respek getoon het aan die Boere (wit mense). Hulle het met groot respek na die Boere verwys en ook half bang voorgekom wanneer hulle aangespreek was. Selfs my oom, wat Swart Kat genoem was vir sy vermoë om sake op te los, het ’n ongewone onderdanigheid aan die Boere getoon. My tantes het ook altyd gepraat van virrie Boere werk en hoe die Madam goed is vir hulle en al haar ou goed aan hulle gee.

Ek het later in die dorp rondgedwaal en gesien, maar wraggies man, die Boere woon mos in die beste deel van die dorp. Hulle het kleurvolle huise, hulle kinders het fietse en hulle het ook nuwe motorkarre. Daar is ook ’n ma wat mooi aangetrek is en ’n paar Kleurling-bediendes. Dit was baie snaaks vir my, hoekom kan daardie vrou nie self haar eie huis skoonmaak en agter haar kinders kyk nie?

Ek onthou nie bordjies van Slegs Blankes of vir swartes en Kleurlinge nie. Ek was seker te jonk om te lees. Wat ek wel goed onthou en baie ironies gevind het, is die naam Department of Coloured Affairs. Die ou mense het altyd gesê, o nee ek moet Coloured Affairs toe gaan. Ek was klein, maar as ek daai naam gehoor het, het daar ’n gevoel opgestoot wat sê, Huuu! Ek kan net nie daai naam vat nie!

Ek onthou vele uitstappies saam met my pa waar hy ons geneem het en gewys het waar hy grootgeword het. Dit was in Retreat, naby Muizenburg. Toe ek mooi opgeskote was het ons vir stappies gegaan na die see by Muizenburg. Dad sou dan staar oor die mini-gholfbaan, die dam met klein bootjies en die pawiljoen, en vir ons sê dat hy as Kleurling nie eers daar kon loop nie. Hy sou dit so vyf keer stadig sê en net oor die area staar met ’n glinster in sy oë.

Dit is dan ook hierdie einste pa van my wat as busbestuurder vir Tollgate gewerk het. Hy het altyd stories vertel van hoe mense busse gestook het met petrolbomme en met klippe. Dad het dan ’n wonderlike prentjie geskep deur die stories wat hy vertel het van hoe hy kamerade by Nyanga se polisiestasie afgelaai het na werk en hoe daar op hulle geskiet was deur die polisie. Hy het ook vertel hoe hy gereeld mense na optogte toe gery het en hoe die polisie dan wou hê hy moes stop. Hierdie stories het my altyd laat dink dat ek dalk my pa kan verloor. Dad het nie juis direk vir ons vertel wat aangaan in die land nie, maar ek kon tussen die lyne lees en dit het my observasies bevestig dat als nie reg is in die land nie.

Vandag bevind ek myself in die bastion van Afrikanerdom, Stellenbosch. Dad was nou die ander dag hier om my weg te bring. Ek het hulle rondgewys. Maar Dad het stilletjies die plek bekyk en die woorde stadig en baie sag geuiter: “Ander dae kon ons nie hierdie plek betree nie.” My oom, Swart Kat, was nie saam nie, sy kinders was egter en my pa het gesê hy wens net my oom kon saam wees om te sien hoe hulle nageslag hierdie dorp kan platloop. Sonder enige beperkings, vry om hulle toekoms te bou soos hulle dit goed sien. Sonder om voorgeskryf te word, sonder om snaakse wette in die gesig te staar.

Dit is inderdaad ’n nuwe Suid-Afrika.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.