SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Lesingreeks, KKNK 2004

Carina Diedericks-Hugo
is ’n jeugboekskrywer en redakteur van jeugboeke by Human & Rousseau.

  Carina Diedericks-Hugo

“Ou ryperd, jy is my Vespa: Is dit die lied van jong Suid-Afrika?”

Carina Diedericks-Hugo

Hulle klink almal soos analfabete wat graad 8 met dubbel F’s in Afrikaans tweede taal “geslaag” het Wat weet hulle van die Palestyne, Irak, Israel, Mugabe, die nuwe Wet op Grondonteiening, die honger Afrikane, vigs Die jeug sal meer kan s as hulle minder voor rekenaars sit en swerf en meer verantwoordelikheid wil neem vir wat om hulle aangaan. Die lewe bestaan nie net uit plesier, vinnige voertuie, drink en jol met geen groter behoefte as om te beplan vir die aand se partytjie nie. Is dit die mense wat nou iets met waagmoed en ’n wrok wil skree? — C Brink, Valhalla: brief in Rapport, 5 Oktober 2003.

Saam met baie Afrikaanssprekendes kry ek ’n beklemming om die hart as ek hoor hoe die jonger geslag Afrikaanssprekendes ons geliefde taal vermink deur al hoe meer van Afrikaans ’n gemorstaal te maak. ’n Mens wonder of dit uit luiheid is en of hulle meen hulle is grand of “in” om so slordig te praat ... As dit waar is dat die meeste Afrikaanssprekendes hulle tans op di wyse laat geld, is dit reeds laat in die dag vir die behoud van Afrikaans. — MH Vorster, Port Elizabeth: brief in Rapport, 31 Augustus 2003.

Jong, taallose, apatiese, dislojale, smaaklose landsverlaters. Is dt die lied van jong Suid-Afrika? Of eerder, is dt die persepsie van jong Suid-Afrika? Seker. Maar wat is die alternatief? Ou, taalbehepte, verkrampte, Christelik-Nasionalistiese onderdrukkers? Is dit die lied van Suid-Afrika? Miskien.

Dames en here, ons lees die gesanik in die koerante, ons hoor dit op die radio en op TV en ja, die treurmares vind selfs hulle weg tot in die kuberruimte: Die jeug vernietig onse mooie taal met Engfrikaans. Die jeug staan apaties teenoor belangrike politieke kwessies. Die jeug verlaat die land op ’n kritieke stadium vir die varkplase van Engeland. Die jeug dink “wapens van massavernietiging” is ’n nuwe musiekgroep.

Wie s hierdie jeug? Is die jeug werklik ’n gevaar vir land, kultuur en taal soos wat daar duidelik geglo word? Sou ons — nie te lank gelede nie — dalk ook ’n mooi etiket soos “Die Jong Gevaar”, of ’n bietjie meer polities-korrek, “Die Tydsbevoordeelde Gevaar” kon dra? Sekerlik. Want as ’n mens mooi daaroor dink, het die jeug van Suid-Afrika, meer spesifiek die Afrikaanse jeug, die geliefde Ander geword. Dit lyk asof Afrikaanssprekendes nie vorentoe kan beweeg sonder om hulle eie identiteit teenoor di van ’n Ander te plaas nie. Kom ons kyk na die geskiedenis: daar was die Nederlanders, die Engelse, die Khoi, die Xhosas, die Zoeloes, en rooibaadjies (ook bekend as die Engelse) en daarna die Rooi, Swart, Geel en Roomse Gevare, en vervlaks, ja, ook die Engelse Gevaar.

Ons weet sedertdien het die Rooi en Swart Gevare na die Uniegebou verhuis. Die Geel Gevaar is die nuwe hegemoon. Die Roomse Gevaar maak passievolle films en helaas, die meeste van ons familielede sit in Engeland. Wie bly nou eintlik oor? Daardie gespuis wat woorde soos issues en hangups verwar met Afrikaans. Die jeug.

Karen Zoid sing in “Verandering”:

Wanneer al die mense huise het
Wanneer al die huise dakke het
Wanneer al die dakke tels op het
En elkeen slaap in sy eie bed
Wanneer Trevor genoeg van my geld gevat het
En daar iemand nice is in die Kabinet
En jy ophou om my te label
En ek ophou worry oor wat jy dink
Sal almal dan kan happy wees?
En ophou om te kla?
Sal almal dan okay kan wees?
Sonder retoriese vrae?

Dit word vir ons baie duidelik dat daar twee konflikterende sienswyses van taal en kultuur is: di van die jeug en di van die ouer garde. Kom ons noem hulle die “jig”. Jeug vs jig.

Hoe is taal en kultuur voorheen gedefinieer? Myns insiens deur instansies soos die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV), die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, en Nasionale Pers. Hierdie instansies — en nog vele ander — het ’n hekwagterrol ingeneem en gedikteer hoe die taal gepraat word, deur wie dit gepraat word, wat ons as “ho” kultuur sien en wat ons as “lae” kultuur sien, watter musiek ons sal opvoed, die toneelstukke wat ons moet sien, en die boeke wat elkeen behoort te lees.

Die enigste probleem is dat die meeste van die instansies nie werklik vooruitgang gemaak het nie. Sommige wel. Ek noem slegs ’n paar. Nasionale Pers, oftewel Naspers, het ons taal en ons kultuur verruim. Ons sien ’n nuwe, vars Afrikaans in die tientalle publikasies, boeke, die Internet, satelliet-TV, ens. Hulle reik uit na die jeug en voorheen afgeskeepte segmente van ons taalgemeenskap. Ons sien variteite van Afrikaans. Ons sien diversiteit in ons kultuur.

Nie alles word egter ewe goed ontvang nie. Die reaksie op die gemengde Afrikaans in die JIP-bylae van Die Burger, Beeld en Volksblad is nie altyd positief nie. Hoe versoen ’n maatskappy wat ’n bestaan maak uit die aanbieding van taal in verskillende vorme, ’n “standaardtaal” met meer gemaklike, verligte en gewilde spreekvorme? Deur juis so wyd as moontlik aan soveel as moontlik te bied. Wat Naspers beslis doen. Maar hoe kan ’n maatskappy met die werklikheid in voeling bly met ’n byna leliewit direksie waar slegs drie rokke die gryspak-tablo versteur?

Die ATKV probeer baie hard om ’n verligte en moderne beeld uit te straal. Hulle het tientalle projekte en aksies wat uitreik na kinders, die jeug, minderbevoorregte gebiede, vroue. Hulle is groot, hulle is sigbaar, hulle is aktief. Die Madelein van Biljon-fiasko van ’n paar jaar gelede en die feit dat die ATKV homself steeds voorhou as ’n organisasie wat streng volgens sy “Christelik-Bybelse” grondslag bedryf word, s vir my dat dit ’n kultuurorganisasie is wat homself nie die Afrikaanse Taal- en Kultuurorganisasie kan noem nie, want duidelik is dit ’n baie groot en bedrewe organisasie vir steeds die wit, Afrikaanse Christelike Suid-Afrikaner. Sal my Afrikaanse vriend, Faadil, wat tot sy god Allah bid, welkom voel daar? Ek glo nie.

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Daardie elitistiese bastion. Hoeveel mense onder die ouderdom van dertig — nee, kom ons maak dit veertig — is aktief by die Akademie betrokke, veral op die gebied van die geesteswetenskappe? Weinig.

Is dit dan steeds moeilik om te verstaan dat ’n jonger geslag na ander definisies, ikone, maatstawwe en instansies kyk vir ’n taal en ’n kultuur waar elkeen welkom is, ongeag ouderdom, geslag en posisie, geloofsoortuiging, akademiese kwalifikasies en taalsuiwerheid?

Die kritiek teen “jong Suid-Afrika” is eerstens ons taalgebruik. Die redakteur van Die Burger se JIP, Lezl Amoraal, s oor die gebruik van JIP-Afrikaans:

Die rede hoekom ons JIP-Afrikaans gebruik is om tieners te help om hulle voete te vind in hul taal en om koerante toegankliker te maak vir hulle. Soos hulle ouer word en meer gereeld koerant lees, sal hulle in elk geval begin om gerriteerd te raak met JIP-Afrikaans en sodoende die hoofkoerant begin lees.

Benewens dat dit ’n baie nuttige meganisme is om op ’n informele wyse tot jongmense te spreek, is dit seker ook maar luiheid wat daartoe lei dat ons ons taal meng. Dit is egter nie beperk tot Afrikaanssprekendes nie. My Engelse vriende praat van “skinder”, “nogal”, “nooit”, “lekker”, “ou”, en sinne lui soms: “She’s wearing such a mooi rok”, of “We had a lekker dop in this really small dorp.” Ek hoor nie dat die Engelse beskermhere en -dames die lot van Suid-Afrikaanse Engels betreur nie. Dit is egter ’n gruwelike veralgemening dat die deursneejongmens nie behoorlik Afrikaans kan praat nie.

Die tweede aanklag is dat soveel jongmense oorsee gaan. Ja, hulle gaan oorsee, maar die meeste kom terug. Hulle kom terug met ’n wyer blik op die wreld, legio ondervindinge en ’n paar ponde wat hulle in staat stel om ’n voet — iewers — in die deur te kry. Ons het nie die kruk van outomatiese aanstellings wat veral wit, Afrikaanse mans in die ou bedeling geniet het nie. Ons het nie die kruk van ’n Broederbond wat vir ons sal sorg nie. Die situasie in ons land beteken dat jongmense gedwing word om wyer en meer innoverend te dink. En soms is dit nodig om uit ’n situasie te tree om oor ’n situasie te dink.

Die derde aanklag is ons nihilisme en apatie, kultureel en polities. Ons het met ’n oordosis politiek grootgeword. Politiek het sy kop uitgesteek op skool, in die kerk, op TV, in ons samelewing. Dit is verfrissend om nou te kan terugstaan en s ons gaan nie vlae swaai en partyrosette dra net omdat dit van ons verwag word nie. Vandag se politici is nie veel beter nie. Ons luister en besluit oor wie en wat ons sal ondersteun. Karen Zoid se “Afrikaners is plesierig” beteken vir my veel meer as enige verkiesingsmanifes.

Ons weet wat die persepsie is van jong Suid-Afrika. Maar wie is die Afrikaanse jeug van Suid-Afrika nou eintlik? Tim du Plessis, redakteur van Rapport skryf:

Dit is asof die vryheid van die nuwe bestel osmoties in hierdie jonges ingetrek het Dit behoort ’n mens eintlik nie te verbaas nie. Hulle is immers die eerste geslag vrygeborenes. Ons oueres sal die soort Afrikaans wat hulle moet praat maar vir lief moet neem. Hulle gaan nie anders praat nie en hoe meer ons hulle probeer dwing, hoe minder gaan ons dit regkry Die ander ding om oor opgewonde te raak, is hul gemaklikheid met hul Afrikaanse identiteit. Dit is nie ’n issue (!) vir hulle nie. Hulle voel vere vir pogings om ’n skuldgevoel oor die verlede aan Afrikaansheid te koppel en minder vere vir die neo-reaksionres se Afrikanerstryd en al die angsaanvalle oor die toekoms van die taal hulle wil uitgelos word. Vry wees om hul eie ding te doen, om te oorleef. En dit is die punt waar ’n mens groot deernis en geduld moet h met vandag se jonges.

Tanja Joubert, jong kunstenaar en illustreerder, s oor ons taal en kultuur:

Jy is met jou naelstring daaraan verbind en al spring ’n mens soms “bungee” daarmee, is die naelstring steeds so kort, dat jy een of ander tyd maar weer op ’n manier terugkeer na die beginpunt. Nietemin, is dit nogal opwindend, om te sien hoeveel skiet die rek gee en watter streksprong-toertjies ’n mens daarmee kan uithaal. Maar jy sal self moet kies: Gaan jy touspring of toutrek en jy moet jouself ook nie daarmee ophang nie.

Ja, ons het ons ryperde vir Vespas verruil. Ons het die deuntjie van die lied van jong Suid-Afrika verander. Ons ikone moet aan ander maatstawwe voldoen, en soos iemand opgemerk het, dis ongelooflik nice om Afrikaans te wees.

The energy of the youth may make a difference this time around. There is a new generation of South Africans who believe local is lekker. They have disposed of their hang-ups about identity and language, in particular being Afrikaans. They speak it, they write it and they rock ’n roll in it. — Sunday Times, Oktober 2002.

Amen! Dit, dames en here, is die lied van jong Suid-Afrika.



LitNet: 29 April 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.