SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Lezél Amoraal
is redakteur van Jip, jeugbylae van Die Burger. Sy het in 2000 haar BPhil (Joernalistiek) cum laude geslaag aan die Universiteit van Stellenbosch en in 2003 haar MPhil (Joernalistiek) voltooi. Sy werk sedert 2001 by Die Burger en is in April 2003 as redakteur van Jip aangestel.
 

Jipfrikaans: Om cool en funky in Afrikaans te wees

Lezél Amoraal

(Hierdie toespraak is onlangs gelewer tydens ’n colloquium oor Gemixde Afrikaans, aangebied deur die Universiteit van Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands.)

“Ek write jou cause ek nie exactly sure is hoe hierrie dinge werk nie.”

Só begin ’n 16-jarige Jip-leser van Bloubergstrand ’n brief wat ek vroeër vanjaar ná ’n Song vir Katryn-CD-kompetisie ontvang het.

Skokkend?

Ja, ek dink so.

Is “Ek write jou cause ek nie exactly sure is …” dan Jip-Afrikaans?

Nee.

Nou wonder julle seker: Wat is Jip-Afrikaans dan?

Wel, laat ek julle eers vertel wat Jip is. Daarna kan ons gesels oor Jip-Afrikaans en hoekom dit in ’n gevestigde dagblad soos Die Burger verskyn.

Reeds in die vroeë 1990’s het Wes-Kaapse tieners grootgeword met JongBurger wat elke Maandag as bylae tot Die Burger verskyn het. In daardie jare was daar nie eens sprake van Jip-Afrikaans of Engfrikaans nie.

In 2000 verander JongBurger se naam na JB en kry die koerant ’n hele nuwe voorkoms. Daar word weggebreek van die JongBurger-dae toe dié tienerbylae soos Die Burger se klein sussie gelyk het, met ’n sterk nuusstorie en prikkelkassies op die voorblad.

JongBurger skop sy kinderskoene uit en kry met JB sy eie identiteit. ’n Voorbladgrafika met ’n kleurvollo JB-logo pryk op die voorblad. Die taal in JB begin ’n bietjie losser raak om by die nuwe beeld te pas.

In die laaste JB-uitgawe van 26 Maart 2001 skryf Kytie Koekblik:

JB is ’n kief koerant, was nog altyd kief en hou tred met die tye … Ek weet nie eens meer wat vandag se tieners in die plek van “kief” gebruik nie. Dalk sê hulle steeds “cool”.

Jip verskyn vir die eerste keer in April 2001 as jeugbylae van Die Burger, Die Burger (Oos-Kaap), Volksblad en Beeld. Al vier hierdie publikasies het hul eie redakteur en redaksionele span, elk met sy eie identiteit wat by die tieners in sy streek pas. Terselfdertyd begin Jip TV, ’n jeugjoernaalprogram op kykNET.

Wat beteken Jip? Waarvoor staan Jip? Dít is vrae waarmee elke redakteur van Jip gereeld gebombardeer word.

Jip beteken enige iets positiefs. Dis ’n positiewe konsep vir die land se grootste Afrikaanse tienerpublikasie. Dit is nie ’n akroniem nie, maar staan vir alles wat lekker is.

Saam met al die nuwe lekker dinge het JB se taal ook verander en het al die kief, spif en bevange goed plek gemaak vir Jip-Afrikaans.


Maar wat is Jip-Afrikaans?

Jip-Afrikaans is die goue middeweg tussen suiwer Afrikaans en die spreektaal van vandag se Afrikaanse tieners.

Hier is ’n paar voorbeelde van Jip-Afrikaans. Ek sal later verduidelik hoekom Jip hierdie Engelse woorde gebruik.

In ’n gewone nuusstorie in Jip word Engelse woorde redelik min gebruik. In een berig word daar byvoorbeeld geskryf:

Klein maar getrain. Dis nou vir jou ’n lekker foon dié, die Motorola C350. En jy het ’n kans om een van die trendsetting selfone te wen met Jip se kompetisie SMS in Afrikaans.

Verder in die berig staan:

Die kletsboodskap-feature van die C350 laat jou toe om met jou pelle te chat sonder om ’n woord te sê.


Zsa-Zsa Skemer skryf op 9 Junie vanjaar in haar boeke-rubriek in Jip:

Ek het my van die kaggelvuur weggeskeur en ’n paar hot favouritesuitgesoek — spesiaal vir julle.

Chutney de Ridder skryf weer op ’n keer in sy rubriek “Pop se Gedagtes”:

Nie dat my toevallige gespreksgenoot ’n flenter omgee nie. Hy is boos en hy is skynbaar bereid om bloed te skenk (by the looks of it) om sy argument te staaf.

Teen die einde van die rubriek skryf Chutney:

In die bigger scheme of things is die SA musiektoneel so groot soos ’n puisie op ’n tyrannosaurus rex se agterstewe.

Jip-rubriekskrywers soos Zsa-Zsa Skemer en Chutney de Ridder het grotendeels kreatiewe vryheid en hoef nie noodwendig aan Jip se taalbeleid te voldoen nie.

Aanhalings tydens onderhoude wat in Engels gegee word, word eerder in Engels gebruik indien dit die spreektaal van tieners is. Die beste voorbeeld is sekerlik die onderhoud met ’n leerder van die Hoërskool Paarl Vallei wat aan die nasionale ATKV-redenaarskompetisie deelgeneem het:

Ek is lief vir kattekwaad en doen maklik iets mals, en is ’n sucker vir dares — sorry, Mum! Ek love dit om saam met my mensies te kuier en te party tot ons lê, en dan hou ek daarvan om sommer net te chill en met ’n bud te sit en chat en stry oor áls.


Hoekom word dié tipe gemixde Afrikaans in Jip toegelaat?

Een van die redes hoekom daar met ’n jeugbylae by Die Burger begin is, was om koerantlesers, maar veral Burger-lesers en -intekenare, vir die toekoms te werf. Met al die nuwe tegnologie wat tot tieners se beskikking is, van die internet en selfone tot DVD’s en CD’s, is ’n mens nie verbaas as jy hoor dat tieners glad nie meer koerante (en wat nog te sê boeke) lees nie.

In die moderne era waarin ons leef, moet jeugpublikasies, maar veral Afrikaanse jeugpublikasies, by hul veranderende mark aanpas om voorsiening te maak vir hul lesers se behoeftes.

Om tieners te kry om Jip te lees, moet jy vir hulle iets aanbied in húlle taal. Iets waarmee hulle kan identifiseer, waarmee hulle kan rebelleer en sommer net hulle ouers nog meer kan irriteer. Tieners wil nie die keer as hulle wel die moeite doen om ’n publikasie te lees, argaïese Afrikaanse uitdrukkings en idiome teëkom nie.

Jy moet cool en funky wees, maar om hemelsnaam net nie te hard probeer om soos hulle te wees nie, want dan’s jy ’n wannabe. Jip probeer om vir tieners iets in hul spreektaal wat steeds Afrikaans is te bied, maar met ’n funky ondertoon.

Ja, funky. Nie oulik, eksentriek of onkonvensioneel nie. Funky. Vir tieners word daar na hul driejarige boetie verwys as oulik. En eksentriek beteken jy is regtig weird en behoort met handskoene hanteer te word. Onkonvensioneel beteken vir tieners jy’s anders, different en hoort dus verkieslik in ’n ander skool.

Onthou, net soos die meeste van ons genadiglik ons tienerjare ontgroei het, is Jip-Afrikaans ook een van daardie goed wat jy saam met jou pienk opblaaskussing en jou Atomic Kitten CD’s êrens diep in jou kas gaan wegsteek. Gelukkig is tienerwees net ’n fase, soos Jip-Afrikaans ook net ’n fase vir sy lesers is.

Die rede hoekom ons Jip-Afrikaans gebruik, is om tieners te help om hulle voete te vind in hul taal, en om koerante toegankliker vir hulle te maak. Soos hulle ouer word en meer gereeld koerant lees, sal hulle in elk geval begin om geïrriteerd te raak met Jip-Afrikaans en so die hoofkoerant begin lees.

Die doel met Jip-Afrikaans is beslis nie dat dit oral gebruik moet word nie. Dit is spesifiek vir Jip en sy lesers bedoel.

Jip probeer nie deur sy taalgebruik Afrikaans en die voortbestaan van Afrikaans ondermyn nie. Jip-Afrikaans moet eerder gesien word as tieners se oorbruggingsfase van tienertaal vol Engfrikaans tot die taalgebruik van ’n jong mens wat trots is op sy taal en sy kultuur.

Om saam te vat:

  • Jip-Afrikaans is die goue middeweg tussen suiwer Afrikaans en Engfrikaans.

  • Jip-Afrikaans is daar sodat tieners hul voete kan vind in hul taal en sodoende jongmense sal word wat trots is op hul taal en kultuur.

  • In Jip-Afrikaans sal iemand nie vir jou write cause hulle nie exactly sure is hoe hierrie dinge werk nie.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.