SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

  Annél Lategan
Annél Lategan is ’n Nataller van geboorte maar het aan die Hoërskool Roodepoort gematrikuleer, waarna sy ’n Matie geword het. Sy het eers ’n BA (Tale) behaal en daarna ’n honneurs in Engels. Stokperdjies? “Ek hou van dans, lees en perdry, maar het opgehou daarmee nadat ek te veel kere afgeval het.” Nadat sy vanjaar haar BPhil (Joernalistiek) op Stellenbosch voltooi het, gaan sy ’n loopbaan in die joernalistiek volg, maar wil eers al die nuusmedia beproef.

Hulle het nie geweet nie, máár ...

Annél Lategan


Ek voel soms skuldig as ek terugdink. Waarom het ek nooit gewonder hoekom al die swart mense arm is nie? Ek moes tog agtergekom het iets is nie pluis nie.

Ons was die ander aand by ’n vriendin se huis in Bettysbaai. Aan die eettafel, ná ’n paar glase wyn, sê iemand iets oor apartheid. ’n Groot stryery het vlam gevat. Die ouer mense (my vriendin se ouers en hulle vriende) het aan ons probeer verduidelik dat apartheid wel nodig was om die land op te bou en dat dit nie net negatief was nie.

Ek was geskok, geïrriteerd, ontsteld en offended.

Die ouer mense het verduidelik dat swart mense nie die peil van ontwikkeling so vinnig sou kon gehaal het as dit nie vir die wit mense was wat byvoorbeeld die myne hier begin het nie. “Die myne het die swart mense gehelp en vir hulle die moontlikheid gebied om geld te maak en te oorleef.”

Ek het naar geraak. Dit was vir my duidelik dat ons nie van dieselfde apartheid praat nie.

My vriende het losgetrek met aantygings van rassisme, wat die ouer mense net van die tafel gevee het met ’n ernstige “Ons is nie rassisties nie.”

Vir my was dit rassisties. Ek dink nie jong liberale moet met ouer of konserwatiewe mense oor apartheid praat nie. Daar is ’n gaping wat nie oorbrug kan word nie. Daar is min dinge wat jou liefde vir en dunk van die vorige geslag so kan laat daal soos om hulle oor apartheid te hoor praat.

Hoe gaan ons ooit saam aan ’n toekoms werk as daar steeds mense is wat nie bereid is om hulle oë oop te maak en vir hulself ondersoek in te stel om uit te vind wat die waarheid is nie?

Ek het grootgeword met ouers wat my nooit veel vertel het wat in die land aangaan nie. Ons is vier kinders en my ma sê ons het nooit belang gestel in die nuus of “grootmensstories” nie; ons het veel eerder met mekaar gespeel.

Ek het die meeste van my kennis oor apartheid op universiteit opgedoen. In my honneursjaar het ek baie geleer en nuwe menings gevorm. Ons het in Cultural Studies films ontleed wat tydens apartheid en daarna gemaak is en die vraag bespreek hoe so ’n kultuur kon ontstaan het en in werking gehou is. Ná my studie het ek die eerste keer verstaan waaroor dit gaan.

Dit is nogal ’n skok as jy altyd gedink het jy woon in so ’n mooi en wonderlike land en dan vind jy uit dis alles ’n leuen. Ek voel soms skuldig as ek terugdink. Waarom het ek nooit gewonder hoekom al die swart mense arm is nie? Ek moes tog agtergekom het iets is nie pluis nie.

Toe ek omtrent sewe was, het ek en my sussies ’n tassie gepak met al die goed wat ons nie meer wou hê nie en dit vir ons huishulp gegee. Ons het dieselfde dag met vakansie gegaan en Siena langs die pad sien staan met die tassie in haar hand. My ma was dadelik woedend oor die tassie wat sy “gesteel” het. My pa het onmiddellik stilgehou. Ons kinders en Siena moes hard verduidelik hoekom sy dit het. My ma was op haar beurt verleë omdat sy nie van ons vrygewigheid bewus was nie.

Ek voel soms skuldig as ek saam met swart of bruin vriende kuier. Ek wonder gereeld of hulle my nie verkwalik vir wat met hulle gebeur het nie. Vir die van ons wat regtig omgee, ook vir ons land se toekoms, is dit soms ’n bietjie moeiliker as wat die meeste van ons sal erken.

Ek dink dis waar dat baie mense nie bewus was van apartheid nie, maar dis omdat hulle verkies het om nie bewus te wees nie. Die stelling van ons ouers en hul generasie, “Maar ons het nie geweet nie”, is ’n halwe waarheid. Hulle wóú nie weet nie, hulle het gekies om nie te weet nie. Hulle het ook gekies om nie hulle kinders daarvan te vertel nie.

Baie mense het besef dat om om te gee vir swart mense se belange, beteken om afstand te doen van jou eie. Wit mense kon apartheid keer slegs deur bereid te wees om hul voordele prys te gee — en die meeste was nie.

Ek dink die dag wanneer ons, sonder om kwaad te word, almal eerlik kan praat oor apartheid en ons gevoelens daaroor, sal daar waarlik verandering kan plaasvind. Vandag is van ons steeds kwaad oor wat aan ons gedoen is en voel van ons skuldig oor wat ons nie gedoen het nie.

Jongmense van vandag vertel gereeld stories van hoe swaar hulle kry omdat daar nie vir hulle werk is nie. Hulle voel dit is onregverdig dat hulle moet betaal vir die foute van hul voorouers. Ek stem nie saam nie. Dit is die minimum wat ons kan doen.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.