SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

  André Janse van Vuuren
is in Pretoria gebore en het daar gematrikuleer waarna hy ’n graad in Bedryfskommunikasie aan die Potchefstroomse Universiteit behaal het. Hy het sedertdien vir agtien maande as ’n kommunikasiebeampte vir ’n Art. 21-maatskappy gewerk waarna hy twee-en-’n-half jaar lank ’n verkoopskonsultant in Londen was. André is vanjaar lid van die B Phil-joernalistiekklas aan die Universiteit van Stellenbosch. Hier vertel hy van sy gewaarwordinge oor apartheid.

Dit gaan nog lank met ons wees

André Janse van Vuuren


Die werklikheid van apartheid het egter eers in 1992 in ’n mate by my ingesink toe ek twee films, Sarafina en Cry Freedom, kort ná mekaar gesien het.

Ek was 15 jaar oud toe FW de Klerk die verbod op die ANC, SAKP, PAC en ander bevrydingsorganisasies opgehef het. Ek onthou die dag baie goed; ek het met ’n skoolbus op Kerkplein aangekom en die plakkate van The Citizen gesien. Die opskrif was “ANC, SACP unbanned.” Ek het in ’n huis grootgeword waar baie politiek gepraat is en ek het besef Suid-Afrika het ’n waterskeiding oorgesteek.

Voorheen het ek in kinderlike onskuld apartheid bloot as ’n deel van my bestaan aanvaar. My politieke bewuswording het eerder oor die “grootsheid” en uitbou van die Afrikanervolk gegaan, as oor enige bedreiging van die status quo. Die enigste uitsondering in hierdie verband was die indruk dat die ANC beveg moes word, omdat hy ’n kommunistiese agenda gehad het wat my sou verhinder om my godsdiens te beoefen. Die ANC, so het ek gemeen, was ’n buitelandse organisasie met vyandige oogmerke en het sy oorsprong in Rusland gehad. Ek was glad nie daarvan bewus dat die ANC uit ander Suid-Afrikaners bestaan het nie. Ons het ’n voltydse, inwonende huishulp gehad wat een naweek per maand huis toe kon gaan. Daar is gesê “dit is maar hoe hulle leef”. So ’n verduideliking was in daardie stadium goed genoeg vir my.

Ek was ook baie bewus van sanksies wat veral in die loop van die 1980’s ingestel is. Ek het dit aanvaar as ’n anti-Suid-Afrikaanse sentiment, maar kon nie die verband tussen sanksies en apartheid insien nie. Die enigste voorval waarin ek as kind verhinder is om iets te doen weens apartheid, was om ’n plaat van die Australiese groep Midnight Oil te koop. Op die omslag van die album het hulle verklaar dat die wins uit die verkope van die album, aan anti-apartheidsorganisasies sal gaan.

Vir die eerste paar jaar ná 1990 het ek geglo die NP-regering het die land in ’n prysenswaardige rigting geneem en dat die bevrydingsorgansies dankbaar moet wees vir die ruimte wat aan hulle gegun word. Ek was baie ontsteld oor die voorvalle van geweld en protes wat toe nog voortgeduur het. Na my mening was die ANC daarop uit om die land onregeerbaar te maak tensy aan al hul eise voldoen word.

Die werklikheid van apartheid het egter eers in 1992 in ’n mate by my ingesink toe ek twee films, Sarafina en Cry Freedom, kort ná mekaar gesien het. Dit het ’n sterk indruk op my gemaak. Nietemin het ek tot in daardie stadium min met nie-wittes te doen gehad.

Die Sondag voor die eerste algemene verkiesing in 1994 het ek ’n kerkdiens in die township Atteridgeville buite Pretoria bygewoon. Die pastoor het die hele diens aan die komende verkiesing gewy. Hoewel die hele land die verkiesing as ’n groot gebeurtenis afgewag het (baie kennisse het hul spense met blikkieskos en “noodvoorrade” volgepak), het ek in daardie kerkdiens besef hoe ’n groot gebeurtenis die verkiesing vir die mense van die land sou wees en wat dit vir hulle beteken.

Vandag dink ek apartheid was ’n diskriminerende stelsel wat op ’n immorele basis gefundeer was. Ek verwerp die aanspraak dat die apartheidsvaders ’n aparte bestaan op ’n gelyke basis vir alle Suid-Afrikaners wou verseker. Apartheid was gefundeer op die veronderstelling van meerderwaardigheid en dié stelsel is op ’n geweldadige en immorele wyse in stand gehou.

Alle wit mense het baat gevind by apartheid en vind nog steeds baat by die maatskaplike erfenis van die stelsel. Dit sluit ook in die jonger generasie wat nie die NP ondersteun het nie. Die erfenis van apartheid sal eers uitgewis wees wanneer geen Suid-Afrikaner meer ’n agterstand het, veral in ’n finansiële sin, wat deur apartheid veroorsaak is nie. As alles goed gaan, voorsien ek dit sal eers oor ’n paar generasies die geval wees.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.