SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Skrywersberaad-argief

Skrywersberaad




  Christina Landman
is in 1956 in Pretoria gebore en woon die grootste deel van haar lewe in diť omgewing. Sy studeer teologie, feminisme en geskiedenis aan Tukkies, Unisa en universiteite in Nederland en Duitsland. Sy is die afgelope ses jaar die hoofnavorser aan die Navorsingsinstituut vir Teologie en Religie aan Unisa. Sy het tien boeke op haar kerfstok.

Verlos ons van godsdienstige taal

Ons vaders en moeders se godsdienstige tale: PiŽtisme en Calvinisme

Daai kerktaal wat ons by ons vaders geŽrf het, kan ons onsself ordentlik daarin uitdruk? Ek meen, kan ons mekaar daarin troos, en mekaar laat sien hoe lyk lewe? Kan ons daarmee aan gesprekke deelneem oor genetiese manipulasie, aborsie en die feit dat ons, die godsdienstigste reŽnboognasie op aarde, ook die hoogste HIV-insidensie het? Gee dit ons ooit die woorde om mekaar te vergewe, terwyl ons tye dit nou nodig het? En as die lewe blou en koud word, kan daardie taal ons weer aan die lewe blaas?

Lirieke van die liefde
Jesus maak heel waar vroue seerkry
Nou te koop
En die liewe woorde wat ons aan moedersknie geleer het, kan dŪt ons deur die lewe vat, deur ons deurbrake en ons verwerpings? Deur die sosiale krisisse om ons, die dood, die angs, die geoliede pikkewyne? Watse woorde is in daardie taal wat sal maak dat ons kan praat oor ons ontdekkings en ons ontnugterings in ’n land vol misdaad en misnoeŽ?

Ek meen, die Sondagskooljuffrou leer ons om te kan sÍ: “Die Here is ’n lig vir my pad.” Ons weet nie mooi wat om daarmee te maak nie, met diť dat ons strate ligte het. Maar kinders kom gou agter dat hulle baie punte kry wanneer hulle hierdie naÔewe en rigtinglose slogan herhaal, en daarom bly diť taal.

En terwyl die moeders van die Sondagskool en die Kinderkrans vir ons die waarde van naÔewe taal inprent, is ons terselfdertyd aan ’n ander geweldige taal uitgelewer, diť van oom dominee. Oom dominee word op kweekskool geleer om sinne te sÍ soos: “Die teodisee-vraag moet uit sy eskatologiese konteks gehaal word en binne die ruimte van die etiek gediskusseer word.” Na hy sulke woorde geleer het, sukkel die arme man die res van sy beroep om ’n verstaanbare taal te praat. Diť dat hy uit desperaatheid die slapende gemeente met die hel begin dreig, dis tog mos die taal wat hulle verstaan. Die res wat hy sÍ, verstaan hulle in elk geval nie. Of anders word die dominee self so verleŽ oor sy onverstaanbaarheid, dat hy begin terugval op die slagspreuke van die piŽtisme, sodat ons almal wonder waarom hy ooit gaan studeer het. En dit is natuurlik nie net dominees wat ’n inisiasie-taal tydens opleiding geleer word nie. Toe my buurvrou begin het om ’n opleidingskursus by OM te doen, het sy in afkortings begin praat, wat alle oningewydes stom laat staan het.

En dis hoe dit gekom het dat ons net twee soorte godsdienstige taal in Afrikaans ken: die vaste, vrome uitdrukkings van die piŽtisme, en die vaste, verskrikkende uitdrukkings van die ortodokse Calvinisme (glo my, selfs die charismate in hierdie land is hiper-Calvinisties).

En daarom kan ons nie vandag in Afrikaans dinge sÍ soos “Morality is leading a beautiful life” nie. Want met “’n mooi lewe lei” is ons dadelik boude en al in die piŽtisme waar ’n mooi lewe beteken om te stereotipeer, en die dink en doen van hierdie lewe op te gee. En sodra ons in Afrikaans wil begin praat oor “free to be moral” en “God-talk” en “cancelling the sex debt in theology” en “moral imagination”, dan stuit ons voor die hekke van ortodokse Calvinistiese taal wat net uit variasies op die erfsonde-leer bestaan, en natuurlik net daarvoor woorde het.

In Afrikaans kan ons onsself dus net op twee maniere godsdienstig uitdruk. Ons kan in die taal van die piŽtisme ons hartjies rein verklaar (en ander s’n swart), en ons kan in Duitse en Hollandse Afrikaans ons erfsondelike toestand teologies ondersoek.

Hierdie twee soorte godsdienstige taal het egter iets in gemeen: die waarheid. Oftewel, die veronderstelling dat die korrekte woord die waarheid bevat. SÍ iets in die voorgeskrewe taal, en dis waar. SÍ iets op ’n ander manier, en dis mensgemaak en sondig.

So, die godsdienstige tale wat ons by ons vaders en moeders geŽrf het, veronderstel gewoon dat ’n woord betekenis het, dat dit korrek gebruik moet word om hierdie betekenis gestand te doen, en dat die korrekte woord ’n ewige waarheid weerspieŽl.

G’n wonder almal was nog altyd te bang om oor godsdiens te praat nie. Geen wonder ons godsdienstige taal is so onkreatief, en ons godsdienstige argumentvoering in tydskrifte en koerante is so onderontwikkeld nie. Dis daardie tale se skuld. Buiten ’n paar slagspreuke wat ons by die Sondagskool geleer het oor bloed en verlossing en reinheid, was godsdienstige taal vir die spesialiste, wat veilig was in hulle voorspelbare onverstaanbaarheid.

Wat van ’n nuwe, konstruktiewe, gedekonstrueerde godsdienstige taal?

PiŽtisme en akademiese Calvinisme. Wat het hierdie godsdienstige tale so lank aan die gang gehou? Niks anders nie as dŪt: hulle aansprake op waarheid, universaliteit, ewigheid en objektiwiteit.

Maar vandag weet ons, hierdie tale was nie universeel nie, maar broeders en broederlik. Hulle was nie waar en objektief nie, maar in eie belang, in menslike belang, in belang van die dominee, die teoloog en die politikus se mag. En alhoewel daar gehoop is dat hulle vir ewig sou duur, wil ons nou begin hoop dat daar vir hulle ’n vinnige dood sal wees.

So, die kans het nou gekom om anders na Die Taal te kyk, na ’n godsdienstige taal wat bevrydend vals, tipies nie-universeel, suiwer subjektief, en geslagloos sal wees. Maar voordat ons kom by die dekonstruksie van godsdienstige taal, kan ons onsself gerus afvra waarom? Waarom die moeite om ons nog met godsdienstige taal op te hou? Is die naÔwiteit en onbruikbaarheid van ons godsdienstige tale nie juis ’n aanduiding dat godsdiens maar verby moet gaan nie?

Ek dog toe nou so, terwyl die meeste Suid-Afrikaners aandui dat hulle wel godsdienstig is, en terwyl hulle nou nie eintlik glo dat anti-godsdienstige sisteme soos die verligting of die humanisme of die marxisme of die feminisme hulle kon verlos en gelukkig kon maak nie, kom ons gee godsdiens nog ’n kans. Dalk werk hy beter met ’n ander taal.

Godsdienstige taal as onwaar en vals
In die verlede was godsdienstige taal waar. Dit was ’n spreekbuis vir die ware godsdiens. Dis mos waarvoor godsdiens daar is, het ons altyd gedink. Godsdiens moet ons ophou wanneer ons voete bewe, dit moet ons bemagtig wanneer dit lyk of ons ondergronds moet gaan. En, het ons gedink, ons moet presies weet wat ons aan godsdiens het, hoe God dink, wat God se planne is, watter kant toe God ons slaat en hoeveel vir watter soort sonde, en hoe ver God jou weer oppluk vir watter soort gedrag, voordat ons geglo het godsdiens kan help. Daar moes ’n ware leer wees oor God en menswees, vir godsdiens om ons baken en sekuriteit te wees.

Maar sou ons godsdiens kan bevry van sy las om altyd waar te wees? Sou ons hom kon omgooi? Ons sou kon, wanneer ons droom oor ’n God wat inkonsekwent is, en ons verras. Wanneer ons praat oor ’n God wat nie blaamloos is nie, ’n God vir wie ons kwaad word wanneer dit sleg met ons gaan.

Die Christelike godsdiens het homself deur die eeue daarop ingestel om God van alle blaam kwyt te skeld wanneer dinge verkeerd loop. God het alles geskape, het teoloŽ geredeneer, maar God het nie die Bose geskape nie, omdat die Bose nie regtig as ’n substansie bestaan nie. Die Bose is gewoon die afwesigheid van die goeie. Die Bose bestaan net daar waar mense hulle vrye wil misbruik. God het nie die slegte geskape nie, en kan dus nie daarvoor geblameer word nie.

Aan die een kant is ’n mens dankbaar vir hierdie teoloŽ wat God se blaamloosheid gered het uit die hande van die pre-teoloŽ, soos Jesus se dissipels, wat aan die Bose substansie gegee het deur hom die Satan of die duiwel te noem. Nee, die idee aan ’n bose wat ’n lyf en ’n naam het, is natuurlik te vreeslik vir woorde.

Aan die ander kant het dieselfde teoloŽ vir God name gegee wat God se blaamloosheid moes versterk. ’n Taal wat kon praat oor God, die Blaamlose, kon ook praat oor God as ’n Regter, en God as ’n outoritÍre Vader voorhou. En die Seun van hierdie manlike God sonder seksdrang, was natuurlik toe ’n Rots en ’n Toevlug. Onbeweeglik, voorspelbaar, onbeÔnvloedbaar.

Maar sÍ nou ons begin in ander name oor God te praat, name soos Vriend, dit is, iemand wat deur ons woorde beÔnvloed kan word. Of ons beweeg weg van die naamwoorde, en praat oor God as Om uit te reik of Mooiword.

Ons sou selfs oor God kon praat as “Daardie Bliksem wat nie ore het as ek met haar praat nie.” Net sodat ons later kan sÍ, maar nou het my verhouding met God verander. Ek konnekteer nou met God. Ek kan nou weer vir God ’n ander naam gee as die Bliksem.

Hoe het dit gekom dat ons vaders so graag wou hÍ godsdiens moet waar wees, so graag dat hulle spesifieke tale daarvoor ontwerp het, diskoerse wat ons vandag nog beÔnvloed, en van ons maak wat ons is? En waarheen wil ons nou gaan deur hierdie godsdienstige diskoerse te dekonstrueer en toegang te gee tot voorlopigheid en selfs valsheid?

Hoekom, dan, het ons vaders so ’n ding gehad vir die waarheid? Askuus as ek julle alweer verveel met voor-die-hand-liggende antwoorde. Waarheid is natuurlik mag. Godsdiens is mag. Die ware godsdiens beteken baie mag. Godsdienstige diskoerse wat ons vaders se waarheid ondersteun het, het hulle baie mag gegee. Apartheidsmag. Manlike mag.

Dit het ons moeders ook mag gegee. Oor die huishulp, die tuinman, die kinders. Om geld uit te gee wat hulle nie verdien het nie. Om mag te hÍ in vroue-organisasies op grond van hulle mans se status. Om ongepaarde of verkeerd gepaarde vroue verdag te maak.

Wat kan ons nou bereik deur godsdiens se magtige waarheid te dekonstrueer? Wat kan verander as ons God as die Blaamlose en Magtige ondermyn?

Ons sal vir die Hansie Cronjť’s van ons samelewing die kans gee om oor hulle foute te praat sonder om dit die duiwel te hoef te noem. Eerder kan hulle dit hulle veranderlike noem, dit wat jy kan verander.

Dit sal die Riana Scheeperse die kans gee om hulle essays oor skoonheid en troos en goedvoel as godsdienstige tekste aan te bied, dit is, as tekste wat nie blaamloos en waar is nie, maar naby en diep aan die lewe kom.

Dit sal die Boetmans onder ons die kans gee om woede deel van hulle God-talk te maak, sodat ons God nie uit die gesprek hoef te verban juis omdat God glo blaamloos is nie.

Godsdienstige taal is nie universeel nie
’n Godsdiens kan net die ware godsdiens wees as hy homself bo ander godsdienste bewys het, het ons altyd geglo. Meta-narratiewe wat gebaseer was op “Jesus is my enigste Verlosser” en “Die bure gaan nie kerk toe nie, hulle gaan hel toe”, het hierdie diskoerse ondersteun.

Jesus se name het deur die eeue al die meta-narratiewe van Christelike godsdienstige taal oorheers. Onder die universele naam van Verlosser, is Jesus gekoŲpteer in histories spesifieke magstryde, sowel om te onderdruk as om te bevry. Die saggeaarde Jesus wat onderdanig was aan sy Vader, het vroue in Europa en elders, asook nuutbekeerde swartes op die sendingveld onderdanig gehou deur die verslawende taal van die piŽtisme, wat, natuurlik, ’n baie imperialistiese agenda agter hom gehad het. Die gewonde, bloeiende Jesus wat weerloos aan die kruis hang en sy aanhangers so bemagtig om teen hulle soortgelyke lot op te staan, was die Jesus van bevrydingsdiskoerse en hulle agendas.

’n Mens sou nou wonder hoe ons vandag ’n Jesus-diskoers kan voer wat nie universeel is en alle ander godsdienstige diskoerse wil oorheers nie — maar wat terselfdertyd spesifieke situasies aanspreek, en die arme Jesus van sy dogmatiese bagasie sal verlos?

Hoe sal Jesus lyk as ons sy identiteit as verlosser en heilige sou dekonstrueer, en watter strategiese waarde sou dit hÍ?

Nou, Jesus is, soos gesÍ, dikwels indien nie altyd nie, gekoŲpteer in identity politics. Identiteitspolitiek is wat ons beoefen wanneer ’n klomp van ons sÍ ons deel dieselfde identiteit, sÍ maar diť van onderdrukte vroue, en dat ons dit ons politiek kan maak om saam daarteen op te staan. As ons dan kan bewys dat Jesus ook met onderdrukte vroue geÔdentifiseer het, dan is dit natuurlik uitstekend vir ons politiek.

Maar kom ons los ’n bietjie hierdie belaste Jesus, en verlustig ons eerder daarin dat Jesus dalk ’n ou was wat self die dominante diskoerse van sy tyd gedekonstrueer het. Ons doen dit nie omdat ons glo dat Jesus iets eers moes gedoen het voordat ons dit mag doen nie, maar juis omdat ons vermoed dat diskoerse histories spesifiek en kultureel vervaardig word — en dat ons geslag en situasie sy eie diskoerse moet dekonstrueer, soos wat Jesus in sy tyd en situasie gedoen het.

Maar wat maak ons nou met ’n dekonstruerende en gedekonstrueerde Jesus?

As Jesus sy lyf agent gehou het om die dominante diskoerse van sy tyd af te breek, sou ek sÍ ons moet daarvan kennis neem omdat dit inderdaad, vir eeue, die lot van baie mense verander het, en dus wys dat dekonstruksie kan werk en ’n rol het om te speel in menslike geskiedenisse. Jesus het die godsdienstige diskoerse van ’n magsjagse, wettisistiese groep JudeŽrs ondermyn, na wie ons populÍr as die fariseŽrs verwys. Boonop het hy die absolute politieke mag van die Romeine gedekonstrueer. Maar nie net het hy die godsdienstige en politieke waardes van sy tyd gedestabiliseer nie, hy het dieselfde gedoen met die heersende ekonomiese praktyke. Het Jesus nie sy vinger vir die ekonomie gewys toe hy vir 5000 plus mense, op meer as een geleentheid, brood gemaak het nie, mense wat andersins brood moes gaan koop het by diť wat die broodprys genadeloos beheer het?

Nou, sonder om dit te sanktifiseer, kan ons dalk vir mekaar sÍ, dis ’n goeie voorbeeld. Dis die soort agentskap wat ons op onsself kan trek. So word ons agente om ’n diskoers af te breek wat agter die duiwel en Jesus skuil terwyl ’n korrupte krieketsisteem in stand gehou word. En so breek ons ’n diskoers af wat net tekste wat voorgeskrewe Jesus-belydenisse bevat, as geloofwaardige godsdienstige tekste beskou. En so word ons agente wat ’n diskoers ontmasker wat militÍre geweld verheilig het om ’n groep binne ’n volk se belange te dien, en baie jong mans daarin laat inkoop het.

Godsdienstige taal is subjektief
Godsdiens se universele waarhede is, vanselfsprekend, ook objektief, het ons geglo. En teologie is mense se objektiewe weergawe van God se ewige woorde.

Hoe kon ons hierdie leuen glo? En hoe het ons vaders daarby uitgekom? Ons vader-teoloŽ glo dat die mens so gevalle is, dat hy homself nie kan red nie. Hulle gee voor dat net Jesus Christus ’n mens kan red, maar eintlik glo hulle dat dit die korrekte en objektiewe weergawe van “God se Woord in Jesus Christus” is wat mense red. Dis die korrekte godsdienstige taal wat verlos.

Hoe het ons dit gekoop dat die mens totaal gevalle is? Dit het geen mens nog ooit goedgedoen om dit te glo nie. Maar dit het teoloŽ en politici gepas om ons dit te maak glo. Want hoe sterker die kerk geword het, en hoe meer hy homself verkoop het as die ruimte waarin Jesus verlossing skenk, hoe meer moes mense glo dat hulle in hulleself tot niks in staat is nie. En dat ’n mens dit reeds by jou vorige geslag geŽrf het. G’n mens kan dit ontkom nie. Jy word daarmee gebore.

Dis glo Augustinus wat al hierdie dinge oor die erfsonde gesÍ het, maar vandag wonder ons of dit regtig was wat die man bedoel het. Augustinus lewe in die tyd toe die Christendom staatsgodsdiens word (vierde eeu nC). Baie mense wat onder die vervolgings geswig het en hulle geloof verloŽn het, wou terugkom na die kerk toe die vervolgings ophou. Maar diť wat heelhuids gebly het in die kerk, wou hulle nie weer laat terugkom nie. Die kerk is net vir heiliges, het hulle gesÍ. Dis toe dat Augustinus gesÍ het niemand van ons is heeltemal heilig nie. Niemand van ons is so heilig, dat hy ’n ander onheilig kan noem en uit die gemeenskap van die gelowiges kan uithou nie. Ons is so te sÍ elkeen met ’n bietjie onheiligheid gebore. Dis hoe dit gekom het dat mense gedink het Augustinus praat oor erfsonde, maar eintlik wou hy maar net nie hÍ mense moes hulle heiligheid oor ander aanstel nie.

Maar die Calviniste het hierdie Augustinus gehijack en hom maak sÍ: Die mens is in sonde ontvang en gebore. Totdat die kerk se taal jou red.

Die idee van erfsonde speel ’n magtige rol in ons kerktaal, en in die manier waarop ons na mekaar en onsself kyk. Maar kom ons kyk of ons daarvan los kan kom en sÍ: Die kerk verlos ons nie. En godsdienstige taal wat ons wil oortuig dat die kerk ons van ons erfsonde kan verlos, koop ons nie meer nie.

Ons soek ’n godsdienstige taal wat ons van hierdie kerktaal sal verlos en ons in kontak met ons menswees sal bring. Ek sou sÍ ek is op soek na ’n godsdienstige taal wat mense plaas tussen, aan die een kant, heeltemal gevalle wees en, aan die ander kant, heeltemal rasioneel in beheer wees. Ek meen, ons weet tog dat jy nie so “gevalle” of gebore onkapabel is dat jy heeltemal niks aan jou lot kan doen nie, en die dominee se woorde moet vra om jou te verlos nie. En ons weet ook dat, as gevolg van die bindinge wat ons verhoudings en die ekonomie en die politiek en watter diskoerse ook al op ons plaas, ons nie vry is om heeltemal redelik oor onsself te besluit nie. Nie sonde nie, en ook nie rede nie, heers heeltemal oor ons.

So, watter soort godsdienstige taal kan ons dan gebruik om na onsself en ander mense te verwys, wat nie net met sonde, of net met rede werk nie?

Ek sou graag na myself, as godsdienstige wese, wou verwys, nie as iemand wat verlos moet word nie, maar as iemand wat op pad is. Dis nie ’n “winner-takes-it-all” op pad wees nie, dis nie ’n op pad boontoe nie. Dis nie ’n op pad iewers heen wees nie.

Dis gewoon nie ’n stilstaan nie. Dis selfs miskien ’n verlange na die val — nie na die sondeval nie, maar om beheer te verloor oor alles wat met rede beheers word. Dis om beheer te verloor om God te verstaan en redes uit te dink vir wat my oorkom op my pad. Dis soos oorlede Job, wat weerstand daarteen gebied het om die oorsake van sy lyding te verstaan.

En tog sou ek in ’n mate ook graag verlos wou wees, en wel van die sonde van dominante diskoerse. Ek sou nie as verloste my superieure kennis en gereinigde hart wou uitjubel in slogans nie. Ek sou net graag op pad wou wees om verlos te word van die suigkrag van dominante diskoerse wat my as politieke, ekonomiese, seksuele en godsdienstige wese bepaal.

Ek sou ook graag verlos wou wees daarvan om ’n identiteit te hÍ, of eerder, om altyd dieselfde identiteit te hÍ. Ek sou my godsdienstige identiteit wou verlos van sy vaste verbindinge. Veral van sy verknogtheid aan een soort sonde, die erfsonde wat alle sondes bepaal. Dis nou daardie erfsonde wat die Calvinisme uitgedink het en die piŽtisme van ’n inhoud voorsien het: sonde is drink, dipstick en dobbel. En terwyl ons nie drink, dipstick en dobbel nie, kan ons maar mag misbruik en ander mense hel toe stuur, die Here seŽn u.

Wat sou so ’n sondelose, redelose en identiteitlose godsdienstige taal, waarin ons oor onsself en ander mense praat, ons nou baat?

Dit sou die Hansie Cronjť’s en ander mense wat onder skuld gebuk gaan, op pad sit om verlos te word van ’n godsdienstige identiteit wat hulle armsalig afhanklik maak van ’n Verlosser wat terselfdertyd ook hulle Regter is. Wat die sonde waaraan hulle skuldig is, so groot maak dat daar geen redelike uitkoms daaruit is nie.

Dit sou die Riana Scheeperse en ander mense wat godsdienstig die mond gesnoer word omdat hulle nie die korrekte piŽtistiese taal gebruik nie, op pad sit om nuut en vars en kreatief oor hulle godsdienstige ervarings te praat.

Dit sou die Boetmans en ander mense wat kwaad is, op pad sit om beheer te verloor oor hulle woede. Hulle haat vir die dominante diskoerse van hulle tyd het hulle ’n spesifieke identiteit gegee. Hulle kan daardie identiteit nou aflÍ. Of afwissel. Oftewel, verlos daarmee omgaan. Of identiteitloos daarmee bond.

Ter afsluiting

Godsdienstige taal konstitueer ons. Die piŽtisme het ons gekonstitueer as stereotipiese sondaars, die Calvinisme as gevangenes van die erfsonde.

Ons het nuwe godsdienstige tale nodig. Ek sou kies vir een wat my sondeloos maak, sodat ek kreatief kan dink en praat. Ek soek ’n taal waarin ek kan praat oor my woede teen ’n Regtergod. Oor my verset om afhanklik te wees van ’n verheiligde Jesus. Oor my behoefte om myself as ’n gevallene te dekonstrueer. Oor my plig om myself as ’n godsdienstige mens uit te druk oor olie, gene, fetusse, korrupsie, die kunste, en emosionele uitbuiting in die naam van geslagtelike liefde.

Ek soek ’n godsdienstige taal waarin ek kan praat oor seerkry en seermaak, liefhÍ en liefde maak, verslaaf en verlos. Een waarin ek nie “as vrou” hoef te praat nie, maar waarin een van my identiteite, wat geslagtelik is, ook ’n stem sal hÍ.

LitNet-leser: Wat dink jy van hierdie bydrae? Twee pryse van R1000 elk word toegeken aan die interessantste reaksies op referate. Stuur jou opinie aan SÍNet by redlitnet@mweb.co.za

Besoek die beraad se virtuele boekuitstallings en ondersteun ons skrywers deur hul boeke via LitNet te bestel.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.