Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Skielik is jy vry: Die lewe en musiek van Koos du Plessis

Andries Bezuidenhout

Koos du Plessis
10 Mei 1945 — 15 Januarie 1984

Koos du Plessis
Foto verskaf deur Andries Bezuidenhout

Twintig jaar gelede, in 1984, was die land aan die brand. In September daardie jaar is ’n aantal noodtoestande afgekondig. Dit was “Swart September eighty four”, soos Koos Kombuis later sou sing, “die seisoen wat brand en aanhou brand, ’n lente bleek en dor ”

Dit voel nou soos ’n leeftyd gelede. Ook in daardie jaar, in die vroe oggendure van 15 Januarie 1984, het Koos du Plessis op die ou Krugersdorppad in Knoppieslaagte verongeluk. Hy het met sy Volkswagen Beetle van ’n laagwaterbrug af gery. Sy lyk is eers later die oggend gevind.

Gert Vlok Nel het later die tragiese gebeure “gerekonstrueer”. In sy song “Waarom ek roep na jou vanaand” onthou hy hoe sy ma vir hom vertel het van die nuus “die aand op die laataandnuus gelees deur Blomerus Niewoudt gewees”. Oor hoe Koos “na middernag wou ry na Nick-hulle toe om iets stupids te gaan s al het hulle for god’s sake al gel. ” Hy verwys hier na Nick Taylor, Koos se goeie vriend wat sy musiek opgeneem en uitgegee het. Verder sing Gert heel grafies dat dit “die god van lewe en dood behaag” het om vir Koos “op die no doubt bestemde uur te laat ry op ’n laagwaterbrug”. Toe het “die Volksie in slow motion begin gly en geploeg deur die tamboekiegras  tot teen die boom het jy half gedroom en half gely en halwe dinge bely ”:

jou o het gesien rens dit & rens dat & Herman wat
inkom in die baai op die dek van die Carian all sails & hy hail jou hy praai hy
lag & waai & roep ek het jou kom oplaai Koos all around the
world vanaf malta na bombaai
& toe het jy op die woord bombaai
omgedraai & iets vir ons ges wat ons nie kon hoor nie weens die aanwesigheid
van wind maar dit was iets soos wind vind bind kind & toe het jy
die mre sien breek koud & woordeloos Koos jy was bly en
skielik was jy
vry.

In sy afskeidslied aan Herman sing Koos du Plessis oor die plekke wat hy nog wou besoek, waaroor hy wou gesels. Gert Vlok Nel noem Malta en Bombaai. Dan is daar Beiroet, Java, Leningrad, Khartoem en Zanzibar. Koos het baie gesing oor reise en oor swerwers. Oor Herman het hy gesing:

toe laat jy vir my alleen agterbly
met ’n droom en ’n gebreekte kitaar.

Twintig jaar later het baie van die plekke wat hy nog wou besoek, al ander name. Soos Koos ’n afskeidslied vir Herman geskryf het, is “Waarom ek roep na jou vanaand” weer Gert Vlok Nel se afskeidslied aan Koos du Plessis. En heel gepas kom speel Herman ’n laaste rol as hy Koos met sy skip kom haal.

Gert Vlok Nel onthou ook die tyd toe Koos nog sy “swartste troebadoer” was, toe sy eie hart nog “kouewateromoskoon” was, te skoon “vir die Here & Tintin om in te woon”. Op ’n manier was Koos se musiek baie “skoon” vir die smerige dekades waartydens sy musiek geskryf is. Verder sing Gert:

jou liedjies was so hartverskeurend skoon
te skoon te skoon om in te woon
hulle hoort nie in Afrika of hier rens nie
jou liedjies belong eintlik nrens nie.

Wie was Koos du Plessis en wat beteken sy musiek vir ons twintig jaar na sy dood? Was sy musiek werklik “te skoon” om “in te woon”? En waar hoort sy musiek vandag? Ek het weer na sy plate gaan luister en ’n paar vrae aan mense gevra in ’n poging om van hierdie vrae te probeer beantwoord.

* * *

Baie het gebeur in die twintig jaar sedert Koos du Plessis se dood, maar dat hy ’n fenomenale impak op die ontwikkeling van Afrikaanse musiek gehad het, is moeilik om te betwis. Sy musiek is al vergelyk met di van Bob Dylan of Leonard Cohen (Paul Boekkooi, Kerneels Breytenbach, Koos Bester, Theunis Engelbrecht), die Franse chanson (Fanie Olivier), Jacques Brel, Herman van Veen en Otto Brandenburg (Stephan Bouwer), Rod McKuen (Marietjie Roux, Paul Boekkooi), Tom Paxton (Kerneels Breytenbach) en Paul Parish (Kerneels Breytenbach). Hy was natuurlik nie die enigste vernuwer van sy tyd nie, maar die kwaliteit van sy musiek en lirieke, asook die universele waarde van die temas wat hy aangespreek het, het gemaak dat sy musiek oor ’n wye spektrum van die diverse subkulture in die Afrikaanssprekende wreld aanvaar is. ’n Kersfeesliedjie van hom is in die NG Kerk se sangbundel opgeneem, Battery 9 het sy “Kouevuur” op ’n baie onkonvensionele wyse herinterpreteer, gospelsangers sing gereeld “Gebed”, Johannes Kerkorrel het ’n hele CD met van sy gunsteling Koos du Plessis-songs opgeneem, en daar is seker nie ’n Afrikaanse laerskoolkoor in die land wat nog nie “Kinders van die Wind” gesing het nie.

’n Mens kan baie dinge in Koos du Plessis se musiek inlees, juis omdat dit sulke universele temas aanspreek. Maar ek dink tog ’n mens kan met sekerheid s dat ’n groot deel van sy lirieke ons herinner aan ons eie feilbaarheid. Selfs in “Gebed” bly die onderliggende tema een van wanhoop, van gebrokenheid — van teleurstelling in die “self”. Hoekom dan anders kan soveel mense daarmee identifiseer?

* * *

Die storie van Koos du Plessis het in Rustenburg begin, waar sy ouers geboer het. Op 10 Mei 1945 is Jacobus Johannes du Plessis gebore. ’n Naam wat meer Afrikaans as dt klink sal jy sukkel om te kry. Sy pa was ook Jacobus Johannes du Plessis (“Oom Koos”) en sy ma was Hester Johanna Buitendag — oorspronklik afkomstig van Rhodes se omgewing in die Oos-Kaap. Hy het ’n ouer suster, Hester, en ’n ouer broer, Boet gehad. Na hom sou Henning gebore word.

Soos so baie boere het die Du Plessis’s hulle plaas by Rustenburg verloor, en hulle is sak en pak terug stad toe. Koos sou later oor die Oosrandse myndorp, Springs, waar hy as kind gewoon het, sing:

Jou naam besing verlore ou fonteine
en tower beelde van oases langs die pad;
maar ver al wys die torings van die myne
jou skoonheid l veel dieper — in die hart ...

Daar was ’n huis met ’n kombuis en greinhouttafel;
En ses mense het gedeel in lief en leed.
En mettertyd het alles uitgerafel,
Maar wat die leed was, het ek jare terug vergeet ...

Die meeste van Springs se huise van daardie tyd is gebou van daardie tipiese geel klinkerstene wat ’n mens so baie op die Hoveld tekom, met rooi stoepe wat jy elke oggend met Cobra moet politoer, veral as die poeierstof van die mynhope so waai op daardie mistroostige wintersoggende. Die huis waar Koos grootgeword het, is later gesloop om plek te maak vir ’n winkelsentrum. Die gesin moes toe ’n nuwe tuiste ’n paar blokke verder maak. Sy ouers het nog in hierdie huis gewoon tot sy pa se dood in 1997. In Springs het Koos skoolgegaan by die Laerskool Pam Brink en Hor Seunskool Hugenote.

Na skool is Koos Pretoria toe. Hier het hy vir ’n onderwysdiploma aan die Pretoriase Normaalkollege studeer, en ’n BA-graad met spesialisering in Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria voltooi. Reeds tydens sy studentejare het hy begin om sy eie liedjies te skryf. Een van die redes was ’n tekort aan oorspronklike musiek wat sy serenade-groep kon uitvoer. Later sou hy sing oor meisies wat “lank na middernag nog deur die vensters loer en dromend luister na die lied van elke troebadoer”. En:

Pretoria, jakarandastad,
die tyd gaan gou verby
en daardie jare l soos
ylblou berge agter my.
Maar steeds is ek die troebadoer
wat almal wil vertel
van jou, ou jakarandastad
met sang en snarespel ...

Ook in Pretoria, in 1964, ontmoet hy vir Mornay du Plessis, met wie hy later sou trou. Na sy studies in Pretoria — in 1966 — is Koos Johannesburg toe. Aanvanklik het hy weer by sy ouers in Springs gaan bly en het na die middestad toe gependel om sy loopbaan as koerantman by Die Vaderland te begin. Maar later het hy en Douglas Davis, ’n goeie vriend, in ’n woonstel in Wolmaransstraat oorkant Joubert Park — op die rand van Hillbrow en Johannesburg se middestad — gaan woon. “Sprokie vir ’n Stadskind” is tydens sy verblyf in die betonoerwoud geskryf. Hier praat hy oor die teerstrate as “swart riviere” en die geboue as “kranse van beton”; ’n “renboog” word ’n “neonboog” en ’n mens soek na ’n “brokkie son”.

In 1969 is hy met Mornay getroud, en na ’n kort wittebrood in Europa het hulle in Amanzimtoti gaan woon. Koos het by Die Nataller gewerk en Mornay het skoolgehou. Aan die einde van 1971 het hulle deur Europa gaan reis — onder andere deur Frankryk, Spanje, Nederland en Duitsland. Hulle sou aanvanklik ’n baie langer reis onderneem het, maar Koos het baie siek geword en hulle moes terugkeer Suid-Afrika toe. ’n Mens wonder of dit hierdie gesondheidsterugslag in Europa was wat “Najaarsdroom” genspireer het:

Nog ’n najaar in die vreemde,
met my drome sonder tal.
En ek weet die winter kom weer,
met sy sneeu wat ewig val.
Ek ken die Rynland-nagte,
die Alpe met sy sneeu,
die Swartwoud se geheime
en die liedjie van ’n meeu.

Maar hier buite sterf die somer
en ek sien die blare val;
en iewers skyn die somerson
op die velde van Transvaal;
en rens dreun die branders
aan die strande van Natal.

Dis na die Transvaal se somerson wat hulle teruggekeer het. Vir ’n tydjie het hulle in Randburg gewoon, en Koos het weer by Die Vaderland gaan werk. In hierdie tyd het hy deeltyds ingeskryf as student aan die Universiteit van die Witwatersrand en ’n BA honneursgraad in Afrikaans-Nederlands voltooi. In 1972, toe hy ’n aanstelling by Die Oggendblad kry, het hulle in Sunnyside in Pretoria — in ’n woonstel in Johnstonstraat — gaan woon. In 1973 is Irma gebore en die woonstel het te klein geword. Hulle het ’n huis in Wierdapark laat bou, ’n nuwe voorstad van wat toe as Verwoerdburg bekendgestaan het. Terwyl hulle hier gewoon het, is ook Karien en Karla gebore. Oor al vier die vroue in sy lewe sou hy later sing.

Oor Irma:

En die dag het gekom,
want die donker is dood
en die lig is alom,
en waar lig is, is hoop —
ook al word die hart bang
vir die jare se gang.
En di vreugde sal bly,
al gaan alles verby,
want die vreugde is j —
Irma dis jy.

Oor Karien sing hy:

Die man
wat hier oor jou waak
is kreupel en bang
en word ook maar vaak.

Miskien sal jy eendag sien;
miskien, Karien.

’n Vriendin van my was vas oortuig Karien was blind, tot sy haar later self ontmoet het!

Oor Karla, wat nou self ’n liedjieskrywer en sanger uit eie reg is, het hy gesing:

Sy maak my woorde
en sy sing.
Ek vind akkoorde — sonderling!
Want saam met Karla wen ek grond;
word elke dag ’n klein verbond.

Die lied wat hy vir Mornay geskryf het, is een van die mooiste liefdesliedere in Afrikaans, juis omdat dit nie soetsappig word nie, juis omdat dit praat van verlies, van gebrokenheid, en van ’n mens se feilbaarheid:

Maar jy, Mornay, sien skaduwees en kyk verby, Mornay
die dae dryf soos wolke verby
En jou o laat my glo dat daar iewers nog sin is;
dat iewers, n alles, daar nog ’n begin is.
Want verby is verby en die toekoms is helder vir my, Mornay
want die toekoms is jy.
Die nag raak soms kil;
jou lag raak soms stil 
Maar jy, Mornay, kan woordeloos my hart verbly 

’n Deurlopende tema in Koos se lirieke oor sy eie lewe en die mense wat sy lewe gedeel het, is die onvolmaaktheid van verhoudings tussen mense. In “Molberge” sing hy oor hoe dinge “uitgerafel” het, vir Karien sing hy oor homself as “kreupel en bang”, vir Mornay oor die skimme wat hom beetpak as hy vergeet.

Soms is hy amper liries — sien hy moontlikhede raak — maar dis die bitter sinisme wat met ’n koggellag in versvorm uitgedruk word wat die mees kenmerkende eienskap van sy musiek geword het. Neem byvoorbeeld die beskrywing van troues en begrafnisse in “Skadu’s teen die Muur” — die stoet en die konvooi:

In swart of wit getooi,
in ’n stoet of in konvooi,
wonder elkeen hoe lank alles nog sal duur;
en leef holderstebolder
want die kis wag op die solder 
en die lewe is ’n skadu teen die muur.

Let op die die progressie (regressie?) van “hofmaak” na “hofsaak” in die volgende uittreksel — ook uit “Skadu’s teen die Muur”:

Met orrelbegeleiding
kom die voorspel tot die skeiding,
maar dis alles reg — die liefde is ’n vuur;
en van die vurige hofmaak
hoor ons later in die hofsaak,
want die liefde is ’n skadu teen die muur.

In “As jy my kon volg ” word dieselfde sentimente uitgedruk, maar met ’n klein bietjie meer hoop wat deurskemer:

As jy my kon liefh tot alles vergaan
en nooit, ooit die skeiding sou vrees,
sou ons die lewe kon leer verstaan —
’n oomblik gelukkig kon wees.

Maar ons is nog jonk en die wreld is oud;
en voor ons het almal gefaal.
Neem nou my hand want die nag is koud —
dis dalk die heel laaste maal.

* * *

Soos die 1930’s en die 1960’s dekades van oplewing in die Afrikaanse letterkunde was, het daar in die laat 1970’s ’n nuwe beweging in Afrikaanse musiek ontstaan. Hierdie beweging sou later as die Musiek & Liriek-beweging bekend staan en die term luisterliedjie is gebruik om hulle musiek te beskryf, onder andere omdat mense gevoel het dat dit belangrik was om lirieke van ’n beter gehalte in Afrikaanse te skryf — sodat ’n mens daarna kan lister. Koos du Plessis se eie ontwikkeling as musikant en liriekskrywer word gewoonlik met hierdie beweging verbind, en hy het baie respek gehad vir van die ander invloedryke persoonlikhede — mense soos Anton Goosen, Jannie du Toit en Clarabelle van Niekerk. Maar tog het sy musiek grootliks onafhanklik van hierdie beweging ontstaan en het baie van sy liedjies hierdie beweging met etlike jare vooruitgeloop. Sy trefferlied “Kinders van die Wind” is byvoorbeeld reeds in 1968 geskryf — dieselfde jaar wat byvoorbeeld Leonard Cohen se eerste plaat met sy bekende “Suzanne” uitgereik is.

In 1975 het ’n vriend van Koos, Karel Theunissen, ’n kassetopname van Koos se musiek na Nick Taylor van Incline House-musiek geneem. Hierdie stap sou betekenisvol wees in die ontwikkeling van Koos se musiekloopbaan, en ’n verbintenis tussen Koos en Nick Taylor en di se vrou, Birthe, sou uiteindelik lei tot drie langspeelplate en ’n diep vriendskap. Koos het geen formele musiekopleiding gehad nie en kon nie note lees nie, dus het ’n werkswyse ontstaan waarvolgens Koos tuisopnames van sy liedjies na Nick toe sou neem. Die meeste van Koos se musiek is in die vroe oggendure opgeneem — hy was nie ’n “dagmens” nie, soos ’n mens byvoorbeeld met “Nokturne” kan agterkom:

En die nagwind s volkome:
elkeen droom sy volste drome —
en bly alleen.
En die vrese wieg soos bome
in die nagwind en die ren.

In “Nagwag” sing hy:

Eindelose ure
van sterre en van konkavure,
van waak en wag 
volkome wag

Maar die dag bly weg;
die maan word lood
en een-een gaan
die sterre dood.

Die noue verbintenis van skrywers en digters by die Musiek & Liriek-beweging is op sigself nogal interessant. In 1977, byvoorbeeld, het Stephan Bouwer ’n reeks van agt televisieprogramme gebaseer op kort prosastukke, gedigte, kortverhale en Afrikaanse liedjies, met die titel Fyn net van die Woord verwysend na Van Wyk Louw se Raka, saamgestel. Die gedagte met die program was juis om die spektrum van Afrikaanse woordkuns te belig. Bouwer se program het bestaan uit werke van jongergeslag-digters soos Jeanne Goosen, Wessel Pretorius, Henk Rall, Fanie Olivier, Antjie Krog, en Marlise Joubert, asook van gevestigde digters soos Elisabeth Eybers, DJ Opperman en NP van Wyk Louw, wat voorgelees is deur onder meer Katinka Heyns, Sandra Prinsloo en Marius Weyers. Die digkuns is dan gekombineer met musiek gesing deur Laurika Rauch en Nick Taylor. Op twee van die programme in die reeks het Nick van Koos se liedjies bekendgestel. Kort daarna, in nog ’n televiseprogram, Musikale Mallemeule, sing Nick Taylor vier ander liedjies van Koos.

In September 1978 sing Koos drie van sy eie liedjies in ’n insetsel op die SAUK-program Perspektief met Karel Theunissen as regisseur. Karel, die einste persoon wat oorspronklik vir Koos aan Nick Taylor voorgestel het, was ook ’n groot dryfkrag in die proses om Koos se musiek bekend te maak. Hierna volg die gewilde Musiek en Liriek-program, onder leiding van Merwede van der Merwe, waaraan die naam vir ’n “nuwe” beweging in Afrikaanse musiek ontleen is. Die TV-program is opgevolg met ’n reeks konserte in Die Laager by die Markteater. Intussen het Nick Taylor ook ’n paar van Koos se liedjies in Engels op televisie vertolk, onder meer ’n vertaling van “Skadu’s teen die muur” op sy eie program, Sounds like Velvet.

Hierna volg die TV-vervolgverhaal, Phoenix & Kie, waarvoor Katinka Heyns vier van Koos se liedjies sou gebruik. Sy het “Kinders van die Wind” gekies as temaliedjie vir die program, en het drie ander liedjies, “Sprokie vir ’n Stadskind”, “Skielik is jy Vry” en “Somer is Verby” in die reeks ingesluit. Die liedjies vir die program is vertolk deur Laurika Rauch. Phoenix & Kie was vir Koos en Laurika ’n groot deurbraak. Kort hierna stel Laurika Rauch ’n solus sewe van “Kinders van die Wind” by David Marks en sy Stanyan-platemaatskappy vry. Binne die eerste week na die vrystelling moes die opname twee maal herdruk word. Sewe weke later ontvang Laurika en Koos goue plate vir verkope van meer as 25 000 kopie van hierdie plaat. In Oktober 1979 haal Laurika Rauch se solus sewe “Kinders van die Wind” Springbokradio se Top 20. Op 26 Oktober 1979 beklee Laurika Rauch se “Kinders van die Wind”-solus sewe die nommer een posisie op Radio 5 se Best Sellers-program, gebaseer op plaatverkope

In 1980 stel Koos du Plessis sy eerste album, Skadu’s teen die muur, met Nick Taylor as produksieleier, vry. Benewens die liedjies wat bekendgemaak is deur die program Phoenix en Kie, bevat die album verskeie onbekende liedjies en word genomineer as Afrikaanse Langspeler van die Jaar en “Kinders van die Wind” as Liedjie van die Jaar tydens die Springbokradio-Sarie-toekennings. Koos word bekroon met ’n Sarie-toekenning vir Liedjie van die jaar. Al het ’n mens nou al meer as tien verskillende weergawes van “Kinders van die Wind” gehoor en al het ’n mens keer op keer daarna geluister op die radio, by kunstefeeste en by die huis, bly dit vir my een van die mees elegante lirieke wat tot nou toe nog in Afrikaans geskryf is. Dit het ook bewys dat kwaliteit nie noodwendig hoef terug te staan vir kommersile sukses nie:

Ek ken ’n ou, ou liedjie
van lewenswel en -wee;
van lank vergane skepe in
die kelders van die see.

Die woorde is vergete
en tog, die deuntjie draal —
soos vaag onthoude grepies uit
’n baie ou verhaal.

Gesigte, drome, name,
is deur die wind verwaai;
en waarheen al die woorde is
sou net ’n kind kon raai.

Swerwers, sonder rigting;
soekers wat nooit vind 
En eindelik was almal maar
kinders van die wind.

In dieselfde jaar skryf Koos die liriek vir die kenwysie van die televisieprogram Jopie Adam, wat hy ook self vertolk. Ek onthou nog Sondagmiddae voor die TV — met Jopie Adam, Maljan, die beer Ben en die donkie Nommer 7. Soos die Waltons en die Cosbys, was dit “wholesome American TV” waarmee die regering en die base by die SAUK kon saamleef. Maar Jopie Adam was darem ’n voortvlugtige vir die gereg:

Diep-diep in die bosse is ’n poort na ’n vergete land
waar ons stil dae slyt, leef en droom
en swyend luister na die voetval van die tyd
teen skemeraand, as hoop weer fluister.

Wie weet, iewers is daar dalk ’n land van rus en
wie weet, waar die vlugteling veilig is,
waar die swerwer eindelik rus en as daar is —
neem my saam 

’n Tweede album, getiteld As almal ver is, verkyn in 1981 en word die volgende jaar genomineer in die kategorie Afrikaanse Langspeler van die Jaar tydens die Springbokradio-Sarie-toekennings. Alhoewel die drie lirieke vir sy dogters vir hierdie CD opgeneem is, sing hy op die titelsnit van verwydering:

As almal ver is, vind jy jou siel —
weerloos en eensaam, soos ’n vrou voor ’n spiel.

Soos op “Skadu’s teen die muur” figureer die tema van die soeker of die swerwer weer sterk, soos hier in “Swerwer”:

Jy wat jou op die wysheid roem,
wi sou jy die swerwer noem:
die een met tas en reisbiljet
of elkeen wat nog drome het?
Of wie?

Ook in 1981 verskyn daar twee bundels van Koos se lirieke met akkoorde. Kinders van die wind en ander lirieke met wysies en akkoorde word deur Tafelberg-Uitgewers uitgegee, en Incline House produseer ’n volume van die lirieke op Koos se tweede langspeler, As almal ver is. Gedurende hierdie tyd spandeer Koos dikwels Vrydagaande by “liedjiesaande” saam met medekunstenaars en musiekliefhebbers by Margaretastraat 42, die huis van Jannie en Ansa du Toit.

In Desember 1982 stel Koos sy derde langspeelplaat, Herbergier, vry. Hoewel die album baie goed ontvang word, meen heelwat kritici dat Herbergier selfs nog minder kommersieel is as Skadu’s teen die Muur en As almal ver is ... Op ’n manier is Herbergier Koos se donkerste plaat — baie soos Leonard Cohen se derde plaat, “Songs of love and hate”. Weer kom ons karakters te wat doelloos rondreis — soos op “Skimme”:

Daar’s skimme gewikkel in jasse —
verskans teen die winde van ys.
Daar’s skimme met kiste soos tasse,
vol drome gepak vir die reis.

Hierdie skimme “reis van perron na perron” op soek na “’n trein na die dag”.

Net na hierdie een peper Koos ons met “Vermiste Mense”:

Ek bly op soek na lank vermiste mense,
maar almal bly my oninhaalbaar voor.
Die jare skif tot newels voor die lense
en die hart verloor maar mettertyd die spoor.

Dan is daar “Herbergier”, seker een van sy mooiste lirieke, en die onkonvensionele oorskakel van ’n A-majeur- na die hartseer A-mineur-akkoord wat die melodie so verskriklik mooi maak:

As jy wil vlug van alles —
profete, dromers, malles —
my deur word nooit gesluit,
maar hou die hele wreld uit.

En praat maar, niemand hoor nie;
ek dra geen woord ooit oor nie;
ek luister wat jy s,
maar in my hart bly alles l.

Die nag is net toe deure,
gegrendel en gesluit;
en hoop klop soveel kere,
maar die stilte hou hom uit ... ek weet.

As jy wil huil — ek steur nie;
daar’s geen oor teen ’n deur nie.
Geniet net wat ek het —
Ek het die tyd my huis belet.

In “Spore op die Maan”, seker een van die eerste “groen” lirieke in Afrikaans, sing Koos oor “rommelberge” wat groei en “swaelsuur in die ren”, oor verspieders wat op Venus loer, oor elke hektaar wat verkoop is en elke opstal wat gesloop is:

Elke woord is retoriek,
elke droom is bloot plastiek
en atoom’s die idioom van wie verstaan.
Iewers moet ’n rusplek wees
vir die afgematte gees —
maar, kyk, daar l reeds spore op die maan 

In “Droomswendelaar” sing hy:

Vra jy net vriendskap,
net n wat verstaan;
of droom jy van liefde
wat nooit sal vergaan?
Dan loop ons paaie
hier uitmekaar,
want ek is ’n droomswendelaar.

In Koos du Plessis se wreld — in die vroe 1980’s, maar waarskynlik enige tyd in die mensdom se geskiedenis — is daar nie veel hoop nie. Mense is skimme met drome in koffers gepak, wat van perron na perron soek vir ’n trein na die dag; hulle vernietig sommer die aarde ook in die proses, en vlug as iemand vriendskap of iets meer wil h.

Maar op 9 Augustus 1983 ontvang Koos tog ’n oorkonde van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) in erkenning van sy bydrae tot die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur. In dieselfde jaar begin hy ook werk aan opnames vir ’n vierde langspeelplaat. Hierdie plaat kon hy self nooit voltooi nie.

In 1985 verskyn Om jou verlaas te groet, ’n versameling gedigte saamgestel deur Fanie Olivier en uitgegee deur Human & Rousseau-uitgewers. In 1987 word Koos se Plaat — ’n Huldeblyk aan Koos du Plessis, wat opgeneem is op die Inhuis-etiket deur Nick Taylor, Lucas Maree, Jannie du Toit en Coenie de Villiers, vrygestel. In 1995 verskyn ’n tweede versameling nagelate gedigte met die titel Skink nog ’n uur in my glas — Nagelate Verse deur Quellerie-uitgewers.

* * *

Op ’n manier deel Koos du Plessis se lirieke amper meer eienskappe met die sogenaamde Dertigers en Veertigers as met die Sestigers. Elisabeth Eybers was byvoorbeeld ’n baie sterk invloed in sy werk. Sy lirieke word gekenmerk deur sterk maar soepel strukture van metrum en rym. En verder het hy weggebly van die politiek af — iets wat nou redelik vreemd voorkom in die konteks van wat na die Sestigers in die letterkunde gebeur het. Alhoewel ander baanbrekers, soos Anton Goosen en David Kramer, se musiek soms ’n sterk politieke inslag gehad het, het die meeste ander invloede van die Musiek & Liriek-beweging eerder op die kwaliteit van lirieke gekonsentreer as om betrokke te raak by die kwessies van die tyd. As joernalis, subredakteur en later nuusredakteur kon Koos du Plessis nie onbewus gewees het van wat om hom gebeur nie. Dalk het Musiek & Liriek eerder vir Afrikaanse musiek gedoen wat die Dertigers en Veertigers vir die letterkunde gedoen het. Tog was dit ’n belangrike beweging, want die Volvry-beweging kon hierop voortbou met hulle protes in die 1980’s as die “Sestigers” van Afrikaanse musiek.

En waar baie van die protesliedere van die 1980’s nou vreemd klink, waar baie van die name, woordspelings en gebeurtenisse daarin onbekend gaan word vir nuwe geslagte luisteraars na musiek, sal mense aanhou om na Koos du Plessis se musiek te luister. Iemand wat ’n jong taal soos Afrikaans s kon laat sing n spoeg, se waarde is universeel — die musiek word deel van wat as “klassiek” beskou kan word.

Dink maar aan hoe die woordklanke sing in “Skadu’s teen die muur”:

Die donker kom van buite
en syfer deur die ruite
en ek gooi nog ’n paar kole op die vuur.
En my voete en my hande
word ou bekende lande
in skadukaarte teen die kamermuur.
Die wreld word ’n skadu teen die muur;
’n flikkerende skadu teen die muur.

Bloot deur die woorde te lees — sonder om die melodie te sing — word ’n mens bewus van ’n vloeiende musikaliteit.

Dan is daar die kere wat hy woorde laat spoeg. Die blote ritme van die klanke van “Kouevuur” het gemaak dat Battery 9 die liriek op monotoon — sonder Du Plessis se wysie — aanvanklik kon fluister, en dan saam met ’n bars ritme kon uitskree, met die “vreet my stuk-stuk op” wat aan die einde oor en oor herhaal word:

Daar’s te veel met die wreld gefoeter;
daar’s te veel met die mense gemors 
en ek drink en ek dink aan die soeter
wyn teen die groter dors 

En die helde, n al die geploeter,
l diep in die aarde se kors 
en ek drink en ek dink aan die soeter
wyn teen die groter dors.

Met ’n koue hart, tot die mre-uur,
drink ek teen die vuur in my kop —
en ek voel di koue, ek voel di vuur
vreet my stuk-stuk op.

Koos du Plessis se bydrae l dalk juis daarin dat hy gehelp het om ons ore oop te maak vir die oneindige moontlikhede wat die musikaliteit van Afrikaanse woorde en klanke aan ons bied — dat ’n gebroke en siniese wreld op ’n liriese wyse verwoord en verklank kan word. En s ’n nalatenskap hoort eintlik nrens nie, juis omdat dit so universeel word.



LitNet: 2 Maart 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.