ReisNet Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Toe raak ons fênsie ...

Kobus Prinsloo, 2005

Man, toeka se kampdae voel asof dit iemand anders was. Jy vertel met 'n grynslag vir jou maters hoe jy gesukkel het om die mas op te kom met die klein tentjie waarin jy skaars genoeg plek gehad het om meer as een paragraaf aaneen te droom.

Terwyl jy in jou mou lag vir die outjies met hulle tweeman-gedoentetjies, is die kampkoorsvirus besig om vir jou te lag 'n entjie onder jou mou, iewers tussen jou pankreas en jou galblaas (volgens die jongste navorsing). Want sien, deesdae is die kamp-opslanery eintlik meer van 'n laertrekkery. Al wat kort is 'n skofrooster vir wagstaan.

Hier volg 'n paar kenmerke van eerstegraadse kampkoors:

  • Jy't minstens twee grondseile. Mínstens. Jy weet glad nie hoe mense regkom sonder dié goed nie.

  • Jy't twee gassilinders, want dis net bietjie makliker as om heeltyd al die gadgets om te ruil (die virus tas jou geheue ook aan en laat jou gerieflik vergeet dat jy 'n sleepwa aangeskaf het omdat die tweede gasbottel nie in jou kattebak gepas het nie).

  • Jou tent het sy eie tent.

  • Jou tent het kaste.

  • Jy't genoeg tafeltjies om 'n straatkafee te begin.

  • Jy't meer braaigereedskap as die Spur.

  • As jy klaar kamp gemaak het is jou kattebak so vol leë seilsakke dat dit lyk of jy nog niks afgepak het nie.

  • Jy moet twee ekstra dae verlof insit om tyd te maak vir die op- en afslanery-

  • Sondagmiddae ry mense stadig verby jou kamp soos mens doen as jy lus is vir huiskoop.

  • Jy't genoeg ligte aan jou tent om insekte uit die hiernamaals te lok. In fact: kindertjies aan die ander kant van die karavaanpark dink daar's 'n sirkus aan hierdie kant en mammas moet hulle in die dag kom wys dis net ander mense se tent.

Maar man, jy kamp lekker. Elke minuut word benut om die Fort Tent te verskans. Moontlike aanslae van die natuur het elkeen 'n antwoord in die vorm van iets slims wat jy gekoop het. Jy's mooi ingerig ja. Boonop ruik jy nie meer soos 'n skool-chemie-eksperiment nie, want jy't 'n wasige wit muskietnet waaronder jy en Mama kan opkrul op julle "Kingsize! Dubbeldikte! New! Improved!" opblaasmatras (met Handige, Raserige Elektriese Pompie Wat altyd Wegraak).

Maar die natuur het tog soveel veranderlikes ... soos 'n paar perdebye wat dalk in die middag iewers in jou tent ingekom het, sê nou maar. Dalkies het hulle by die muskietnet ook ingekom omdat (pas hier enige sarkastiese stemtoon toe) "party mense te veel beplan vir storms en vloede en te min seker maak die tent is mooi toe as ons gaan rondry ..."

En so kan mens in die middel van die nag wakker word van 'n taamlik karaktervreemde kragwoord van Mama se kant af. Die perdebye is wakker. En dan begin dit: die donker stilte van die kamp word geklief deur skril, histeries krete van die vrou in jou sorg. Dan wiks een jou ook. Jou eie histeriese kreet weergalm, gevolg deur 'n wilde swetsery.

Mama spring op, stuur verbouereerd op die tent se deur af en begin jou en jou voorgeslagte kleurvol verwyt omdat sy nie die blerrie tentflap kan oopkry nie. As hy oop is, blits sy die nag in, gillend en swetsend, met weinig aan in terme van skaflikheid, getooi in 'n wit bol muskietnet wat sy in die hardloop uit die tent geskeur het. Natuurlik is jou laer mooi afgerond met 'n nuwe windseilheining reg rondom, en mens kan dit nie altyd so mooi raaksien in die donker nie ...

Jy hol agter Mamabeer die nag in met humeurige perdebye wat jou rapsend aanjaag. Nes jy haar inhaal, foeter eers sy, dan jy bo-oor jou "heining", gesig eerste in die grond in.

Jy stort lank die volgende oggend, want geselskap is skaars in jou kampie vanmôre. So onder die stort, bysteekplekke wat brand, luister jy maar na die oggendgesprekke tussen pa's en seuns in die badkamers: "Nee Willie, daar's nie spoke hier nie my seun, party mense is maar net nie van ons kerk nie."

En dan is daar die een man wat sy vriend in 'n stil stem vertel dat mishandeling klaar erg genoeg is sonder dat 'n ou sy vrou tackle as sy probeer weghardloop ...




LitNet: 20 Desember 2005

Stuur alle bydraes aan reisnet@litnet.co.za en kommentaar na webvoet@litnet.co.za om 'n gesprek op SêNet, ons meningsblad, te begin.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.