Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vreemde woorde

Penguin / LitNet-kompetisie

Ons het julle gevra om vir ons julle vreemdste Afrikaanse woorde te stuur. Dis hoe die lys tot dusver lyk:

Welma den Haan:
Biodata = CV
Kalumni = Laster

Mias Strauss:
Die paar woorde wat ek hieronder weergee kom vanuit my grootword jare in die Kakamas omgewing. Die mense van dié streek het ‘n besonderse manier om dinge te sê wat uiteraard alles saamvat wat andersins in ‘n paar sinne gesê sou moes word, terwyl dit die konteks ook weergee:

  • As jy vroeg in die dag (so tot en met 9 uur die oggend) op ‘n plaas aankom, sal die tannie van die plaas waarskynlik aan jou vra: Neef het jy al geaguur?
    Bedoellende : Het jy al ontbyt gehad? Of in konteks geplaas, het jy al ontbyt gehad wat gewoonlik op die plaas (nadat jy 5 uur opgestaan het en met jou dagtake begin het), om agt uur die oggend plaasvind.
  • As jy in die droë lope op die plaas loop en jy word dors, is die kanse op seker plekke goed om water te vind as jy ‘n gorratjie grawe.
    Dit is ‘n gat wat in die sanderige grond gegrawe word (nie te diep nie) waar water uitsyfer. Die water word dan ‘n tydjie laat staan om aft e sak en dank an die suiwer water bo af gesuigslurp word.
  • Wanner jy ‘n jakkals probeer vang siende dat hy jou skape opvreet, en jy vang perongeluk ‘n Djyp, wat weens die aard van die vangslag nie vrygelaat kan word nie, en vankant gemaak moet word kan jy altyd sy nek bak soos wat jy ‘n skaapnek sou bak. Dis van die lekkerste vleis nog! (Djyp is amper iets soos ‘n strandwolf, maar vreet slegs goggatjies ens.)

    Mike Olivier:
    Smoelneuker = Plaashek wat onverwags toeswaai en jou op die mond klap.
    Gatplaas = My oorlede ouma-hulle (van Calitzdorp) se woord vir Gamkaskloof in die Swartberg (Die Hel).
    Japsnoet = PW Botha het dit amptelik in 'n toespraak aan die pers gebruik om te verwys na "na-ywerige" jong opkomende "politici" in sy party wat hom nie opgehemel het nie.
    Roude = my woord vir 'n middeljarige man se agterstewe wat so plat is dat jy nie weet waar die rug eindig en die boude begin nie.

    Christine van Vuuren:
    Poespas = deurmekaarspul spul (uit "Die Koning van Kantoring")
    Katel = kooi, bed, gebruik kom van die koperkatel af
    Karfoefel = "foreplay"
    Lavatory = buitetoilet

    Anitha Queck:
    Bekaaik = wanhopig

    Heidi Zeelie:
    Knormoer
    Horries
    Karfoefel
    Apatie
    Uwe (die uwe)

    Danene:
    bokstert

    Zooi:
    lepaai = sagte winterlaken

    Arnold Vermaak:
    bibliokubikularis = Iemand wat in die bed lees

    Gert Jooste:
    fnuik = (Volgens die HAT) kortwiek, strem, verhinder. Dit in die openbare oog, as 't ware.
    Maar die woord het 'n sterk ondergrondse werking. Jy kan iemand onderlangs so deeglik uitoorlê dat hy dit nie eers weet nie. Dan kry die gewone fnuik 'n assosiasie van permanent bedonder sonder dat die stomme donder dit weet.

    Lourens:
    brilskei of brilsky = 'n brilhouer (Dit was wat ons gesin 'n brilhouer noem.)

    Ansi:
    kwartelpan = vir suutjies seks
    Takkieloe = ook suutjies seks
    Bruwelsh = tru-rat
    Sy longe hang in die k*k = slegte asem

    Hans Meintjes:
    Wat me nu opviel is dat sommige van de woorden die in het Afrikaans kennelijk heel vreemd zijn, in het Nederlands heel gebuikelijk zijn zoals:
    poeselig, bij ons poezelig
    kittelorig
    welluidend
    maandstonde
    kattebelletje
    stoethaspel
    korpulensie, bij ons korpulentie (deftig woord voor vet)
    muggesiftery, by ons muggezifterij.

    Sue:
    Sluip-Slapers

    W Miles:
    sjablone

    Ella Kotze:
    agtertangse van helsdingen = okay, dis 'n frase
    gomverdorie
    oemfiekatrol = manlike geslagsdele
    kwasjiorkor
    retoesjeerder (ek weet nie lekker wat dit beteken nie ...)
    Jacques Mostert het laat weet dat om te retosjeer beteken om 'n swart-en-wit foto in te kleur soos wat dit in kleur sou gelyk het. Dis 'n kuns om dit te doen. Dus die persoon wat dit doen staan bekend as 'n retoesjeerdeer. maaifoedie

    Ninette Boshoff :
    naniena = Om rond te swerf van plek na plek.. 0f....om lekker te vroetel

    Bruno Andries:
    fokswans = handsaag

    JH Pistor:
    bekakkenswaardig

    Heidi van Wyk:
    Gintoes = `n drankie van Gin en juice
    Moeranties = twee mense wat dolverlief is op mekaar en nie bang is om dit te wys nie. (Is hulle nie moeranties nie?)
    Twee-wiel-aangedrewe-voertuig = `n fiets (nie `n motorfiets nie)
    Olifantasties = wonderlik
    Smaak = ek like jou, bv "Ek smaak jou stukkend"
    Aweh = hoe gaan dit

    Aré van Schalkwyk:
    Gogga = insek

    Jo Jordaan:
    Fokuseer = Iemand wat blykbaar meer op iets moet fokus, dan fokuseer jy. (By 'n lesing gehoor tydens 'n opleiding sessie)

    Chantal:
    Verrinnewoes = Dink aan 'n jong Labrador in 'n tuin, en die betekenis is vanselfsprekend!

    Angi Stuart:
    My gunsteling sinsgreep; om uit te jil as die Evasgeslag om my die dae bleek tegemoet gaan in die greep van PMS:
    “koekmakranka, jy is al weer katatonies beswaard …”
    Koekmakranka …” – die woordjie rol so lekker rond in die mond!
    Ook:
    Frummelfroepie = die sagte velletjie van die elmboog
    Defenestreer = die aksie om iemand of iets by die venster uit te gooi
    Goegies = klein onbenullige stoffies wat in verf voorkom en die tekstuur daarvan belemmer

    Riëtha Zondagh:
    Akerkis = iemand wat nie kerk toe gaan nie, maar nie noodwendig ongelowig is nie
    Akerkisme = 'n neiging om nie kerk toe te gaan nie, nie noodwendig ongelowig nie
    Akerkisties = beskrywend van iemand wat nie kerk toe gaan nie.

    Selwyn Milborrow:
    (Ge) konfokuleer = Wanneer jy iemand confuse en befok

    Coenie Kukkuk:
    lunsriem = (ook een van die mooistes!!) My definisie is: 'n vuilerige ou, 'n skorriemorrie

    M Engelbrecht:
    Poeselig = wat blykbaar beteken "mollig en sag"

    Elmie Steenkamp
    Kittelorig

    Sunita Keyser:
    Sletsappies = die 5% heerlike alkohol drankies wat in die handel beskikbaar is
    Klitsklats = die versapte drankie wat 'n Smoothy genoem word

    Sue:
    Welluidend is die woordkuns om woordspeling te wysgeer om wulpse denke te laat woed. Bloot dit, is welbehaaglik.

    Catri van der Merwe:
    Spookhare = die "fluff" wat onder beddens versamel [ek het dit as kind in die ou Suidwes-Transvaal gereeld gehoor]

    Wynand:
    Muf = slaap
    Hifa = dood

    Louise Viljoen:
    Kameeldraf = om 'n restaurant te verlaat sonder om te betaal [baie bekend gedurende my studentedae]

    Tiekie:
    Tureluurs = uitbundig/jolig/dol

    Juran:
    Babbeljoentjie

    Albert:
    Maandstonde … (maklik die lelikste woord in Afrikaans)

    Eune:
    Poeselig

    Jeanne le Roux:
    Katoeter = Afrikaans vir "Gadget"

    Renate van Vuuren:
    kattebelletjie

    Remelda de Jager:
    Defnislis = om definitief en beslis as een woord te beklemtoon - miskien nie korrekte Afrikaans nie, maar word baie dikwels gebruik om ferm te wees en sekerheid uit te druk

    Retha Inghels:
    labberlottig
    stoethaspel

    Ronel Rossouw:
    Befok! Ek het so pas gehoor ek kry 'n merietebonus en al wat ek kan sê is - dis BEFOK!!!

    Renate van Vuuren:
    Poelpetaat

    André Britz:
    Ampersand = Die &-teken

    Janneke van Rooyen:
    Sommerkommerismes = stres

    Thys de Beer:
    Poeselig
    Teerputs
    Lunsriem

    Anon:
    Donkienai = as jy een sigaret met 'n ander ene aansteek (miskien is dit 'n te "lelike" woord, maar dis oorspronklik!)

    Koos Lamont:
    Gottabeentjie = beteken elmboogbeentjie
    Vonkpos = E-pos
    Inkulpasie = aanklag
    Korpulensie = swaarlywigheid

    Conni:
    Katools (my ma het altyd gesê "jy's skoon katools" - wat ek as jong kind gedink het beteken "jy is mal" ... totdat iemand my eendag gekorrigeer het en ek my HAT begin lees het!)

    Magda du Preez:
    Muggiesiftery

    Chantel Jooste:
    Klossen = toilet (ou mense se woord jare terug)

    Alta Engelbrecht:
    Gorrel, soos in "Hoor hoe gorrel daai onvoorbereide student al weer ..."

    Bonnie:
    Koeala Lampoer, soos gesien op SABC 2 se nuusuitsending. Korrekte woord is natuurlik Koeala Loempoer (Kuala Lampur in Engels)!

    Erla Rabie:
    norring

    Linda Neethling:
    poespas

    Adriaan Janse van Rensburg:
    Knormoer

    Louis Wessels het 'n heel klomp ingestuur!
    Boosdoos = Die Engelse noem dit die dogbox
    Melkweg = Dit is as 'n vrou 'n "Cleavage" het
    Intelligensiemengsel = Dubbel Rum en Coke
    VINGERGEAKTIVEERDEGASAANGEDREWETABAKROLLETJIEVERLIGTINGSTOESTELLETJIE = 'n lighter
    Rimpelkring = As iemand regtig 'n @sshole is kan jy hulle 'n rimpelkring noem
    Knaterflater = Soos die Engelse sal sê is dit 'n balls-up
    Bekotsenswaardig = As iets regtig sleg is
    Wolfdrol = 'n Lekker woord vir 'n patat
    Melk-en-koekie-doekie = 'n Bikini
    Kombikraal = 'n Ander woord vir 'n taxirank
    Hoerboer = 'n Hoerboer is 'n pimp
    Flaterwater = 'n Mooi Afrikaanse woorde vir Tip-ex
    Plooipleister = 'n Minder mooi woord vir "makeup"
    Gemoedsbekakking = Dit is as jy depressief is
    Kuberknippie = Dit is darem nou 'n lekker woord vir cybersex
    Hoerberoerte = Dit kry 'n mens as jy verby jou skarnier kwaad is
    Bergieparfuum = Brandewyn
    Koerhoere = Back-up sangers
    Ponkerlong = 'n Ander woord vir liefdemaak
    Doefpoef = 'n Plaas toilet of longdrop
    Troosdoos ='n Blow up doll
    Trilskil = Kondoom

    J H Pistor:
    Kolporteur = 'n Kolporteur is iemand wat geestelike boeke van deur-tot-deur verkoop
    Vloermoer = dit is seker iets wat jy in 'n Fokofpolisiekar sal aantref?!!

    Annari:
    beeldtelegram = ander woord vir 'n faks
    paddakombers = water

    Erla Rabe:
    kuberknikkie = cybersex

    Marthie M de Wet:
    Uitwaans = over the top

    Wynand:
    Porselein scooter = toilet
    Braak = sproei, soos wanneer jy te veel gesuip het sal jy sproei...
    Sponsbeentjie = G-kol
    Krummelhase = oudstes

    Monica Berner:
    kontaksokbusdoos = die regte Afrikaanse woord vir 'n muurprop (kragpunt)

    Loammi:
    woordmaaier = Dis vreemd en bietjie onvasbaar, terselfdertyd tweeduidig. Dis tweeduidig in die sin dat dit sowel woorde afmaai soos 'n grassnyer, maar ook letterlik woorde opvreet soos 'n maaier (maggot). Die woord soen die dood wat dit in homself berg - verbale deskontruksie puur.

    M Engelbrecht:
    Koeloes = onder arm holte


    Neem ook deel!

    Stuur vir ons jou vreemde woorde en wen 'n boek vol vreemde woorde: The Meaning of Tingo: And Other Extraordinary Words from Around the World! Stuur jou woord aan sharon@litnet.co.za.

  • Lees ons onderhoud met die skrywer van hierdie interessante boek: Adam Jacot de Boinod
  • boontoe / to the top   terug / back


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.