PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Van toe af altyd

(by die geboorte van Albert,
        10 November 2004)

Jac Wilsenach

Dae lank het elke dag donkerder
gekwyn tot net ‘n flou sonnetjie
korter en gryser nog as
‘n uitgebrande sigaartjie.
Dae lank het jy toe deur
soutwaternewels nader gewurm tot hierdie wese
swaarder en nuwer as elke voorganger.
En ons het jou swemgang met ‘n mengsel
van vreugde maar vrees gevolg.
Terwyl die foto’s van vermiste somers
nog soos geel sakdoeke aan bome
bly kleef het, het woonstelbewoners
buite onder paraplus gaan wegkruip.
Uitgelate honde het in parke kom speel
asof hulle vir ewig sou lewe.

En toe het jy.
Toe het jy eindelik dagbreek toe
gebeur en die sinkplate een vir een
van ons geroeste hemel kom lostrek.
‘n Oomblik lank het jy tussen dakbalke
deur na ons afgeloer en

langs ‘n reënboog geabseil
om ons bakkrans van hoop en liefde
met onseker eggo’s binne te skree.
So het jy ons pampoenoë kom afskil
sodat ons die vuur wat jy aansteek,
steeds soos kinders kan sien,

want van toe af
is jy nog
van altyd af hier.



LitNet: 14 Maart 2006

Het jy hierdie gedig geniet? Lewer kommentaar aan webvoet@litnet.co.za, of stuur jou eie gedigte aan Danie Marais. Klik hier vir PoësieNet-riglyne.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.