PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Waargeneem in die Boland

Francois Weideman

1.
Kop dra vrugte en
      Lyfblom
was haar naam.
Dit was ’n ou tjello
geskaaf en soet.

Graswortels van die seisoen
se poging
na die center
en opskiet staan mooi
in die tyd.

Kom nader en kyk:
die berge lê witkop in September.
(Kyk ek staan al semi-regop
en waag dit meestal direk in oë.)

soos ’n inkrivier
vloeibaar as tyd
want die son is kroonprins

nou.

2.
Die dag breek nie
      — bars —
soos ’n glas gegooi
want die berg is innie anner tyd.

’n Nat portret
gesig na onder omgeval
en opgetel.

My tong klop reeds vroeg
teen my kiestande vas
om die gedig te spreek
soos ’n vis in ’n mandjie
(dankie Patat vir die mooi woorde en dade).
Soos ’n tong in ’n mond
en ’n lied in die hart,

is dit mooi nou
sonder jou.

3.
Soos gesê,
is die berg van vanoggend
in die ander tyd,
met geswolle maag
lê en snork hy so:
sy mond oop vir jare se asem

haal

die kru van dagbars uit.

Hierdie berg en dorp
is hoermoeder van my,
met al die happy thoughts
en dikslik-memories
soos dit is om langs ’n stasie te woon
en te ontsnap
dan terug te keer
(peaceful sit hy die pen neer en haal ’n slag diep asem)
die vryheid te vier.

Die eenoog-berg sien niks meer nie.
Die seerrug-berg wil nog bietjie lê
onder die snooze button se snoesige afwagting
en is onbewus dat ’n voyeur sy oog op hom het
en sê:

       slaap sag daddy

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.