PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Orang-oetang

Piet van Rooyen

(nav ’n gedig van Nikolai Gumilyov)

jy lyk vanaand so mistroostig en bleek
jou oë is hartseer en jou mondhoeke hang
luister: diep in die bosse van Borneo bly
die ysliks-eienaardige dier: die orang-oetang

met ’n harige kop en ’n verskriklike groot pens
swaai hy met spinnekopdun arms van tak na tak
hy’t ’n plat paar pote soos ’n regte mens
verdwaasde bakkies en komieklike rooi smoel
verrimpeld en verrinneweerd nes ’n ou man s'n

daar is vleislustige plante wat muise en vlieë vang
en allerhande ander wonderbaarlike dinge daar
grotte waaruit vlermuise in hul honderdduisende dwarrel
slange met visnette vir velle om die son in op te hang
en ’n miniatuur soort luiperd: skadukat genoem
grys ou olifante wat tjoepstil deur lig en donkerte dwaal

soms kom daar snags vanaf die Javaanse kus
gevaarlike kannibale in houtkano’s geroei
vaar stilletjies op in die kronkelende riviere
betrap die vreedsame inheemse Dajakke
terwyl hulle niksvermoedend in hul rietkaias rus
en voer hulle vrouens en dogters weg soos diere

ek ken baie verhale van mense en plekke soos dié
maar jy wou nog altyd net “huis toe” gaan
hoor jy as ek jou iets van al hierdie dinge vertel
kan jy dit jou voorstel - so ’n wilde-woeste bestaan?
wat is dit dan nou: het ek jou net nog erger onstel?

hoekom skiet jou oë vol trane en hoekom is jy bang?
onthou: in die blaarryke bosse van Borneo
bly die ysliks-eienaardige vreemde dierasie
die wyse ou man van die woud: die orang-oetang

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.