PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



nag op marico

Tessa Louw

die blink gesig van die maan is soek
en in ’n donker tweespoorpad,
al langs die waterkeel van die marico af,
daar lê die melkweg — ’n ry fakkels
in bruinpapiersakke toegevou —
’n kosmiese sleutel wat die nag
vir ’n flonk van ’n sekonde oopsluit
sodat die wat dit wil waag,
kan kyk. stywe pap en wors
en sheba met ’n byt word opgedis
om honger mae op te vul. verwags,
die glimstert-vuurvlieë wat neonbane
tussen bome vleg; onverwags,
hierdie konsert — makaber en mooi
in marico se sterlose amfiteater. ’n gesiglose
padda, een wat nie brul nie, huil
in die veiligheid van die pers riete; die lenige
lyfwagte van die eb en vloei; stokstyf
teen die oewer ingemurg. trom, kitaar,
digeridoo en saksofoon fabriseer ’n klankbaan
wat poco à poco teen die onopsigtelike
swart kranse vasslaan, terugslaan
en sonder skroom die golf van die eggo ry
(eggo ry) tot in die geroesemoes
van ’n naburige plaaskombuis waar,
vreesloos, klein psychedelic
groen paddatjies op die novilon vloer
tussen tafel- en stoelpote en mensbene
op jag is na muskiet, mot en mier. vreesloser
is dié wat snuif aan die netjiese wit lyne
mitoties in dubbeldruk vasgevang
op ’n silwer bord. vreesaanjaend
is die waansinnige lag wat periodiek opklink
en diep kepe in rillende ruggrate kerf. agter
toe vensters reën die marico
se hart. die kersvlam in die tent
voor die agterdeur langs die donkie word,
na nog ’n sporadiese lagsarsie,
verskrik uitgeblaas. ’n troebadoer sing sag
en verleë aan abba se fernando; hou maat
op ’n tabla wat in die wieg van sy skoot lê.
can you hear the drums fernando, I remember
long ago another starry night like this
.
“hy voer die demone,” troebadeer hy
oor die een met die amadeus-lag.
“moenie worrie nie, genuine, hy sal nie O D nie.”
if I had to do the same again,
I would my friend Fernando
.
die digter met die rembrandt-oë
en die bloeiende woordwonde
steek nog ’n joint op en lis na kaal vroue
in swart laarse. die uitgehongerde
wintermuskiet met die groot
colgate tande suig die semen van nog ’n man
uit sy liggaam uit. die donker skrywer
slaan ’n laaste dubbel weg en trek laer
onder ’n slinkse jakkals se doringboom.
die troebadoer met die beautiful woorde
haal joan baez se motto, off the cuff,
voor in haar outobiografie aan. die vir altyd
verlore een met die duiwelblou albasters
wat so netjies in sy verkalkte fopkop pas,
gil en lag en vertel vir homself
’n mooie sprokie. “vanaand is daar ’n lyk
op marico,” gril die een wat hou van kyk.
die dapper troebadoer sê hy skrik nie
vir drug-induced demone nie. “laat hom begaan,
hy weet wat hy doen,” sê die digter digterlik
vir die tight ass met die hare wat vlamvat
onder die flou plaaslig. teen die nag in
reën die marico steeds sag
en dringend. hy wat sy demone
deur die strooi van ’n opgerolde
honderdrandnoot laat aanteel,
giggel inkennig vir die wending in sy sprokie
en gryp na die towerballetjies
in ’n digverseëlde tupperware-bak
wat in die yskas is vir veilige bewaring;
kou gulsig en wurg sy histerie tydelik
saam met die abrakadabra-koekie af.
die kombuis sluk swaar aan die stilte
wat op sy krop kom lê. ook op die bodem
van die plastiekvloer versteen
die amfibiese jagters in hulle gewebte spore
as die leegte hulle mater, die een
wat nie brul nie, se ver-af huil na hulle toe bring.
dis ’n nag van witlyne en sad klanke
uit die hol keel van ’n saksefoon;
dis ’n nag van fantasies en sagte woorde
uit die warm keel van ’n troebadoer;
dis ’n lang nag wat saam met marico se stortvloed
in die grond insypel en rooi flodder maak
waarin almal vroegdag vasval.
yes, if I had to do the same again,
I would my friend Fernando
.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.